Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Pschent

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
S5
 
S6
Pschent
inhiërogliewe
’nFarao met ’n Pschent.

DiePschent (Antieke Grieks: ψχεντ) was die naam van die dubbele kroon vanAntieke Egipte. Die Egiptenare het dit gewoonlik diesechemti(sḫm.tỉ), die "Twee Magtiges", genoem.[1] Dit was ’n kombinasie van die rooi Desjret-kroon van Benede-Egipte en die wit Hedjet-kroon van Bo-Egipte.

Die Pschent was verteenwoordigend van diefarao se mag oor die hele verenigde Egipte.[2] Dit het twee dieresimbole bevat: die kobra, bekend as dieoeraeoes, wat die Benede-Egiptiese godinWadjet verteenwoordig het, en ’n aasvoël as verteenwoordiger van die Bo-Egiptiese godinNechbet. Hulle is aan die voorkant van die Pschent vasgemaak en is die "Twee Dames" genoem.

Argeologie en mitologie

[wysig |wysig bron]

Nes die Desjret- en die Hedjet-kroon, het geen Pschent bewaar gebly nie. Dit is net bekend uit afbeeldings, inskripsies en antieke verhale.

Van die gode wat soms met die dubbele kroon uitgebeeld word, isHorus[3] enAtoem, wat albei die farao verteenwoordig het of ’n spesiale verhouding met hom gehad het.[4]

  • Die Pschent.
    Die Pschent.
  • ’n Beeld van Amenhotep III met die kroon.
    ’n Beeld vanAmenhotep III met die kroon.
  • Die valkgod Horus met die dubbele kroon.
    Die valkgod Horus met die dubbele kroon.
  • ’n Ring van Ptolemaeus VI met die Pschent.
    ’n Ring vanPtolemaeus VI met die Pschent.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Griffith, Francis Llewellyn,A Collection of Hieroglyphs: A Contribution to the History of Egyptian Writing, the Egypt Exploration Fund 1898, p.56
  2. Dunand, Françoise; Christiane Zivie-Coche,Gods and Men in Egypt: 3000 BCE to 395 CE, Cornell University Press 2004, pp.32f.
  3. Zandee, Jan,Studies in Egyptian Religion: Dedicated to Professor Jan Zandee, Brill 1982, p.74
  4. The New Encyclopaedia Britannica, Encyclopaedia Britannica, Inc. 2005, p. 689

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Pschent&oldid=2015198"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp