Protoceratops | |
---|---|
![]() | |
’nP. andrewsi-skelet (Carnegie-museum van Natuurgeskiedenis. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | †Protoceratops (Granger & Gregory, 1923) |
Tipespesie | |
†Protoceratops andrewsi (Granger & Gregory, 1923) | |
Spesies | |
|
Protoceratops | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kladistiese klassifikasie | ||||||||||||
|
Protoceratops (van dieGrieks vir "eerste horinggesig")[1] was ’ngenus vanplantvretendedinosourusse, omtrent so groot soosskape (1,5 tot 2 m lank), uit dieCampanium-tydsnede van dieKryt-periode. Dit het inMongolië voorgekom en was lid van dieProtoceratopsidae, ’n groep vroeë dinosourusse met horings. Anders as latereseratopsiërs was hulle klein en hul horings onderontwikkel. Hulle het sekere primitiewe eienskappe gehad wat nie in latere genera voorgekom het nie.
Protoceratops het ’n groot kraag om die nek gehad wat moontlik gebruik is om lede van die teenoorgestelde geslag te beïndruk. Dit kon ook gebruik gewees het vir verdediging of om die kakebeenspiere te anker. Die paleontoloë Walter W. Granger en W.K. Gregory, wat die genus in 1923 beskryf het, het aanvanklik gegloProtoceratops was die voorouer van dieNoord-Amerikaanse seratopsiërs. Navorsers onderskei tans twee spesies,P. andrewsi enP. hellenikorhinus, na gelang van hul onderskeie groottes.
Protoceratops was die eerste protoseratopsiër wat ’n naam gekry het en het dus sy naam verleen aan diefamilieProtoceratopsidae, ’n groepplantvreters wat baie soortgelyke eienskappe gehad het as dieCeratopsidae.
Coronosauria |
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Die kenner van folklore en antieke geskiedenis Adrienne Mayor van die Stanford-universiteit het voorgestel dat die uitstekend bewaardefossiele skelette vanProtoceratops en ander dinosourusse met haakneuse wat deur antieke nomadieseSkitiërs gevind is terwyl hullegoud in dieAltaiberge vanSentraal-Asië gemyn het, kon aanleiding gegee het tot diemitiese kreatuur bekend as diegriffioen. Griffioene word beskryf as vierpotige diere so groot soosleeus met groot kloue en snawelagtige neuse; hulle het hul eiers in neste op die grond gelê.[2]
Griekse skrywers het die griffioen omstreeks 675 v.C. begin beskryf – in die tyd toe die Grieke die eerste keer kontak gemaak het met nomadiese Skitiërs. Griffioene het volgens diemitologie die goudneerslae in die wildernis opgepas. Die streek in Mongolië enChina waar baieProtoceratops-fossiele gevind is, is ryk aan goud en dit verleen aansienlike geloofwaardigheid aan Mayor se teorie.[3]