Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Prosa

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Letterkunde
Vernaamste vorms

Roman ·Gedig ·Drama

Kortverhaal ·Novelle
Genres

Drama ·Epiek ·Hygliteratuur

Komedie ·Liriek ·Mito-poësis

Nonsens ·Ridderroman ·Satire

Tragedie ·Tragikomedie
Media

Opvoering (toneelstuk)

Boek
Tegnieke
Prosa ·Poësie
Geskiedenis en Lyste

Hooftrekke van letterkunde

Woordelys van terme

Geskiedenis (hedendaags)

Boeke ·Skrywers

Letterkunde / Poësie toekennings
Bespreking

Kritiek ·Teorie

Sosiologie ·Tydskrifte
s  b  w

Prosa is 'n vorm vantaal wat gebruik maak van gewonesinsbou ennatuurlike vloei van spraak eerder as ritmiese strukture (soos tradisionelepoësie). Hoewel daarkritieke debatte heers oor die samestelling van prosa, het sy los gedefinieerde struktuur en eenvoud gelei tot die aanneming daarvan deur die meeste gesproke tale, feitlike diskoers, asook aktuele en fiktiewe skryfwerk. Dit word byvoorbeeld algemeen gebruik inliteratuur,koerante,tydskrifte,ensiklopedieë, uitsendings,rolprente,geskiedenis,filosofie,regte en vele ander vorme vankommunikasie.

Struktuur

[wysig |wysig bron]

Prosa bevoordeel die meer informele metriese struktuur vanverse, wat omtrent altyd in tradisioneledigkuns gevind kan word. Gedigte bevat normaalweg 'n metrum- en/ofrymskema. Prosa, daarteenoor, bestaan uit volledige grammatikale sintaksis, wat paragrawe tot gevolg het en estetiese aantreklikheid laat vaar. Sommige prosawerke bevat tekens van metriese struktuur of versbou en 'n doelbewuste vermenging van die twee vorme staan bekend as prosagedig. Net so staan enige verswerk met minder reëls en beperkings bekend as vrye vers. Die siening heers dat vers meer sistematies of formulegebonde is, terwyl prosa meer verteenwoordigend is van gewone (dikwels gesellige) spraak.Samuel Taylor Coleridge het spottenderwys om hierdie punt versoek dat nuwelingdigters die definisies van prosa en digkuns moet verstaan: "definitions of prose and poetry; that is, prose,—words in their best order; poetry,—the best words in their best order."[1] InMolière se opvoeringLe Bourgeois gentilhomme, vra Monsieur Jourdain dat iets geskryf moet word maar nie in vers of in prosa nie. 'n Filosofiemeester antwoord dat "daar geen ander manier is om jouself uit te druk as met prosa en vers nie," vir die eenvoudige rede dat "alles wat nie prosa is nie vers is, en alles wat nie vers is nie prosa is."[2]

Soorte

[wysig |wysig bron]

Daar is heelwat soorte prosa, insluitendniefiksie prosa,epiese prosa,prosadig,polifoniese prosa,allitererende prosa,prosafiksie endorpsprosa volgensRussiese letterkunde.[3] 'n Prosagedig is 'n prosakomposisie wat sekere eienskappe van 'n gedig het.[4]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Webster's Unabridged Dictionary (1913)".University of Chicago reconstruction. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 10 Julie 2012. Besoek op31 Januarie 2010.
  2. "Le Bourgeois Gentilhomme".English translation accessible via Project Gutenberg. Besoek op31 Januarie 2010.
  3. "Prose". Britannica.com. Besoek op27 Mei 2012.
  4. "Prose poem". Merriam-Webster. Besoek op27 Mei 2012.
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Prosa&oldid=2735947"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp