|
| Algemeen |
|---|
| Naam,simbool,getal | prometium, Pm, 61 |
| Chemiese reeks | lantaniede |
| Groep,periode,blok | 3,6,f |
| Atoommassa | 145[1] g/mol |
| Elektronkonfigurasie | [Xe] 4f56s2 |
| Elektrone perskil | 2, 8, 18, 23, 8, 2 |
| Fisiese eienskappe |
|---|
| Toestand | vastestof |
| Digtheid (nabyk.t.) | 7,26[2] g/cm³ |
| Smeltpunt | 1 315K (1042[2] °C) |
| Kookpunt | 3 273K (3 000[2] °C) |
Prometium (simbool: Pm) is 'n chemiese element wat tot dielantaniede behoort. Dit kom nie in natuurlike vorm op die aarde voor nie, omrede daar geen stabiele isotope bestaan nie. Dit word egter in die splytingsprodukte vanuraan aangetref.
Die Tsjegiese chemikus Bohuslav Brauner het in 1902 die bestaan van hierdie element voorspel, en verskeie groepe het later gemeld dat hulle dit gevind het. Dit het selfs die naam "Ilinium" (naIllinois) gekry, maar ander navorsers kon dit nie bevestig nie. Tydens dieManhattan-projek van dieTweede Wêreldoorlog het dit duidelik geword dat hierdie element lank reeds uitgestorwe is. Die stabielste isotoop145Pm het net 'nhalfleeftyd van 17,7 jaar. In 1944 het Marinsky, Glendenin en Coryell dit egter in splytingsprodukte in 'n atoomreaktor in Oak Ridge,Tennessee aangetref. Weens diedestydse Wêreldoorlog is die vonds eers in 1946 gepubliseer.[3] Hulle het die nuwe element na die godPrometheus genoem.
Die element kom veral as Pm(III) voor. Daar bestaan 'n onoplosbareligbruinhidroksiedPm(OH)3. Indien hierdie verhit word vorm dit die oksiedPm2O2. Dit vorm ook oplosbaresoute soosPmCl3 watgeel van kleur is enPm(NO3)3 watpienk is. Daar bestaan nogtans ook Pm(II)-verbindings, soosPmF2.[4]