Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Prometeus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Prometeus se lewer word deur ’n arend geëet, Jacob Jordaens (omstreeks 1640), Wallraf-Richartz-museum inKeulen,Duitsland.
Prometeus met die arend Ethon enAtlas (Lakoniese bak, ong. 530 v.C.).

Prometeus ofPrometheus (Grieks: Προμηθεύς; "voor" + "gedagte", dus "voorsorg", "voorbedagtheid") was in dieGriekse mitologie uit die tweede geslagTitane. Sy tweelingbroer het die kontrasterende naamEpimeteus ("nagedagte"; "nakennis") gehad. Die twee was "verteenwoordigers van die mensdom".[1]

Die mite

[wysig |wysig bron]

Prometeus was die seun van die TitaneIapetos enTemis. Sy ander broers wasAtlas enMenoitios. Hy was bekend vir sy intelligensie en daarvoor dat hy vuur vanZeus gesteel en vir die mens, met wie hy bevriend was, gegee het. Zeus het hom toe gestraf deur hom aan ’n rots in dieKaukasus[2] vas te bind en ’n arend sy lewer te laat uiteet. Elke dag het die lewer vanweë sy onsterflikheid teruggegroei en die volgende dag het die arend dit weer geëet.

Herakles bevry Prometeus en versoen hom met Zeus, wat toe besluit om die mensdom te straf. Hy gee die kunstigeHefaistos opdrag om 'n mooi vrou te skep: haar naam wasPandora. Al die gode het gehelp om haar met gawes van die liggaam en siel uit te rus.[2] Zeus gee haar toe 'n geslote kissie, wat alle boosheid en lyding bevat, en stuur haar na die mense.

Prometeus, die vooruitsienende, waarsku vergeefs sy broer Epimeteus, die nadenkende, daarteen om 'n geskenk van Zeus te aanvaar. Epimeteus raak verlief op Pandora se skoonheid, en neem haar as sy vrou. Pandora maak uitnuuskierigheid die kissie oop en alle pyn en lyding kom uit die kissie oor die mensdom. En so verval die mens steeds dieper in die sonde, totdat Zeus besluit om hulle deur 'n sondvloed te vernietig. Die vroom Deukalion, 'n seun van Prometeus, en sy vrou, Pirra, 'n dogter van Pandora, hoor daarvan en bou vir hulle 'nskip om die vloed vry te spring. Toe die water ná die negende dag weer daal en hulle teen die bergpiek van Parnass land, vra hulle Zeus vir nuwe mense. Hulle word die raad gegee om die bene van hul grootmoeder agter hulle te gooi. Prometeues verduidelik aan hulle die grootmoeder is die aarde en haar bene die klippe. Uit die klippe wat Deukalion agter hom gooi, kom mans, en uit die stene wat Pirra agter haar gooi, kom vroue te voorskyn. So ontstaan dan die nuwe mensegeslag.[2]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Kerenyi 1951, bl.207
  2. 2,02,12,2Eckhart Peterich, Pierre Grimal (1971)Götter und Helden. Die Mythologie der Griechen, Römer und Germanen, Walter Verlag.ISBN 978-3-538-07625-9
  • Kerenyi, Karl, 1951.The Gods of the Greeks.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Gode, helde en ander wesens in die Griekse mitologie
Oergode
Titane
Olimpiese gode
Ander gode
Halfgode
Ander wesens
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Prometeus&oldid=2601793"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp