Dievyf name van die farao's is ’n gebruik wat deur diekonings vanAntieke Egipte aangeneem is. Dit simboliseer wêreld- en heilige mag en dui ook op die sending van die betrokke farao (dit kon selfs tydens sy bewind verander). Die volle name is eers in dieMiddelryk in gebruik geneem en het geduur tot omtrent met die oorname deur dieRomeinse Ryk.
Die Horusnaam (hor) is die oudste naam. Dit het bestaan uit ’n afbeelding van ’n paleis (serech) met die valkgodHorus bo-op. Die naam van die farao het in die paleis gestaan. Horus beskerm hier die koning se naam. Die eerste farao's (van die Predinastiese Periode en die 1ste, 2de en 3de Dinastie) het dit al gebruik.
DieNebty (letterlik: twee dames) is ’n naam wat ingestel is nadat Bo- en Neder-Egipte verenig is en bestaan uit die twee godinne van Egipte wat die eenheid moes waarborg:
’n Pot met ’n inskripsie, waarskynlik Amenhotep III (lees: Maatkara Amenhotep-heka-oeaset).
Die naam van diegoue Horus bestaan uit ’nvalk (Horus) wat sit op die goudsimbool(neboe). Daaragter kom die naam van die farao. Dié naam is in gebruik geneem ná die vereniging toe daar ’n sterk invloed van Horus was. Die betekenis van dié naam is nie heeltemal seker nie, maar daar is twee teorieë:
’n Oorwinning deur Horus oor die god Seth. Die goud kan ’n simbool wees van die oorwinning.
Dit is die troonnaam wat die farao aangeneem het wanneer hy die troon bestyg het. Hy het dit saam met dienomen gebruik. Dit word voorafgegaan deur twee simbole: ’n riet (nesoet) en ’n by (bit) wat die twee lande simboliseer. Daarby staan die farao se naam in ’ncartouche. Die cartouche bestaan uit ’n tou wat om die naam gespan is. Later is twee aparte cartouches gebruik.
Dit is die naam wat die farao by geboorte gekry het, maar dit was gewoonlik die belangrikste naam, byvoorbeeld Ramses. Dit het bestaan uit ’n gans (sa, seun) en ’n son (ra, van die songod Ra) met die naam van die farao in ’n cartouche.
Elke naam het sy eie funksie gehad. Saam het hulle gedui op ’n soort politieke program. So hetMentoehotep II ("Mentoe is tevrede") homself ookS'ankh.ib.tawy genoem: "Hy wat weer lewe (ankh) in die hart (ib) van die Twee Lande (tawy) bring". Hy het probeer om die land weer te verenig en die sentrale gesag te herstel ná die verdeeldheid van dieEerste Tussenperiode. Hy het homself ookNeb.hetep.Re genoem ("Seun van Ra") asookNetjeri.hedjet (Goddelik is die Wit Kroon). Met die eerste naam eis hy erkenning van die noorde omdat Ra die god vanHeliopolis was, en met die laaste naam maak hy dit duidelik dat hy uit die suide kom en daar reeds die mag gehad het.