Vitalianus was die 76stepous van dieRooms-Katolieke Kerk.
Pous Vitalianus is gebore inSegni,Lazio, die seun van Anastasius. Op30 Julie657 volg hyPous Eugenius I op en regeer tot sy dood op27 Januarie672. Hy word opgevolg deurPous Adeodatus. Die naam ‘Vitalianus’ beteken 'lewenslustige' inLatyn.
Na die dood vanPous Eugenius I, op 2 of 3 Junie657, word Vitalianus gekies as sy opvolger en gekroon op30 Julie.[1]
Nes sy voorganger Eugenius, het Vitalianus probeer om betrekkinge metKonstantinopel te herstel deur toenadering te soek na dieBisantynse keiserConstans II (641–668) en voorbereidings te tref om die probleem van Monotelitisme te besleg. Hy stuur briewe oor sy verkiesing aan die keiser en die patriarg Petrus van Konstantinopel wat Monotelitisme gesteun het. Die keiser het die voorrang van die Kerk vanRome bevestig en 'nkodeks van die evangelies, ryklik versier met 'n goue omslag met edelstene, as 'n blyk van waardering na Rome gestuur.[1]
Patriarg Petrus het ook 'n antwoord gestuur, maar hy bly niksseggend oor Monotelitisme (wat hy gesteun het). In sy brief laat hy die indruk dat hy met die pous saamstem oor die ortodokse Katolieke geloof. Sodoende is betrekkinge tussen Rome en Konstantinopel herstel, maar onderlinge verskille oor Monotelitisme het bly betstaan. Vitalianus se naam is in die diptiek van die Bisantynse Kerk opgeneem; die enigste naam van 'n pous tussen die vanPous Honorius I en die sesde Ekumeniese konsilie (680–681).[2]
Die insluiting van Vitalianus se naam is deur sommiges gesien as tetegemoetkomend teenoor kettery.[3]
Vitalianus bewys gasvryheid teenoor Konstans, toe die keiser in633 na Rome kom, waar hy twaalf dae bly tydens sy opmars teen dieLombarde. Op5 Julie633 ontmoet die pous en die geestelikes die keiser by die sesde mylpaal en vergesel hom na die Sint Pieterskerk. Die keiser gee hulle geskenke. Die volgende dag het Constans II in vol ornaat na die Sint Peterskerk gegaan en 'n goue pallium geskenk. Hy woon ook die mis by wat deur die pous opgedra word. Die keiser het saam met die pous gaan eet op die volgende Saterdag en van die pous afskeid geneem na die mis op Sondag. Tydens sy vertrek uit Rome het Constans II 'n groot aantal brons kunswerke gesteel waaronder brons dakteëls van diePartenon wat in 'n Christelike kerk omskep was.[1]
Constans II het vervolgensSisilië aangeval, die bevolking verdruk en is deur 'n sluipmoordenaar om die lewe gebring inSirakuse in668. Vitalianus steun Constans II se seunKonstantyn IV teen 'n troonrower en help hom om gekroon te word. Omdat Konstantyn nie gewillig was om die Monotelitistiese dekreet van sy vader (die Typus) te steun nie, het Vitalianus probeer om Konstantyn oor te haal na die ortodokse siening. Dit het egter nie gewerk nie en die Monotelitistiese patriarg Theodorus het Vitalianus se naam van die diptiek laat verwyder. Eers met die sesde Ekumeniese konsilie toe Monotelitisme finaal onderdruk is, is Vitalianus se naam teruggeplaas in die diptiek van die Bisantynse Kerk.[1]
Pous Vitalianus het betrekkinge metEngeland suksesvol verbeter. Die adel en die geestelikheid was daar verdeel oor verskeie kerklike sake. Tydens die sinode van Streaneshalch, het koning King Oswy van Northumberland Rome se praktyke oor Paasfees en die vorm van die geestelikes se tonsuur aanvaar. Saam met koning Egbert van Kent, stuur hy die priester Wighard na Rome, om gewy te word na die dood van aartsbiskop Deusdedit van Kantelberg in664, maar Wighard stef in Rome aan die pes.[2]
Vitalianus skryf aan koning Oswy en beloof om so gou as moontlik 'n geskikte biskop na Engeland te stuur. Hadrianus, ab van 'n abdy in Napels, is gekies, maar hy vind homself onwaardig om biskop te word. Hy stel die hooggeleerde monnik Theodorus van Tarsus voor. Theodorus kon beideGrieks en Latyn verstaan en word asaartsbiskop van Kantelberg gewy op26 Maart668. Saam met ab Hadrianus het Theodorus na Engeland gegaan en is aanvaar as die hoof van die kerk in Engeland.[2]
Die aartsbisdom vanRavenna was ondergeskik aan die pous. Aartsbiskop Maurus van Ravenna (648–671) wou graag onafhanklik wees. Toe pous Vitalianus hom gevra het om sy teologie te verdedig, het hy geweier en sy onafhanklikheid verklaar. Die pous het homge-ekskommunikeer, maar Maurus het hom nie daaraan gesteur nie en het self die pous ge-ekskommunikeer.[1]
Keiser Constans II het die kant van die aartsbiskop gekies en 'n edik uitgevaardig waarin Ravenna uit die jurisdiksie van Rome gehaal is, en die aartsbiskop direk deur die keiser aangestel sou word. Maurus se opvolger, Reparatus, is op die manier aangestel. Die bedeling het gegeld tot die pontifikaat vanPous Leo II (682–683) toe keiser Konstantyn IV die edik herroep het en die bisdom van Ravenna weer ondergeskik aan die bisdom van Rome geword het.[1]
Vitalianus het sy outoriteit as die "pontifex maksimus" (hoofbiskop) oor dieOosters-Ortodokse Kerk afgedwing. Biskop Johannes van Lappa is afgesit deur 'n sinode onder die voorsitterskap van Metropoliet Paulus. Johannes het na die pous appelleer, maar word daardeur deur Paulus in die tronk gestop. Hy het egter ontsnap en na Rome gegaan. Pous Vitalianus het 'n sinode belê om die saak te ondersoek en hulle het Johannes onskuldig bevind. Pous Vitalianus het toe aan Paulus 'n brief geskrywe waarin hy aandring dat Johannes sy bisdom moet terugkry en ook diekloosters wat onwettig van hom afgeneem is. Te selfder tyd moet die Metropoliet ook twee diakens wat getrou het nadat hulle gewy is, afdank.[2]
Tradisioneel word geglo dat orrelmusiek tydens Vitalianus se pontifikaat ingevoer is.
Vitalianus word asheilige vereer in dieRooms-Katolieke Kerk en dieOosters-Ortodokse Kerk en sy feesdag is op27 Januarie.
- ↑1,01,11,21,31,41,5Catholic Encyclopedia
- ↑2,02,12,22,3Vitalian
- ↑"the Popes". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 13 Mei 2006. Besoek op9 Januarie 2008.
- Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press.ISBN 0-85323-545-7
- Duff, Eamon.Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. bl. 62–63.ISBN 0-300-09165-6
- Maxwell-Stuart, P. G.Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, bl. 47.ISBN 0-500-01798-0.
 | Wikimedia Commons bevat media in verband metVitalianus. |
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
Saamgestel en vertaal uit dieNederlandse,Engelse,Duitse enFranse wikipedia.
Hierdie artikel maak gebruik van feite en teks uit dieEncyclopædia Britannica van 1911. Die bron is in diepublieke domein.
|
---|
|
1ste–4de eeue | | |
---|
5de–8ste eeue | |
---|
9de–12de eeue | |
---|
13de–16de eeue | |
---|
17de–20ste eeue | |
---|
21ste eeu | |
---|
|