Pous Urbanus VII[1] is gebore asGiovanni Battista Castagna (sy naam word ook gespel as Giambattista) op4 Augustus1521 inRome,Italië. Hy was die seun van die Genuees Cosimo Castagna en sy Romeinse vrou Costanza Ricci Giacobazzi. Kardinaal Giacobazzi was sy oom aan moederskant. Op1 Maart1553 benoemPous Julius III hom tot aartsbiskop van Rossano voordat hy eers priester was. Hy word as priester gewy op30 Maart1553 en op4 April1553 as biskop gewy. Op14 Junie1555 benoem Pous Julius III hom tot goewerneur van Fano enPous Paulus IV maak hom op6 Maart1559 ook goewerneur van Perugia en Umbrië. In1565 word hy pouslike nuntius aan die hof van koningPhilip II van Spanje. In1573 keer hy na Rome terug, maar word dieselfde jaar op15 Junie1573 as nuntius na Venesië gestuur. In1578 stuurPous Gregorius XIII hom na Keulen. Op12 Desember1583 benoem Pos Gregorius XIII hom tot kardinaal. Op8 Oktober1584 word hy pouslike legaat na Bologna. Tydens die pontifikaat vanPous Sixtus V kry hy veel invloed en op19 November1586 word hy hoofinkwisiteur van die Heilige Offisie. Op15 September1590 volg hy Pous Sixtus V op en regeer tot sy dood aanmalaria op27 September1590. Hy word opgevolg deurPous Gregorius XIV.Die naam ‘Urbanus’ beteken 'beskaafde'.
Ondanks sy baie kort bewind, wordPous Urbanus VII[2] onthou vir sy verbod op die gebruik vantabak (sowel rook, pruim of snuif) in enige kerk. Oortreding sou strafbaar wees metekskommunikasie. Hy het ook die titel "Eminensie" vir kardinale ingevoer.Pous Urbanus het sy private vermoë nagelaat aan 'n stigting wat bruidskatte vir arm meisies gegee het.
Duff, Eamon (2001).Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press.ISBN 0-300-09165-6.
Maxwell-Stuart, P. G. (2002).Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson.ISBN 0-500-01798-0.