Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Pous Urbanus IV

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pous Urbanus IV
GeboortenaamJacques Pantaléon
Pontifikaat begin29 Augustus1261
Pontifikaat eindig2 Oktober1264
VoorgangerAlexander IV
OpvolgerClemens IV
Gebore±1195
Troyes,Frankryk
Sterf2 Oktober1264
Perugia,Italië
Ander pouse genaamd Urbanus

Urbanus IV was die 182stepous van dieRooms-Katolieke Kerk van1261 tot1264.

Biografie

[wysig |wysig bron]

Pous Urbanus IV[1] is gebore asJacques Pantaléon ongeveer in1195 inTroyes,Frankryk. Hy was die seun van 'n skoenmaker en soosPous Urbanus V enPous Urbanus VI was hy nie 'n kardinaal toe hy verkies is nie. Hy het teologie en regte studeer inParys en was eers kanunnik en later aartsbiskop vanLuik. Op die eerste konsilie vanLyon het hy onder die aandag vanPous Innocentius IV gekom en op twee sendings naDuitsland gestuur. Hy het die verdrag van Christburg tussen die heidense Pruise en die Duitse Orde tot stand gebring. Hy word biskop van Verdun in1253 en in1255 maakPous Alexander IV hom patriarg vanJerusalem. Hy het teruggekeer van Jerusalem, waar die Christene in moeilike omstandighede was en probeer hulp soek in Viterbo toe Pous Alexander IV sterf. Na 'nsedis vacatio van drie maande word Pantaléon verkies deur agt kardinale van die kollege van kardinale. Op29 Augustus1261 volg hyPous Alexander IV op en regeer tot sy dood op2 Oktober1264. Hy word opgevolg deurPous Clemens IV. Die naam ‘Urbanus’ beteken 'beskaafde'.

Pontifikaat

[wysig |wysig bron]

Pous Urbanus IV[2] is op4 September1261 gekroon. Hy het meestal in Orvieto en Vitebo gebly enRome waarskynlik nooit eers besoek nie. Die Latynse keiserryk vanKonstantinopel het aan sy einde gekom met die verowering van die stad deur die Grieke onder leiding van keiser Michael IV Palaeologos. Pous Urbanus het vergeefs probeer om 'nkruistog te organiseer om die Latynse keiserryk te herstel. Op11 Augustus1264 het Urbanus diefees vanCorpus Christi (die liggaam van Christus) ingestel. Die pous het ook veertien nuwe kardinale aangestel onder andere die laterePous Clemens IV,Pous Martinus IV enPous Honorius IV.

Italië het Urbanus IV se volle aandag vereis. Sy voorgangerPous Alexander IV het nie veel aandag gegee aan die stryd teen die Hohenstaufen en dit het ontaard in 'n stryd tussen die Ghibellyne (keisergesindes) en die Welfe (pousgesindes). Die pous se militêre bevelvoerder was condottiere Azzo d'Este, aan die hoof van die magte van die stedeMantua enFerrara. Aangesien Manfred 'n eis gehad het teen die stede van Lombardye, het die pous die kroon van die Sisilië aan Karel van Anjou gegee op15 Augustus1264. Die pous het Karel skepe en soldate belowe en Karel wat die Provence as erfgoed van sy vrou besit het en dus genoeg geld vir 'n oorlog in Italië het belowe om nie Noord-Italië of die Pouslike Staat aan te val nie. Karel belowe om die "sensus" te herstel wat aan die pous as feodale leenheer 10,000 onsegoud sou besorg. Voordat Karel egter in Italië aangekom het, het Urbanus gesterf.

Heiligverklarings

[wysig |wysig bron]
  • 1262 – St. Richard van Chichester.

Bibliografie

[wysig |wysig bron]
  • Duff, Eamon (2001).Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press.ISBN 0300091656.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002).Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson.ISBN 0500017980.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Urban IV. (2008).Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica
  2. Webster, D.R. (1912). Pope Urban IV. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek September 9, 2008 by:http://www.newadvent.org/cathen/15212a.htm

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikisource
Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Wikimedia Commons bevat media in verband metUrbanus IV.

Nota

[wysig |wysig bron]

Saamgestel en vertaal uit dieNederlandse,Engelse,Duitse enFranse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

[wysig |wysig bron]
Voorafgegaan deur
Urbanus IV
Pous (Pontifex Maximus)
12611264
Opgevolg deur
Clemens IV
Voorafgegaan deur
Robert van Nantes
Patriarg van Jerusalem
12551261
Opgevolg deur
Willem II van Aken
1ste–4de eeue
Simon Petrus ontvang die sleutels van Christus
5de–8ste eeue
9de–12de eeue
Stefanus IV ·Paschalis I ·Eugenius II ·Valentinus ·Gregorius IV ·Sergius II ·Leo IV ·Benedictus III ·Nicolaas I ·Adrianus II ·Johannes VIII ·Marinus I ·Adrianus III ·Stefanus V ·Formosus ·Bonifatius VI ·Stefanus VI ·Romanus ·Theodorus II ·Johannes IX ·Benedictus IV ·Leo V ·Sergius III ·Anastasius III ·Lando ·Johannes X ·Leo VI ·Stefanus VII ·Johannes XI ·Leo VII ·Stefanus VIII ·Marinus II ·Agapetus II ·Johannes XII ·Benedictus V ·Leo VIII ·Johannes XIII ·Benedictus VI ·Benedictus VII ·Johannes XIV ·Johannes XV ·Gregorius V ·Silvester II ·Johannes XVII ·Johannes XVIII ·Sergius IV ·Benedictus VIII ·Johannes XIX ·Benedictus IX ·Silvester III ·Gregorius VI ·Clemens II ·Damasus II ·Leo IX ·Victor II ·Stefanus IX ·Nicolaas II · *Alexander II ·Gregorius VII ·Victor III ·Urbanus II ·Paschalis II ·Gelasius II ·Callixtus II ·Honorius II ·Innocentius II ·Celestinus II ·Lucius II ·Eugenius III ·Anastasius IV ·Adrianus IV ·Alexander III ·Lucius III ·Urbanus III ·Gregorius VIII ·Clemens III ·Celestinus III ·Innocentius III ·
13de–16de eeue
Honorius III ·Gregorius IX ·Celestinus IV ·Innocentius IV ·Alexander IV ·Urbanus IV ·Clemens IV ·Gregorius X ·Innocentius V ·Adrianus V ·Johannes XXI ·Nicolaas III ·Martinus IV ·Honorius IV ·Nicolaas IV ·Celestinus V ·Bonifatius VIII ·Benedictus XI ·Clemens V ·Johannes XXII ·Benedictus XII ·Clemens VI ·Innocentius VI ·Urbanus V ·Gregorius XI ·Urbanus VI ·Bonifatius IX ·Innocentius VII ·Gregorius XII ·Martinus V ·Eugenius IV ·Nicolaas V ·Callixtus III ·Pius II ·Paulus II ·Sixtus IV ·Innocentius VIII ·Alexander VI ·Pius III ·Julius II ·Leo X ·Adrianus VI ·Clemens VII ·Paulus III ·Julius III ·Marcellus II ·Paulus IV ·Pius IV ·Pius V ·Gregorius XIII ·Sixtus V ·Urbanus VII ·Gregorius XIV ·Innocentius IX ·Clemens VIII ·
17de–20ste eeue
21ste eeu
Simon Petrus ontvang die sleutels van Christus
Internasionaal
Nasionaal
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Pous_Urbanus_IV&oldid=2742597"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp