Pous Theodorus II is in840 gebore inKonstantinopel (Rome volgens BBKL en PTA), die seun van (Patriarg ?) Photius. Hy word priester gewy deurPous Stefanus V. Sy broer Theotius was 'nbiskop. In November897 volg hyPous Romanus op en regeer tot sy dood in Desember897. Hy word opgevolg deurPous Johannes IX. Die naam ‘Theodorus’ beteken 'gawe van God'.
Pous Theodorus II het slegs 20 dae regeer gedurende Desember897. Hy hetPous Formosus gerehabiliteer en al die wydinge wat deur Formosus uitgevoer is weer geldig verklaar. Hy het die liggaam van Formosus wat in dieTiber-rivier gegooi is en by Porto weer uitgehaal is, laat herbegrawe in die Sint Pieterskerk.
Duff, Eamon (2001).Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press.ISBN 0300091656
Maxwell-Stuart, P. G. (2002).Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson.ISBN 0500017980.