Stefanus IV (V) was die 97stepous van dieRooms-Katolieke Kerk.Weens die statusverandering vanPous Stefanus (II), was Stefanus IV vanaf die begin van die 13de eeu tot1961 bekend as Stefanus V en was hy die 98ste pous. SienLys van pouse (onderafdeling: Die spesiale geval van Pous Stefanus (II)) vir volle besonderhede.
Onmiddellik na sy ampsbevestiging het Pous Stefanus IV die volk vanRome beveel om trou te sweer aanLodewyk die Vrome, koning van dieFranke en seun vanKarel die Grote. In816 kroon die pous Lodewyk tot keiser en sy vrou Irmengard as keiserin in die stadReims. Lodewyk het op sy beurt die pous belowe dat daar nie ingemeng sal word met die verkiesing van pouse nie. Terwyl hy in Frankryk was het hy ook die pallium aan Theodulf van Orleans oorhandig.
Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press.ISBN 0-85323-545-7
Duff, Eamon.Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. pp 62–63.ISBN 0300091656
Maxwell-Stuart, P. G.Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, p. 47.ISBN 0500017980.