Pous Sergius IV[1] is gebore asPietro Martino da Albano met die bynaamPietro Buccaporci (Petrus Varkbek)[2] ongeveer in970 inRome,Italië die seun van Petrus die skoenmaker en sy vrou Stephania. In1004 word hy aangestel as biskop van Albino. Op31 Julie1009 volg hyPous Johannes XVIII op en regeer tot sy dood op12 Mei1012. Hy word opgevolg deurPous Benedictus VIII.Die naam ‘Sergius’ beteken 'dienaar'.
Pous Sergius IV se pontifikaat is oorskadu deur die mag van Johannes III Crescentius. Die pous het gehelp om hongersnood inRome te verlig en het party kloosters vrygestel van biskoplike beheer. Hy het 'nbul geskrywe (die egtheid van die bul word betwis) wat vra dat Islam uit die Heilige Land verdryf moet word nadat die Kerk van die Heilige Graf in 1009 deur kalief al-Hakim bin-Amr Allah verwoes is.
Binne 'n week na die dood van Sergius is ook Crescentius op18 Mei1012 oorlede, wat die vermoede laat ontstaan het dat die pous vermoor is.
Duff, Eamon (2001).Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press.ISBN 0-300-09165-6
Maxwell-Stuart, P. G. (2002).Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson.ISBN 0-500-01798-0.