Pous Romanus is gebore inGallese nabyCivita Castellana die seun van Konstantyn. Voor sy verkiesing as pous deur die aanhangers vanPous Formosus was hy kardinaal-priester van Sint Pieter in Vincoli. In Augustus897 volg hyPous Stefanus VI op en regeer tot sy dood (of sy afsetting) in November897. Hy word opgevolg deurPous Theodorus II. Die naam ‘Romanus’ beteken 'van Rome'.
Pous Romanus begin sy pontifikaat met die ongeldigverklaring van alle handelinge van sy voorgangerPous Stefanus VI (VII). Hy gaan egter nie sover as omPous Formosus te rehabiliteer nie. Hy verleen die pallium aan Patriarg Vitalis van Grado en bevestig diebiskoppe van Elna en Gerona in hulle bisdomme. Party bronne meen Romanus is vergiftig, maar dit is meer waarskynlik dat hy deur sy beskermhere afgeset is omdat hy Pous Formosus nie rehabiliteer het nie, iets wat sy opvolgerPous Theodorus II dadelik gedoen het. Romanus het homself waarskynlik as monnik teruggetrek.
Duff, Eamon (2001).Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press.ISBN 0-300-09165-6
Maxwell-Stuart, P. G. (2002).Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson.ISBN 0-500-01798-0.