Pous Leo IX is gebore asBruno von Egisheim-Dagsburg op21 Junie1002 inEguisheim,Elsas, die seun van graaf Hugo von Egisheim en sy vrou Heilwig von Dagsburg.[1] Hy het sy loopbaan begin as soldaat en offisier in die keiserlike leër. Voor sy verkiesing as pous was hy biskop van Toul vanaf1026. Op12 Februarie1049 volg hyPous Damasus II op en regeer tot sy dood op19 April1054. Hy word opgevolg deurPous Victor II. Die naam ‘Leo’ beteken 'leeu'.
Pous Leo IX was 'n neef van keiser Hendrik III en deur sy toedoen verkies as pous. Hy is bekend vir die deurvoering van die hervormings vanCluny. Hy stig die kollege van kardinale en vestig die top-bestuur van die kerk. In die Paas-sinode van 1049 word die selibaat vir die klerus weer bevestig en is simonie weer veroordeel. Op29 April1050 hou hy 'n verdere Paas-sinode oor die leer van Alberic (of Berengar) van Tours.
Die pous het probeer om dieNormandiërs in Suid-Italië te bestry, maar hy is verslaan in die slag by Civitate op18 Junie1053. Hy is gevang en in Benevento aangehou tot Maart 1054. Daarna is hy terug naRome waar hy sterf op19 April1054.
Leo IX het die kardinaal Humbert van Mourmoutiers, kardinaal-biskop van Silva Candida, naKonstantinopel gestuur om die patriarg Michael I Cerularius te ekskommunikeer oor sy gedrag in Suid-Italië. Die patriarg het toe op sy beurt vir Humbert en die pous ge-ekskommunikeer en sodoende het die grootWesterse Skisma op16 Julie1054 ontstaan. Hoewel dit oënskynlik oorekskommunikasie en Suid-Italië gegaan het, was dit in werklikheid oor die oppergesag van die pous van Rome oor dieOosters-Ortodokse Kerk van die patriarg.
Duff, Eamon (2001).Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press.ISBN 0-300-09165-6
Maxwell-Stuart, P. G. (2002).Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson.ISBN 0-500-01798-0.
Gresser, Georg. (2006) Die Synoden und Konzilien zur Zeit des Reformpapsttums in Deutschland und Italien von Leo IX. bis Calixt II. 1049–1123. Paderborn.