Pous Julius II was die 216depous van dieRooms-Katolieke Kerk van1503 tot1513. Sy bynaam was "Il Papa Terribile" (die verskriklike pous).[1]Sy pontifikaat is gekenmerk deur 'n aggressiewebuitelandse beleid, ambisieuse bouprojekte en die bevordering van die skone kunste.
Pous Julius II[2] is gebore asGiuliano della Rovere op5 Desember1443 inAlbisoli,Italië. Daar is nie eenstemmigheid oor sy geboortedatum nie. Die Catholic Hierarchy[3] gee 1453. Sy vader Raffaelo della Rovere stam uit 'n adellike maar verarmde familie en sy moeder Theodora Manerola was van Griekse afkoms. Hy volg sy oom Francesco della Rovere na die Franciskaners en word opgevoed in Perugia. Sy oom was die broer vanPous Sixtus IV.[4] Hy sluit egter nie aan by die monnike nie en bly 'n sekulêre priester totdat hy op16 Oktober1471 as biskop van Carpentras,Frankryk aangestel word, kort nadat sy oom pous geword het.
In1480 word hy na Frankryk gestuur as pouslike gesant. Hy bly vier jaar weg, maar was so suksesvol dat hy onder die aandag van die kollege van kardinale gekom het. Sy invloed in die kollege het versterk gedurende die pontifikaat vanPous Innocentius VIII.
Daar het egter wedywering ontstaan tussen hom en kardinaalRodrigo Borgia en toe pous Innocentius in 1492 sterf, word Borgia verkies asPous Alexander VI. Della Rovere was jaloers en kwaad en beskuldig Borgia van simonie en 'n geheime ooreenkoms met kardinaal Ascanio Sforza. Della Rovere het die wyk geneem na Ostia om Borgia se wraak te ontkom en 'n paar maande later vertrek hy na Parys waar hy die jong koningKarel VIII van Frankryk aanspoor om Napels te verower. Hy vergesel die koning op sy veldtog en trek Rome binne met die doel om 'n konsilie op te roep om Borgia se gedrag te ondersoek en hom (Borgia) af te set.Pous Alexander VI het egter die vriendskap bekom van die koning se minister Guillaume de Briçonnet deur hom 'n kardinaalspos te belowe en het sodoende Della Rovere se planne skipbreuk laat ly.
Alexander VI sterf in 1503, waarskynlik aanmalaria. Della Rovere het nie Alexander se opvolger kardinaal Piccolomini van Sienna gesteun nie. Piccolomini word pous op8 Oktober1503 met die naamPous Pius III. Della Rovere kroon hom op die trappe van die Vatikaan, maar Pius sterf al na slegs ses en twintig dae in die amp.
Della Rover het Cesare Borgia oorgehaal om hom te steun. Hy word verkies met 'n groot meerderheid tydens die kortste konklaaf in die geskiedenis. Die enigste stemme wat hy nie gekry het nie was die van die Franse kardinaal Georges D'Amboise en die kardinale Oliviero Carafa en Casanova. Op1 November1503 volg hyPous Pius III op en word gekroon op26 November1503 deur kardinaal Giovanni Colonna. Hy regeer tot sy dood op21 Februarie1513 en word opgevolg deurPous Leo X.
Die naam ‘Julius’ beteken 'uit die geslag van die Juliërs'. Dit is ook die Latynse vorm van Giuliamo, die pous se doopnaam.
Pous Julius II[5] het sy pontifikaat begin deur sy wêreldlike mag te versterk. Hy het dit onmoontlik gemaak vir die Borgia's om hulle mag in die kerklike staat te behou en verban Cesare Borgia naSpanje. Hy het sy invloed gebruik om twee magtige Romeinse families die Colonna en die Orsini te versoen en deur dekrete het hy homself aan die orige Romeinse adel verbind.
Toe hy veilig was in Rome het hy begin omVenesië uit Faenza en Rimini te verdryf. In1504 toe die doge van Venesië nie na hom wou luister nie, sluit hy 'n verbond met die koning van Frankryk en die Duitse keiser. Aanvanklik was die verbond nie effektief nie. Deur 'n briljante veldtog bevry Julius Perugia op13 September1506 enBologna op10 November1506 van hulle tiranne Giampolo Baglioni en Giovanni II Bentivoglio. Dit het Julius se invloed sodanig versterk dat die Franse koning en die Duitse keiser hom moes steun.
Op21 Januarie1506 stig Julius die Switserse Wag as 'n permanente korps om die pous te beskerm.
Op10 Desember1508 sluit Julius 'n verbond met die Franse koning Lodewyk XII, die Duitse keiserMaksimiliaan I en Ferdinand II koning van Aragon. Die verbond staan bekend as die Heilige Liga of as die Verbond van Cambrai (Kamerijk in Nederlands).
Die liga se troepe maak oorlog teen Venesië. Julius begeer die Venesiese gebied in Romagna, Maksimiliaan wou Friuli hê, Lodewyk Cremona en Ferdinand die hawens van Napulia. Die konflik staan bekend as die Italiaanse Oorlog. Op27 April1509 plaas Julius Venesië onder pouslike interdik.[6] Gedurende die oorlog het alliansies dramaties gefluktueer. In1510 het Frankryk en Venesië plekke geruil en teen 1513 het Venesië by Frankryk aangesluit.
Die Liga se oorwinnings het gou Julius se primêre doelwitte oorskry. In die slag van Agnadello op14 Mei1509 word Venesië totaal verslaan. Die Franse koning en die Duitse keiser wou nie net die pous se doelwitte bereik nie, maar ook sommer die hele Italië verower, iets wat die pous nie kon toelaat nie. Die pous het toe die Venesiërs gevra om hom teen sy voormalige bondgenote te help. Venesië se interdik word gelig op24 Februarie1510 en Frankryk word onder die pouslike ban geplaas. Julius het ook vergeefs probeer om moeilikheid tussen Engeland en Frankryk te saai. Koning Lodewyk belê toe 'n sinode van Franse biskoppe in Tours in 1510. Die Franse biskoppe onttrek hulle toe aan die gesag van Rome en probeer om, saam met keiser Maksimiliaan, Julius af te set op5 November1511. Op7 November1511 kies hulle die kardinaal Lopez de Carvajal asTeenpous Martinus IV.
Julius maak toe die Heilige Liga wat nou bestaan uit die pous, Venesië en Ferdinand II van Aragon, bymekaar vir oorlog teen Frankryk. BeideHendrik VIII van Engeland en Maksimiliaan van Duitsland sluit by die Liga aan. Die Franse verloor die veldslag by Ravenna op11 April1512.
Julius II het ook 'n algemene konsilie in Rome gehou in 1512. Die konsilie word later bekend as die Vyfde Lateraanse konsilie. Julius was deur 'n eed verbind om die konsilie kort na sy troonsbestyging te hou, maar het dit uitgestel omdat Italië beset was deur sy vyande.
In 1512 is die Franse oor dieAlpe teruggedryf, maar ander magte het Italië beset. Julius het wel die pouslike staat gevestig in die gebiede rondom Rome, maar was net so ver as by die begin van sy pontifikaat van die vereniging van Italië as deel van die pouslike staat, toe hy sterf aankoors in 1513.
Hoewel Julius se politieke en oorlogsugtige prestasies hom seker as een van die belangrikste pouse sou laat tel, is hy ook 'n groot bevorderaar van die skone kunste en die literatuur. Hy het Rome verbeter en mooier gemaak. In 1506 lê hy die fondament vir die nuweSint Pieterskerk. Hy was 'n vriend en donateur van Bramante,Raphael enMichelangelo. Michelangelo het dieplafon van die Sixtynse kapel vir Julius geskilder. Die "Laocoon-groep" is op14 Januarie1506 in Rome herontdek en deur die pous aangekoop vir die Vatikaanse museum.
Felice della Rovere, Julius II se dogter, deur Raphael
Julius II word gewoonlik afgebeeld met 'n baard soos in sy portret deur Raphael. Die pous het slegs 'n baard gedra vanaf27 Junie1511 tot Maart 1512 as 'n teken van rou oor die verlies van Bologna deur die pouslike staat. Sedert die 13de eeu was die dra van 'n baard deur die kerkreg verbied. Die pous het sy baard afgeskeer voor sy dood en sy opvolgers het ook nie baarde gedra totdatPous Clemens VII 'n baard begin dra het na die verwoesting van Rome. Na Clemens het sy opvolgers weer baarde gedra tot na die dood vanPous Innocentius XII in 1700.
Julius was nie die eerste of enigste pous wat kinders gehad het voordat hy pous geword het nie. Sy enigste bekende dogter wat volwassenheid bereik het, was Felice della Rovere (later Felice Orsini) gebore in 1483. Pompeo Litta in sy 1833 boek "Famiglie Celebri Italiane" (Bekende Italiaanse Families) noem Felice se twee dogters Giulia en Clarice verkeerdelik dogters van Julius. Felice se ma was Lucrezia Normanni, 'n dogter uit 'n ou Romeinse geslag. Na die geboorte van Felice sorg Julius dat Lucrezia trou met Bernardino de Cupis die "maestro di casa" van Julius se neef kardinaal Girolamo Basso della Rovere.[7]
In weerwil van sy buite-egtelike dogter, word Julius ook vansodomie beskuldig. Sy vyande (veral die Venesiërs) het sy omgang met homoseksuele kunstenaars soos Michelangelo en sy voorliefde virFlorence gebruik om die gerugte te versprei. Die bekendste beskuldiginge kom van die dagboekskrywer Giralomo Priuli,[8] en die historikus Marcus Sanudo (1466–1536).[9]
Duff, Eamon (2001).Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press.ISBN 0-300-09165-6.
Maxwell-Stuart, P. G. (2002).Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson.ISBN 0-500-01798-0.
↑A definitive life of Felice della Rovere is in Caroline P. Murphy'sThe Pope’s Daughter: The Extraordinary Life of Felice della Rovere. Oxford University Press, New York. 2005