Pous Johannes XIV is gebore asPetrus Campanora (of Canepanova) inPavia,Italië. Voor sy verkiesing was hy biskop van Pavia. InDesember983 volg hyPous Benedictus VII op en regeer tot hy afgeset word in April984. Hy word opgevolg deurPous Johannes XV.Die naam ‘Johannes’ beteken 'God is genadig'.
Pous Johannes XIV was 'n beskermeling van keiser Otto II. Toe die keiser sterf op7 Desember983 val die beskerming weg en word die pous in April984 deurTeenpous Bonifatius VII in die tronk gesit en waarskynlik in opdrag van dieteenpous daar vermoor (deur verwurging of verhongering) op20 Augustus984.[1]
Johannes wou nie pous word onder sy eie naamPetrus nie, omdat hy homself onwaardig geag het om dieselfde naam as die eerste pous, dieapostel Petrus te dra. Geen pous het ooit weer die naam Petrus gedra nie.
Duff, Eamon (2001).Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press.ISBN 0-300-09165-6
Maxwell-Stuart, P. G. (2002).Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson.ISBN 0-500-01798-0.