Pous Johannes IX is gebore in840 inTivoli,Italië die seun van Rampoald. Voor sy verkiesing was Johannes 'n Benediktyner monnik en is tot priester gewy deurPous Formosus. In Januarie898 volg hyPous Theodorus II op deur die invloed van keiser Lambert van Spoleto. Hy regeer tot sy dood in Januarie900 en word opgevolg deurPous Benedictus IV. Die naam ‘Johannes’ beteken 'God is genadig'.
Gelyktydig met die verkiesing vanPous Johannes IX het die teenstanders vanPous FormosusTeenpous Sergies III verkies, maar hy is gewelddadig verdryf en geëkskommunikeer. Pous Johannes bekragtig die rehabilitasie vanPous Formosus wat reeds deur sy voorgangerPous Theodorus II deurgevoer is. Hy laat die notules van die "kadawersinode" verbrand. Die pous het goeie betrekkinge met keiser Lambert onderhou en hom onvoorwaardelik gesteun tydens die keiser se stryd metArnolf van Karintië. Om die bande met die keiser te versterk, bepaal hy dat 'n pous slegs ingehuldig kan word in die teenwoordigheid van die keiser of sy gesant. Na Johannes se onverwagse dood in900 begin die Romeinse adellikes weer onder mekaar baklei.
Duff, Eamon (2001).Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press.ISBN 0300091656
Maxwell-Stuart, P. G. (2002).Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson.ISBN 0500017980.