Pous Innocentius VII[1] is gebore asCosimo de’ Migliorati in1336 inSulmona,Italië. Hy onderskei homself as regsgeleerde in sowel siviele as kerkreg. Hy doseer regte aan die universiteite van Perugia en Padua. Sy leermeester Giovanni da Legnano stuur hom naRome waarPous Urbanus VI hom in die kurie aanstel. Die pous stuur hom vir tien jaar na Engeland as pouslike belastinggaarder. In1386 maak die pous hom biskop van Bologna en op5 Desember1387 aartsbiskop van Ravenna. Op18 Desember1389 maakPous Bonifatius IX hom kardinaal-priester van Santa Croce in Gerusalemme en in1396 word hy Camerlengo (kamerheer) van dieRooms-Katolieke Kerk. Op17 Oktober1404 volg hyPous Bonifatius IX op en word gekroon op11 November1404. Hy regeer tot sy dood op6 November1406 en word opgevolg deurPous Gregorius XII.Die naam ‘Innocentius ’ beteken 'onskuldige'.
ToePous Bonifatius IX sterf, was 'n delegasie vanTeenpous Benedictus XIII inRome aanwesig. Die kardinale van Rome vra die delegasie of Benedictus sou aftree as hulle nie 'n nuwe pous in Rome kies nie om sodoende dieWesterse Skisma te beëindig. Toe die afvaardiging hulle meedeel dat Benedictus nooit sou aftree nie (hy het ook nie), het hulle self 'n nuwe pous verkies. Hulle het egter eers 'n eed gesweer waarin elkeen beloof het dat indien hy verkies word, hy alles sal doen om die Skisma te beëindig al moes dit abdikasie wees.
Pous Innocentius VII[2] is eenparig verkies deur agt kardinale op17 Oktober1404. Daar was ’n opstand deur die Ghibellynse party toe die nuus bekend geword het, maar die is gou onderdruk deur koning Ladislaus vanNapels. Vir sy dienste aan die pous het die koning die pous laat belowe om nie 'n ooreenkoms met Teenpous Benedictus te sluit wat Ladislaus se regte in Napels, wat betwis is deur Karel II van Anjou, sou benadeel. Dit het die pous gepas omdat hy nie van plan was om enige ooreenkoms met die teenpous inAvignon aan te gaan nie.
Innocentius het 'n groot fout gemaak toe hy sy onwaardige nefie Ludovico Migliorati, 'nhuursoldaat, as kardinaal benoem het. Op6 Augustus1405 het Ludovico elf lede van die Romeinse adel, wat van 'n vergadering met die pous teruggekeer het, vermoor in sy eie huis en hulle liggame deur die vensters van die Santo Spirito hospitaal op die straat gegooi. Dit het 'n opstand veroorsaak en die pous en sy gevolg het na Viterbo gevlug. Tydens die vlug het Ludovico ook nog probeer om die vee van die stad te steel. Die inwoners het die pouslike gevolg aangeval en dertig mense gedood. Onder die slagoffers was die ab van Perugia wat voor die pous se oë doodgemaak is.
Koning Ladislaus moes die pous weer beskerm en in Januarie 1406 is die opstand onderdruk en die pous kon op13 Maart1406 na Rome terugkeer. Die pous beloon die koning deur hom markies en graaf van Fermo te maak. Ladislaus was egter nie tevrede met die beloning van die pous nie en wou sy mag oor die pouslike staat uitbrei. Sy troepe wat die Engeleburg (Castell’ di Sant’ Angelo) beset het, het herhaalde strooptogte in Rome uitgevoer. Die pous het Ladislaus geëkskommunikeer, waarop die koning sy troepe teruggetrek het.
Die pous het 'n ander nefie van hom, Giovanni Migliorati aangestel as sy opvolger as aartsbiskop van Ravenna.
Kort na die verkiesing het Innocentius begin om 'n konsilie te belê. Hy het egter die opstande in Rome gebruik as voorwendsel om die konsilie te vertraag. KoningKarel VI van Frankryk, teoloë van die Universiteit vanParys, Rupert III koning van Duitsland het daarop aangedring as 'n metode om die Skisma te beëindig. Pierre d’Ailly en Jean Gerson het 'n teorie onderskryf waarin die pous ondergeskik sou wees aan 'n konsilie. Innocentius het verklaar dat hy nie die veiligheid van Benedictus kon waarborg nie en laasgenoemde was maar te bly om dit as voorwendsel te gebruik om nie na Rome te gaan nie.
Die pous is onverwags dood op6 November1406 en hoewel daar gerugte was van vergiftiging, is nooit enige bewys daarvoor gevind nie.
Duff, Eamon (2001).Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press.ISBN 0-300-09165-6.
Maxwell-Stuart, P. G. (2002).Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson.ISBN 0-500-01798-0.