Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Pous Gregorius IX

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pous Gregorius IX
GeboortenaamUgolino di Conti
Pontifikaat begin19 Maart1227
Pontifikaat eindig22 Augustus1241
VoorgangerHonorius III
OpvolgerCelestinus IV
Geboretussen 1145 en 1170
Anagni,Italië
Sterf22 Augustus1241
Rome,Italië
Ander pouse genaamd Gregorius

Gregorius IX was die 178stepous van dieRooms-Katolieke Kerk van1227 tot1241.

Biografie

[wysig |wysig bron]

Pous Gregorius IX[1] is gebore asUgolino di Conti (ookUgolino dei Conti di Segni ofUgolino de Anagni) inAnagni,Italië tussen1145[2] en1170.[3] Hy word aangestel as kardinaal-diaken van St. Eustasius deur sy neefPous Innocentius III in Desember1198. In1206 is hy bevorder tot kardinaal-biskop van Ostia en Velletri as opvolger van Octavianus. Hy was die tweede kardinaal beskermheer van die Orde van die Franciskane.[4] In1219 word hy dekaan van die Kollege van kardinale. Op19 Maart1227 volg hyPous Honorius III op en regeer tot sy dood op22 Augustus1241. Hy word opgevolg deurPous Celestinus IV.Die naam ‘Gregorius’ beteken 'wagter'.

Pontifikaat

[wysig |wysig bron]

Pous Gregorius IX[5] het sy pontifikaat begin met die ekskommunikasie van keiser Frederik II.[6] wat toe siek was in Otanto, op29 September1227 omdat hy steeds getalm het om op kruistog te gaan en nie sy verpligtinge as vasal van die pous nagekom het nie. Frederik het appèl aangeteken by die Europese vorste en wel na die Heilige Land vertrek waar hy met die Sarasene in skermutselings betrokke was. Hy was gou terug in Italië, waar die pous tydens sy afwesigheid probeer het om sy grondgebied aan te val. Frederik se aanval op die Pouslike Staat in1228 was egter onsuksesvol en die keiser moes die pous om vergiffenis vra.

Die volk vanRome het teen die pous rebelleer en Gregorius het na Anagni gevlug, maar keer terug in Februarie1230. Op20 Julie1230 word die verdrag van San Germano gesluit tussen die pous en die keiser. Toe Frederik II egter die Lombardiese Liga verslaan by Cortenuova op27 November1237, dreig hy om die hele Italië te onderwerp. Dit lei tot 'n nuwe ekskommunikasie op12 Maart1239 en 'n langdurige oorlog.

Pous Gregorius het Frederik tot ketter verklaar en 'n konsilie inRome byeen geroep om die banvloek te bekragtig. Frederik het egter al die geestelikes wat na Rome op reis was, probeer vang en hulle skepe te laat sink. Die stryd het voortgeduur lank na Gregorius se dood op22 Augustus1241.

Pous Gregorius IX was 'n bekende juris. Hy het die kerkreg saamgevat in sy "Nova Compilatio decretalum" in1234. Die eerste kopie is gedruk in Mainz in 1473 en dit was in gebruik tot1917.

Gregorius het geglo dat kettery nie aan die biskoppe oorgelaat kan word nie omdat hulle ween lokale toestande dikwels laks was daar teenoor. In1231 stig hy die Pouslike Inkwisisie onder leiding van die Dominikane Orde, maar stem nie saam met die gebruik van marteling om bekentenisse te bekom nie.

Hy het veertien kardinale aangestel, onder hulle wasSinibaldo de Fieschi (laterPous Innocentius IV) enRinaldo Conti (laterPous Alexander IV).

Pous Gregorius IX het die Noordelike kruistog onderskryf en dieDuitse Orde se pogings om Ortodoks Rusland te verower, veral die Pskov Republiek en die Novgorod Republiek. Die pous het die Lyflandse Broeders van die Swaard gevra om troepe naFinland te stuur om die Finne te help in hulle stryd met die Novgorod Republiek.

Heiligverklarings

[wysig |wysig bron]

Bibliografie

[wysig |wysig bron]
  • Duff, Eamon (2001).Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press.ISBN 0-300-09165-6.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002).Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson.ISBN 0-500-01798-0.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Gregory IX." Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica, 2008.
  2. The Catholic Encyclopedia
  3. Biografisch-Bibliografisches Kirchenlexikon
  4. "Die eerste een was kardinaal Giovanni Colonna di San Paolo". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 30 Maart 2013. Besoek op18 Augustus 2008.
  5. Ott, Michael. "Pope Gregory IX." The Catholic Encyclopedia. Vol. 6. New York: Robert Appleton Company, 1909. 18 Aug. 2008 <http://www.newadvent.org/cathen/06796a.htm>.
  6. Abulafia, David (1992)Frederick II: a Medieval Emperor 1992. 480 pages. Oxford University Press,ISBN 0-19-508040-8

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikisource
Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Wikimedia Commons bevat media in verband metGregorius IX.

Nota

[wysig |wysig bron]

Saamgestel en vertaal uit dienl:Paus Gregorius IX,Engelse,Duitse enFranse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

[wysig |wysig bron]
Voorafgegaan deur
Honorius III
Pous (Pontifex Maximus)
1227 – 1241
Opgevolg deur
Celestinus IV
1ste–4de eeue
Simon Petrus ontvang die sleutels van Christus
5de–8ste eeue
9de–12de eeue
Stefanus IV ·Paschalis I ·Eugenius II ·Valentinus ·Gregorius IV ·Sergius II ·Leo IV ·Benedictus III ·Nicolaas I ·Adrianus II ·Johannes VIII ·Marinus I ·Adrianus III ·Stefanus V ·Formosus ·Bonifatius VI ·Stefanus VI ·Romanus ·Theodorus II ·Johannes IX ·Benedictus IV ·Leo V ·Sergius III ·Anastasius III ·Lando ·Johannes X ·Leo VI ·Stefanus VII ·Johannes XI ·Leo VII ·Stefanus VIII ·Marinus II ·Agapetus II ·Johannes XII ·Benedictus V ·Leo VIII ·Johannes XIII ·Benedictus VI ·Benedictus VII ·Johannes XIV ·Johannes XV ·Gregorius V ·Silvester II ·Johannes XVII ·Johannes XVIII ·Sergius IV ·Benedictus VIII ·Johannes XIX ·Benedictus IX ·Silvester III ·Gregorius VI ·Clemens II ·Damasus II ·Leo IX ·Victor II ·Stefanus IX ·Nicolaas II · *Alexander II ·Gregorius VII ·Victor III ·Urbanus II ·Paschalis II ·Gelasius II ·Callixtus II ·Honorius II ·Innocentius II ·Celestinus II ·Lucius II ·Eugenius III ·Anastasius IV ·Adrianus IV ·Alexander III ·Lucius III ·Urbanus III ·Gregorius VIII ·Clemens III ·Celestinus III ·Innocentius III ·
13de–16de eeue
Honorius III ·Gregorius IX ·Celestinus IV ·Innocentius IV ·Alexander IV ·Urbanus IV ·Clemens IV ·Gregorius X ·Innocentius V ·Adrianus V ·Johannes XXI ·Nicolaas III ·Martinus IV ·Honorius IV ·Nicolaas IV ·Celestinus V ·Bonifatius VIII ·Benedictus XI ·Clemens V ·Johannes XXII ·Benedictus XII ·Clemens VI ·Innocentius VI ·Urbanus V ·Gregorius XI ·Urbanus VI ·Bonifatius IX ·Innocentius VII ·Gregorius XII ·Martinus V ·Eugenius IV ·Nicolaas V ·Callixtus III ·Pius II ·Paulus II ·Sixtus IV ·Innocentius VIII ·Alexander VI ·Pius III ·Julius II ·Leo X ·Adrianus VI ·Clemens VII ·Paulus III ·Julius III ·Marcellus II ·Paulus IV ·Pius IV ·Pius V ·Gregorius XIII ·Sixtus V ·Urbanus VII ·Gregorius XIV ·Innocentius IX ·Clemens VIII ·
17de–20ste eeue
21ste eeu
Simon Petrus ontvang die sleutels van Christus
Internasionaal
Nasionaal
Akademie
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Pous_Gregorius_IX&oldid=2730084"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp