Voor sy verkiesing was Gregorius kardinaal van die Sint Markus basiliek.
Pous Gregorius IV het in Desember827 na sy verkiesing die opperheerskappy van dieFrankiese keiserLodewyk die Vrome onomwonde erken. Die pouslike afhanklikheid van die keiser van dieHeilige Romeinse Ryk het egter begin verbrokkel deur die stryery tussen Lodewyk se drie seuns uit sy eerste huwelikLotarius I,Pepyn van Akwitanië enLodewyk die Duitser. Toe die seuns teen hulle pa rebelleer het omdat hy 'n deel van hulle gebied aan sy vierde seun uit sy tweede huwelik (met die ambisieuse Judith van Beiere),Karel die Kale gegee het, het Gregorius Lotarius gesteun, in die hoop dat dit vrede sou bevorder, maar dit het die Frankiese biskoppe gepla. Gregorius het egter aangedring op die oppergesag van die opvolger vanPetrus.
Twee leërs, een van Lodewyk en een van sy seuns, het teenoor mekaar gestaan by Rotfeld naby die huidige Colmar teen die einde van Junie833. Die seuns het Gregorius gevra om na Lodewyk te gaan om te onderhandel. Lotarius het hom egter verkul. Lodewyk se ondersteuners het gedros en die keiser moes onvoorwaardelik oorgee. Lodewyk is afgeset en verneder. Die hele episode staan bekend as "Campus Mendacii" (die veld van leuens). Lodewyk is later weer in ere herstel op die ryksdag vanNijmegen. Na Lodewyk se dood, het Gregorius weer vergeefs probeer om tussen die broers te bemiddel.
Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press.ISBN 0-85323-545-7
Duff, Eamon.Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. pp 62–63.ISBN 0300091656
Maxwell-Stuart, P. G.Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, p. 47.ISBN 0500017980.