Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Pous Gelasius I

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pous Gelasius I
GeboortenaamGelasius
Pontifikaat begin1 Maart492
Pontifikaat eindig19 November496
VoorgangerFelix III
OpvolgerAnastasius II
Gebore
Kabylie
Sterf19 November496
Rome,Italië
Ander pouse genaamd Gelasius

Gelasius I was die 49stepous van dieRooms-Katolieke Kerk.

Biografie

[wysig |wysig bron]

Pous Gelasius I word gesien as die derde pous wat vanAfrika afkomstig is. Hy is inKabylie gebore. Op1 Maart492 volg hyPous Felix III op en regeer tot sy dood op19 November496. Hy word opgevolg deurPous Anastasius II. Die naam ‘Gelasius’ beteken 'die vrolike' inGrieks.

Pontifikaat

[wysig |wysig bron]

Die pontifikaat van Gelasius word gesien as 'n voortsetting van die bewind vanPous Felix III. Veral die stryd met diemonofisiete duur voort. Gelasius skryf 'n boek "De duabus in Christo naturis" (oor die dualiteit van die natuur van Christus). In 'n brief aan keiserAnastasius I van dieOos-Romeinse Ryk stel hy die duidelik dat die kerklike gesag wat vanGod kom, hoër is as die wêreldlike gesag van die keiser. Hierdie stelling sal later bekend staan as die "Twee-magte-leer".

Tydens Gelasius se pontifiaat word die kanon van dieBybel vasgestel tydens 'n sinode inRome in494. Hierdie stelling word bevraagteken en die sinode het dalk nooit plaasgevind nie.[1] Gelasius het baie geskrywe, daar het 42 briewe, 49 fragmente van briewe en 6 traktaatjies van hom bewaar gebly.

Verering

[wysig |wysig bron]

Pous Gelasius I word asheilige vereer in dieRooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op21 November, die dag van sy begrafnis.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press.ISBN 0-85323-545-7
  1. Tertullian : F.C. Burkitt, Review of The decretum Gelasianum, Journal of Theological Studies 14 (1913) bl. 469–471

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metGelasius I.


Nota

[wysig |wysig bron]

Saamgestel en vertaal uit dieNederlandse,Engelse,Duitse enFranse Wikipedia's.

Opvolging

[wysig |wysig bron]
Voorafgegaan deur
Felix III
Pous (Pontifex Maximus)
492496
Opgevolg deur
Anastasius II
1ste–4de eeue
Simon Petrus ontvang die sleutels van Christus
5de–8ste eeue
9de–12de eeue
Stefanus IV ·Paschalis I ·Eugenius II ·Valentinus ·Gregorius IV ·Sergius II ·Leo IV ·Benedictus III ·Nicolaas I ·Adrianus II ·Johannes VIII ·Marinus I ·Adrianus III ·Stefanus V ·Formosus ·Bonifatius VI ·Stefanus VI ·Romanus ·Theodorus II ·Johannes IX ·Benedictus IV ·Leo V ·Sergius III ·Anastasius III ·Lando ·Johannes X ·Leo VI ·Stefanus VII ·Johannes XI ·Leo VII ·Stefanus VIII ·Marinus II ·Agapetus II ·Johannes XII ·Benedictus V ·Leo VIII ·Johannes XIII ·Benedictus VI ·Benedictus VII ·Johannes XIV ·Johannes XV ·Gregorius V ·Silvester II ·Johannes XVII ·Johannes XVIII ·Sergius IV ·Benedictus VIII ·Johannes XIX ·Benedictus IX ·Silvester III ·Gregorius VI ·Clemens II ·Damasus II ·Leo IX ·Victor II ·Stefanus IX ·Nicolaas II · *Alexander II ·Gregorius VII ·Victor III ·Urbanus II ·Paschalis II ·Gelasius II ·Callixtus II ·Honorius II ·Innocentius II ·Celestinus II ·Lucius II ·Eugenius III ·Anastasius IV ·Adrianus IV ·Alexander III ·Lucius III ·Urbanus III ·Gregorius VIII ·Clemens III ·Celestinus III ·Innocentius III ·
13de–16de eeue
Honorius III ·Gregorius IX ·Celestinus IV ·Innocentius IV ·Alexander IV ·Urbanus IV ·Clemens IV ·Gregorius X ·Innocentius V ·Adrianus V ·Johannes XXI ·Nicolaas III ·Martinus IV ·Honorius IV ·Nicolaas IV ·Celestinus V ·Bonifatius VIII ·Benedictus XI ·Clemens V ·Johannes XXII ·Benedictus XII ·Clemens VI ·Innocentius VI ·Urbanus V ·Gregorius XI ·Urbanus VI ·Bonifatius IX ·Innocentius VII ·Gregorius XII ·Martinus V ·Eugenius IV ·Nicolaas V ·Callixtus III ·Pius II ·Paulus II ·Sixtus IV ·Innocentius VIII ·Alexander VI ·Pius III ·Julius II ·Leo X ·Adrianus VI ·Clemens VII ·Paulus III ·Julius III ·Marcellus II ·Paulus IV ·Pius IV ·Pius V ·Gregorius XIII ·Sixtus V ·Urbanus VII ·Gregorius XIV ·Innocentius IX ·Clemens VIII ·
17de–20ste eeue
21ste eeu
Simon Petrus ontvang die sleutels van Christus
Internasionaal
Nasionaal
Akademie
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Pous_Gelasius_I&oldid=2770124"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp