Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Pous Eutichianus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pous Eutichianus
GeboortenaamEutichianus
Pontifikaat begin4 Januarie275
Pontifikaat eindig7 Desember283
VoorgangerFelix I
OpvolgerGajus
Gebore220
Toskane,Italië
Sterf7 Desember283
Rome,Italië

Eutichianus was die 27stepous van dieRooms-Katolieke Kerk.

Biografie

[wysig |wysig bron]

Pous Eutichianus is waarskynlik gebore in220. Op4 Januarie275 volg hyPous Felix I op en regeer tot sy dood op7 Desember283 volgens dieAnnuario Pontifico (2003). Hy word opgevolg deurPous Gajus. Die naam ‘Eutichianus’ beteken ‘die gelukkiggemaakte’.

Pontifikaat

[wysig |wysig bron]

Daar is geen besonderhede bekend oor Eutichianus se pontifikaat nie. Sy pontifikaat het saamgeval met regering van die keisersAurelius,Tacitus,Probus enCarus. DieLiber Pontificalis dui aan dat hy die ritus van die seëning van die oes (veralbome envrugte) ingestel het, maar in werklikheid het dit eers by diekonsilie van Orléans in515 geskied. Die stelling dat hy die reëls vir die begrafnis vanmartelare opgestel het en eiehandig baie van hulle begrawe het, is ook verdag omdat na die dood van keiserAurelius in275 daar nie baie vervolgings was nie. Eutichianus was waarskynlik nie 'n martelaar nie. Die Roomse almanak uit die vierde eeu noem hom in die “Deposito Episcoporum” maar nie in die lys van martelare nie. Hy is begrawe in dieCallixtuskatakombe. 'n Fragment van sygrafskrif inGrieks “EUTYCHIANOS EPIS(KOPOS)” het bewaar gebly.

Verering

[wysig |wysig bron]

Sy feesdag is op8 Desember in dieRooms-Katolieke Kerk.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs. (Engelse vertaling van die Liber Pontificalis) Liverpool University Press.ISBN 0-85323-545-7

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metEutychius.
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)


Nota

[wysig |wysig bron]

Saamgestel uit dieNederlandse,Engelse,Duitse enFranse wiki’s.

Opvolging

[wysig |wysig bron]
Voorafgegaan deur
Felix I
Biskop van Rome
275283
Opgevolg deur
Gajus
1ste–4de eeue
Simon Petrus ontvang die sleutels van Christus
5de–8ste eeue
9de–12de eeue
Stefanus IV ·Paschalis I ·Eugenius II ·Valentinus ·Gregorius IV ·Sergius II ·Leo IV ·Benedictus III ·Nicolaas I ·Adrianus II ·Johannes VIII ·Marinus I ·Adrianus III ·Stefanus V ·Formosus ·Bonifatius VI ·Stefanus VI ·Romanus ·Theodorus II ·Johannes IX ·Benedictus IV ·Leo V ·Sergius III ·Anastasius III ·Lando ·Johannes X ·Leo VI ·Stefanus VII ·Johannes XI ·Leo VII ·Stefanus VIII ·Marinus II ·Agapetus II ·Johannes XII ·Benedictus V ·Leo VIII ·Johannes XIII ·Benedictus VI ·Benedictus VII ·Johannes XIV ·Johannes XV ·Gregorius V ·Silvester II ·Johannes XVII ·Johannes XVIII ·Sergius IV ·Benedictus VIII ·Johannes XIX ·Benedictus IX ·Silvester III ·Gregorius VI ·Clemens II ·Damasus II ·Leo IX ·Victor II ·Stefanus IX ·Nicolaas II · *Alexander II ·Gregorius VII ·Victor III ·Urbanus II ·Paschalis II ·Gelasius II ·Callixtus II ·Honorius II ·Innocentius II ·Celestinus II ·Lucius II ·Eugenius III ·Anastasius IV ·Adrianus IV ·Alexander III ·Lucius III ·Urbanus III ·Gregorius VIII ·Clemens III ·Celestinus III ·Innocentius III ·
13de–16de eeue
Honorius III ·Gregorius IX ·Celestinus IV ·Innocentius IV ·Alexander IV ·Urbanus IV ·Clemens IV ·Gregorius X ·Innocentius V ·Adrianus V ·Johannes XXI ·Nicolaas III ·Martinus IV ·Honorius IV ·Nicolaas IV ·Celestinus V ·Bonifatius VIII ·Benedictus XI ·Clemens V ·Johannes XXII ·Benedictus XII ·Clemens VI ·Innocentius VI ·Urbanus V ·Gregorius XI ·Urbanus VI ·Bonifatius IX ·Innocentius VII ·Gregorius XII ·Martinus V ·Eugenius IV ·Nicolaas V ·Callixtus III ·Pius II ·Paulus II ·Sixtus IV ·Innocentius VIII ·Alexander VI ·Pius III ·Julius II ·Leo X ·Adrianus VI ·Clemens VII ·Paulus III ·Julius III ·Marcellus II ·Paulus IV ·Pius IV ·Pius V ·Gregorius XIII ·Sixtus V ·Urbanus VII ·Gregorius XIV ·Innocentius IX ·Clemens VIII ·
17de–20ste eeue
21ste eeu
Simon Petrus ontvang die sleutels van Christus
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Pous_Eutichianus&oldid=2290478"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp