Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Pous Clemens XI

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pous Clemens XI
GeboortenaamGianfrancesco Albani
Pontifikaat begin23 November1700
Pontifikaat eindig19 Maart1721
VoorgangerInnocentius XII
OpvolgerInnocentius XIII
Gebore23 Julie1649
Urbino,Italië
Sterf19 Maart1721
Rome,Italië
Ander pouse genaamd Clemens

Clemens XI was die 243stepous van dieRooms-Katolieke Kerk vir 20 jaar, 3 maande en 25 dae, van1700 tot1721. Hy word veral onthou weens sybul "Unigenitus" en sy betrokkenheid by die Spaanse suksessie-oorlog.

Biografie

[wysig |wysig bron]

Pous Clemens XI[1][2] is gebore asGianfrancesco Albani (ook Giovanni Francesco Albani) op23 Julie1649 inUrbino,Italië. Hy is van Albanese afkoms uit die omgewing van die Kurbini-meer. Sy voorouer Michel Laçi, het Albanië verlaat met sy twee seuns George en Philippe wat is die leër van Skanderbeg teen die Turke geveg het. Hulle vestig hulle in Urbino en neem die naam Albini aan. George het twee seuns, Altobelli en Hannibal. Op sy beurt het Altobelli ook twee seuns, Horatius en Charles. Horatius trek na Rome en word benoem as senator deurPous Urbanus VIII. Charles was die pa van Gianfrancesco. Gianfrancesco word opgelei deur die Jesuïte in Rome. Hy was 'n briljante student en het onder die aandag gekom van koningin Christina van Swede. Op 28-jarige ouderdom word hy prefek van Rieti. Vervolgens kry hy poste in Sabina en Orvieto. By sy terugkeer na Rome word hy vikaris van die Sint Pieterskerk en sekretaris van pouslike briewe. Op13 Februarie1690 word hy kardinaal-diaken van Santa Maria in Aquiro, maar word eers priester in September 1700. Op23 November1700 volg hyPous Innocentius XII op. Hy was nie 'n biskop nie en word op30 November1700 biskop gewy en op8 Desember1700 as pous gekroon deur kardinaal Benedetto Pamphili. Hy regeer tot sy dood op19 Maart1721 en word opgevolg deurPous Innocentius XIII. Die naam ‘Clemens’ beteken 'sagmoedige'.

Kerklike loopbaan

[wysig |wysig bron]

Pontifikaat

[wysig |wysig bron]

Na die dood vanPous Innocentius XII het die kardinale aanvanklik vir kardinaal Mariscotti verkies, maar Frankryk het sy veto gebruik. Die kardinale het toe kardinaal Albani verkies asPous Clemens XI[3] Hy was 51 jaar oud. Sy pontifikaat is gekenmerk deur die Spaanse suksessie-oorlog. Karel V sterf tydens die konklaaf. Clemens steun aanvanklik Philippe V van Frankryk wat hom die gramskap van die Oostenrykers op die hals haal en ook probleme gee met investituur van die koninkryk van Napels en Sisilië. Die Oostenrykers onder leiding van keiser Joseph I, verower die noorde van Italië en die Franse kom nie die pous help nie. Hy word gedwing om Karel, aartshertog van Oostenryk as koning van Spanje te aanvaar op15 Januarie1709.

Clemens XI het twee bulle teen die Jansenisme uitgegee, "Vineam Domini" op16 Julie1705 en "Unigenitus" op8 September1713. Unigenitus het veral die Franse kerk getref omdat dit die 101 stellings van Quesnel as ketters veroordeel het. Hy het ook die fees van Maria se Onbevlekte Ontvangenis ingestel op6 Desember1708 enPous Pius V heilig verklaar. In 'n brief van23 April1718 stig hy die pouslike akademie vir teologie in Rome.

Hoewel hy in Italië gebore is, het Clemens Albanië as sy vaderland beskou. Hy gee verskeie beurse aan Albanese om in Rome te kom studeer. Hy organiseer die konsilie van Merqine de Lezhe om die islamitiesering van sy land teen te werk. Hy het ook die beroemde "Illyricum Sacrum" laat opstel deur Daniele Farlati en Dom. Coletti. "Illyrium" was destyds die naam vir die Balkanstreek wat Albanië insluit. Dit is vandag nog een van die vernaamste bronne vir die studie van Albanië en omstreke.

Die familie Albani het uitgesterf in 1852 met die dood van prins Don Philippe, laaste seun van Horatius III.

Die kollege van kardinale

[wysig |wysig bron]

Pous Clemens XI het 70 nuwe kardinale aangestel in 15 konsistories. Weens die omvang van die lys word dithier gehou.

Saligverklarings

[wysig |wysig bron]

Heiligverklarings

[wysig |wysig bron]

Bulle, briewe, ensiklieke en dekrete

[wysig |wysig bron]
  • 16 Julie1705 – "Vineam Domini" Teen Jansenisme.
  • 8 September1713 – "Unigenitus" Teen Jansenisme.
  • 1715 – "Ex Illa Die" Teen die toleransie van Confusianisme.
  • 8 September1718 - "Pastoralis officii" Ekskommunikasie van die Jansenistiese Appellante.

Bibliografie

[wysig |wysig bron]
  • Artaud de Montor, Alexis, Chevalier de. (1911) The lives and times of the popes (vertaal vanaf "Les vies des papes") The Catholic publication Society of America, New York. Heruitgee: Kessinger Publishing.http://www.saint-mike.org/library/ papal_library/default.asp
  • Duff, Eamon (2001).Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press.ISBN 0-300-09165-6.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002).Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson.ISBN 0-500-01798-0.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. De Montor, Artaud, Chevalier de. 1911. The Lives and Times of the Popes. The Catholic Publications Society, New York.
  2. Clement XI. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
  3. Loughlin, J. (1908). Pope Clement XI. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek: Januarie 29, 2011 by:http://www.newadvent.org/cathen/04029a.htm.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikisource
Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
  • Bulle 'n Databasis van pouslike ensiklieke, dekrete en bulle (in Engels)
  • Inskrywing in die Giga Catholic Information (Engels).
Wikimedia Commons bevat media in verband metClemens XI.

Nota

[wysig |wysig bron]

Saamgestel en vertaal uit dieNederlandse,Engelse,Duitse enFranse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

[wysig |wysig bron]
Voorafgegaan deur
Innocentius XII
Pous (Pontifex Maximus)
1700 – 1721
Opgevolg deur
Innocentius XIII
1ste–4de eeue
Simon Petrus ontvang die sleutels van Christus
5de–8ste eeue
9de–12de eeue
Stefanus IV ·Paschalis I ·Eugenius II ·Valentinus ·Gregorius IV ·Sergius II ·Leo IV ·Benedictus III ·Nicolaas I ·Adrianus II ·Johannes VIII ·Marinus I ·Adrianus III ·Stefanus V ·Formosus ·Bonifatius VI ·Stefanus VI ·Romanus ·Theodorus II ·Johannes IX ·Benedictus IV ·Leo V ·Sergius III ·Anastasius III ·Lando ·Johannes X ·Leo VI ·Stefanus VII ·Johannes XI ·Leo VII ·Stefanus VIII ·Marinus II ·Agapetus II ·Johannes XII ·Benedictus V ·Leo VIII ·Johannes XIII ·Benedictus VI ·Benedictus VII ·Johannes XIV ·Johannes XV ·Gregorius V ·Silvester II ·Johannes XVII ·Johannes XVIII ·Sergius IV ·Benedictus VIII ·Johannes XIX ·Benedictus IX ·Silvester III ·Gregorius VI ·Clemens II ·Damasus II ·Leo IX ·Victor II ·Stefanus IX ·Nicolaas II · *Alexander II ·Gregorius VII ·Victor III ·Urbanus II ·Paschalis II ·Gelasius II ·Callixtus II ·Honorius II ·Innocentius II ·Celestinus II ·Lucius II ·Eugenius III ·Anastasius IV ·Adrianus IV ·Alexander III ·Lucius III ·Urbanus III ·Gregorius VIII ·Clemens III ·Celestinus III ·Innocentius III ·
13de–16de eeue
Honorius III ·Gregorius IX ·Celestinus IV ·Innocentius IV ·Alexander IV ·Urbanus IV ·Clemens IV ·Gregorius X ·Innocentius V ·Adrianus V ·Johannes XXI ·Nicolaas III ·Martinus IV ·Honorius IV ·Nicolaas IV ·Celestinus V ·Bonifatius VIII ·Benedictus XI ·Clemens V ·Johannes XXII ·Benedictus XII ·Clemens VI ·Innocentius VI ·Urbanus V ·Gregorius XI ·Urbanus VI ·Bonifatius IX ·Innocentius VII ·Gregorius XII ·Martinus V ·Eugenius IV ·Nicolaas V ·Callixtus III ·Pius II ·Paulus II ·Sixtus IV ·Innocentius VIII ·Alexander VI ·Pius III ·Julius II ·Leo X ·Adrianus VI ·Clemens VII ·Paulus III ·Julius III ·Marcellus II ·Paulus IV ·Pius IV ·Pius V ·Gregorius XIII ·Sixtus V ·Urbanus VII ·Gregorius XIV ·Innocentius IX ·Clemens VIII ·
17de–20ste eeue
21ste eeu
Simon Petrus ontvang die sleutels van Christus

Basis URL:fr:Clément XI

Internasionaal
Nasionaal
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Pous_Clemens_XI&oldid=2495741"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp