Pous Clemens X[1] is gebore asEmilio Bonaventura Altieri op13 Julie1590 inRome,Italië. Hy was die seun van Lorenzo Altieri en Victoria Delphini. Die Altieri's was 'n voorname adellike familie met bande met die Colonna's en die Orsini's. Sy broer was kardinaal Giambattista Altieri senior. Hy was ook familie vanPous Benedictus XIII. Na voltooiing van sy studies word hy priester gewy op6 April1624 en word in1623 ouditeur van Johannes die Doper Lancelotti in Pole. By sy terugkeer na Rome word hy biskop van Camerino op29 November1627 en vervolgens goewerneur van Loreto op10 Desember1633 en later van die hele Umbrië.Pous Urbanus VIII gee hom die opdrag om die gebied te beskerm teen oorstromings van diePo-rivier.Pous Innocentius X stuur hom as nuntius na Napels op25 Desember1644 waar hy vrede bewerkstellig na die stormagtige dae van Masaniello.Pous Alexander VII stuur hom met 'n missie na Pole.Pous Clemens IX maak hom superintendent van die pouslike skatkis en in1667 sy "maestro di camera". Op27 November1669 bevorder Pous Clemens hom tot kardinaal. Na die begrafnis van Pous Clemens het 62 kardinale aan die konklaaf begin. Twee-en veertig stemme was nodig om tot pous verkies te word. Die konklaaf het vier maande geduur met hewige debatte. Kardinaal Giovanni Conti het 22 stemme gehad, kardinaal Rospigliosi, 'n neef van die oorlede pous, 30 en kardinaal Cerri 23. Na lang beraad het die kardinale 'n kompromis bereik en die tagtigjarige kardinaal Altieri verkies met 59 stemme. Altieri het eers beswaar gemaak weens sy ouderdom, maar op29 April1670 volg hyPous Clemens IX en word gekroon op11 Mei1670 deur kardinaal Francesco Maidalchini. Hy regeer tot sy dood op22 Julie1676 en word opgevolg deurPous Innocentius XI.Die naam ‘Clemens’ beteken 'die sagmoedige'.
Die familienaam Altieri het gevaar geloop om uit te sterf. Na sy kroning as pous het Clemens[2] die Paluzzi-familie aangeneem en voorgestel dat een van hulle sou trou met Laura Caterina Altieri. In ruil daarvoor het hy die oom van Laura se nuwe man, 'n kardinaal gemaak. Kardinaal Paluzzi-Altieri het kardinaal-nepoot geword en al die werk gedoen wat Clemens weens sy ouderdom nie kon doen nie. Clemens self het slegs die biskoplike funksies "beneficere et sanctificare" uitgevoer en die administrasie "regere et gubernare" aan die kardinaal oorgelaat.Op11 Junie1670 het hy die aflate gekoppel aan besoeke aan die heilige plekke in Palestina vasgestel soos in die dekrete vanPous Alexander VII enPous Clemens IX bepaal. In die selfde maand het hy die priesters van die Vatikaan toegelaat om 'n pers band om hulle hoede te dra.
In1671 publiseer die pous 'n edik waarin verklaar word dat 'n edelman handel mag dryf sonder om sy adellikheid te verloor, solank hy nie kleinhandel bedryf nie.
Op16 Oktober1672 laat pous Clemens die studente van die Duitse Kollege sweer dat hulle dadelik na die voltooiing van hulle studies na Duitsland sal terugkeer.
Op13 Januarie1672 reguleer Clemens die hantering van relikwieë. Niemand nag die relikwieë van heiliges uit die begraafplase verwyder nie sonder die toestemming van die kardinaal-vikaris. Relikwieë mag nie tentoongestel word vir verering sonder toestemming van die kardinaal-vikaris. Die belangrikste dele, d.w.s. die kop, arms, bene en liggaamsdele wat verwondinge dra mag slegs in kerke ten toon gestel word. Relikwieë mag nie aan privaat persone gegee word nie, behalwe aan prinse en hoë prelate. Hierdie voorskrifte word in1704 deurPous Clemens XI bevestig.
Die sendelinge inKanada was baie suksesvol en die aantal gelowiges het baie toegeneem. Pous Clemens skep toe die bisdom van Quebec wat direk aan Rome rapporteer. Die eerste biskop was Francois de Montmorency-Laval. In1673 kom Paul Menasius, 'n Skot, in Rome aan as die ambassadeur van die groothertog van Moskou. Hy wil die titel van tsaar vir sy opdraggewer bekom, maar slaag nie daarin nie. Die groothertog het die titel tog reeds aan homself toegeken.
Rome was ten tye van Clemens se pontifikaat onrustig. Kardinaal Altieri het 'n invoerbelasting van drie persent op alle goedere gehef. Die kardinale en ambassadeurs wat altyd van sulke belasting vrygestel is en lekker geld gemaak het, was baie moeilik. Uiteindelik is hulle vrygestel van die belasting na meer as 'n jaar se stryery.
Christina van Swede, wat Rooms geword het en na Rome gevlug het, het die pous die gebruik om Jode tydens karnaval in die strate rond te jaag, laat verbied. Sy reik in1686 'n verklaring uit waarin die Jode onder haar beskerming kom. Sy teken dit as "La Regina" (die koningin).
In 1675 het Clemens die 14de jubileum-jaar gevier. In weerwil van sy hoë ouderdom het hy al die kerke vyf keer besoek. Hy het twaalf keer na die Drie-eenheid hospitaal gegaan en die armes se voete gewas en aalmoese uitgedeel.
Clemens het die brug na die Engeleburg versier met die standbeelde van tien engele in Carrara-marmer. Hulle kan vandag nog bewonder word. Hy het ook twee pragtige fonteine op die Sint Pietersplein laat bou.
Pous Clemens het Francesco Lorenzo Brancati di Lauria aangestel as hoof van die Vatikaanse Biblioteek.
Hoewel Clemens die pous in naam was, het die burgers van Rome beweer dat kardinaal Altieri die werklike mag gehad het.
Duff, Eamon (2001).Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press.ISBN 0-300-09165-6.
Maxwell-Stuart, P. G. (2002).Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson.ISBN 0-500-01798-0.
↑Loughlin, J. (1908). Pope Clement X. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek Oktober 12, 2010 by:http://www.newadvent.org/cathen/04028b.htm