Pous Celestinus V[1] is gebore asPietro del Morrone (ookPietro Angelerio) in1215 inIsernia,Italië, die seun van Angelo Angelerio en Maria Leone en die elfde van twaalf kinders. Op5 Julie1294 volg hyPous Nicolaas IV op en regeer tot sy aftrede13 Desember1294. Hy is die eerste pous wat vrywillig afgetree het, die tweede isPous Benedictus XVI wat in 2013 afgetree het. Hy word opgevolg deurPous Bonifatius VIII. Die naam ‘Celestinus’ beteken 'hemelse'.
Pous Celestinus V[2] was 'n uitsonderlike pous in die laat dertiende eeu wat veral deur ryk en politiek verstrengelde pouse gekenmerk is. Hy was 'n monnik-kluisenaar en siener. Hy het sterk betoog teen die rykdom en wêreldlike mag van die kerk. Hy word pous op vyf-en-tagtigjarige leeftyd na 'nsedis vacatio van twee jaar. Op29 Augustus1294 word hy gekroon in die Sint Maria di Collemaggio-kerk in Aquilla.
Celestinus het gelyk na die vervulling van die verlange na 'n ‘Papa Angelicus’, 'n heilige en onwêreldse pous om die kerk te hervorm en weg te doen met die politieke invloede om sodoende die kerk voor te berei op die wederkoms van Christus. Waar sy voorgangers hulle invloed in die politiek laat geld het, was Celestinus 'n neutrale en baie charismatiese pous.
Celestinus was egter nie opgewasse teen die finansiële en politieke kompleksiteit van sy amp. Hy kon die probleme nie oplos met sy gebruiklike gebed en vas nie. Vyf maande en agt dae na sy verkiesing abdikeer hy, nadat hy self die kerkreg verander het om abdikasie van 'n pous moontlik te maak. Sy abdikasiebrief is geskryf deur kardinaalBenedetto Gaetani wat hom asPous Bonifatius VIII sou opvolg. Omdat Gaetani 'n opstand in die kerk gevrees het, het hy die afgetrede pous gevange geneem en in erbarmlike omstandighede aangehou in die Fumone kasteel in Ferentino.
Pous Celestinus V word as 'nheilige vereer in dieRooms-Katolieke Kerk en sy feesdag is op19 Mei. Sy lewe word uitgebeeld in twee toneelstukke, L’avventura di un povero cristiano (Die verhaal van 'n arm Christen) deur Ignazio Silone in1968 en Sunset and Glories deur Peter Barnes in1990.
Duff, Eamon (2001).Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press.ISBN 0300091656.
Maxwell-Stuart, P. G. (2002).Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson.ISBN 0500017980.
↑Loughlin, J. (1908). Pope St. Celestine V. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek op 25 November 2008 by:http://www.newadvent.org/cathen/03479b.htm