Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Pous Benedictus III

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pous Benedictus III
Pontifikaat begin29 September855
Pontifikaat eindig17 April858
VoorgangerLeo IV
OpvolgerNicolaas I
Gebore
Rome
Sterf17 April858
Rome,Italië
Ander pouse genaamd Benedictus

Benedictus III was die 104depous van dieRooms-Katolieke Kerk.

Biografie

[wysig |wysig bron]

Pous Benedictus III is gebore inRome die seun van Petrus. Op29 September855 volg hyPous Leo IV op en regeer tot sy dood op17 April858. Hy word opgevolg deurPous Nicolaas I. Die naam ‘Benedictus’ beteken 'die geseënde'.

Pontifikaat

[wysig |wysig bron]

Ten tye van sy verkiesing wasPous Benedictus III kardinaal van Sint Callisto. Oorspronklik is Adrianus verkies, maar hy het nie die verkiesing aanvaar nie. Na die verkiesing, maar voor die kroning van die pous, het 'n groep belangrike RomeineAnastasius III as pous verkies. Anastasius het die wettige pous uitRome verdryf, maar in September855 keer die wettige pous terug en word gekroon. Dit het aanleiding gegee tot die gerug dat Benedictus meer as een keer regeer het.

Benediktus het hom beywer vir die heiligheid van die huwelik en probeer om die morele verval van die adel en die hoë geestelikheid te keer. Hy het ook beswaar gemaak teen die afsetting van biskoppe deur die gewone gemeentelede in Engeland.

Pous Benedictus het tussenbeide getree in die konflik tussen die seuns vanLotarius I (Lotarius II,Lodewyk II enKarel II die Kale). Hy het ook Lotarius II tereggewys omdat hy onderdak verskaf het aan Ingeltrude, die vrou van hertog Boso wat weggeloop het. Ingeltrude het 'n internasionaleskandaal veroorsaak en die pous het haargeëkskommunikeer.

Daar is ook spekulasie dat Benedictus 'n fiktiewe persoon was, wat bedink is om diePousin Johanna uit die lys van pouse te skrap. Daar is egter tot nou toe geen bewyse daarvoor gevind nie. Die bestaan van 'n silwer munt met sy beeltenis skyn die teendeel te bewys.[1]

Bibliografie

[wysig |wysig bron]
  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press.ISBN 0-85323-545-7
  • Duff, Eamon.Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. pp 62–63.ISBN 0300091656
  • Maxwell-Stuart, P. G.Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002.ISBN 0500017980.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Garampi, "De nummo argenteo Bened. III", (Rome, 1749).

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikisource
Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)


Nota

[wysig |wysig bron]

Saamgestel en vertaal uit dieNederlandse,Engelse,Duitse enFranse wikipedia.

Opvolging

[wysig |wysig bron]
Voorafgegaan deur
Leo IV
Pous (Pontifex Maximus)
855858
Opgevolg deur
Nicolaas I
1ste–4de eeue
Simon Petrus ontvang die sleutels van Christus
5de–8ste eeue
9de–12de eeue
Stefanus IV ·Paschalis I ·Eugenius II ·Valentinus ·Gregorius IV ·Sergius II ·Leo IV ·Benedictus III ·Nicolaas I ·Adrianus II ·Johannes VIII ·Marinus I ·Adrianus III ·Stefanus V ·Formosus ·Bonifatius VI ·Stefanus VI ·Romanus ·Theodorus II ·Johannes IX ·Benedictus IV ·Leo V ·Sergius III ·Anastasius III ·Lando ·Johannes X ·Leo VI ·Stefanus VII ·Johannes XI ·Leo VII ·Stefanus VIII ·Marinus II ·Agapetus II ·Johannes XII ·Benedictus V ·Leo VIII ·Johannes XIII ·Benedictus VI ·Benedictus VII ·Johannes XIV ·Johannes XV ·Gregorius V ·Silvester II ·Johannes XVII ·Johannes XVIII ·Sergius IV ·Benedictus VIII ·Johannes XIX ·Benedictus IX ·Silvester III ·Gregorius VI ·Clemens II ·Damasus II ·Leo IX ·Victor II ·Stefanus IX ·Nicolaas II · *Alexander II ·Gregorius VII ·Victor III ·Urbanus II ·Paschalis II ·Gelasius II ·Callixtus II ·Honorius II ·Innocentius II ·Celestinus II ·Lucius II ·Eugenius III ·Anastasius IV ·Adrianus IV ·Alexander III ·Lucius III ·Urbanus III ·Gregorius VIII ·Clemens III ·Celestinus III ·Innocentius III ·
13de–16de eeue
Honorius III ·Gregorius IX ·Celestinus IV ·Innocentius IV ·Alexander IV ·Urbanus IV ·Clemens IV ·Gregorius X ·Innocentius V ·Adrianus V ·Johannes XXI ·Nicolaas III ·Martinus IV ·Honorius IV ·Nicolaas IV ·Celestinus V ·Bonifatius VIII ·Benedictus XI ·Clemens V ·Johannes XXII ·Benedictus XII ·Clemens VI ·Innocentius VI ·Urbanus V ·Gregorius XI ·Urbanus VI ·Bonifatius IX ·Innocentius VII ·Gregorius XII ·Martinus V ·Eugenius IV ·Nicolaas V ·Callixtus III ·Pius II ·Paulus II ·Sixtus IV ·Innocentius VIII ·Alexander VI ·Pius III ·Julius II ·Leo X ·Adrianus VI ·Clemens VII ·Paulus III ·Julius III ·Marcellus II ·Paulus IV ·Pius IV ·Pius V ·Gregorius XIII ·Sixtus V ·Urbanus VII ·Gregorius XIV ·Innocentius IX ·Clemens VIII ·
17de–20ste eeue
21ste eeu
Simon Petrus ontvang die sleutels van Christus
Internasionaal
Nasionaal
Akademie
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Pous_Benedictus_III&oldid=1808198"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp