Hierdie artikel handel oorAgato die 79stepous van dieRooms-Katolieke Kerk. Vir die Koptiese pous (654 –673) sienPous Agato (Kopties).
Pous Agato is van Griekse afkoms, gebore inSisilië aan die einde van die sesde eeu. Hy was 'n suksesvolle sakeman vir 'n groot deel van sy lewe. Laat in sy lewe word hy 'n Benediktynse monnik in die Sint Hermas-klooster inPalermo. Op27 Junie678 volg hyPous Donus op en regeer tot sy dood aan die pes, op10 Januarie681. Hy word opgevolg deurPous Leo II. Die naam ‘Agato’ beteken 'die Goeie' inGrieks.
Pous Agato het self die finansies van die kerk bestuur. Net voor sy verkiesing is Wilfrid van York deur Theodore,aartsbiskop van Kantelberg, uit sy amp gesit. Agato het Wilfrid in sy amp herstel en het die Gregoriaanse gesange inEngeland ingevoer.
In680 begin hy 'n sinode inRome wat later die sesde ekumeniese raad vanKonstantinopel (7 November680 tot16 September681) sou word. Beide die keiser,Konstantyn IV en die biskoppe het deelgeneem. Die leer van dieMonotelitisme, wat nog populêr was inBisantium word veroordeel in 'n dogmatiese brief van die pous en het hiermee gou tot 'n einde gekom.
Pous Agato word as heilige vereer in dieRooms-Katolieke Kerk en dieGrieks-Ortodokse Kerk. Hy het baie wonderwerke beskrywe en word ook die 'Wondermaker' genoem. Sy feesdag is10 Januarie in dieRooms-Katolieke Kerk en op20 Februarie in dieOosters-Ortodokse Kerk. Hy is die beskermheilige vanPalermo.
- Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press.ISBN 0-85323-545-7
- Duff, Eamon.Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. bl. 62–63.ISBN 0-300-09165-6
- Maxwell-Stuart, P. G.Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, bl. 47.ISBN 0-500-01798-0.
 | Wikimedia Commons bevat media in verband metAgatho. |
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Saamgestel en vertaal uit dieNederlandse,Engelse,Duitse enFranse wikipedia.
|
|---|
|
| 1ste–4de eeue | | |
|---|
| 5de–8ste eeue | |
|---|
| 9de–12de eeue | |
|---|
| 13de–16de eeue | |
|---|
| 17de–20ste eeue | |
|---|
| 21ste eeu | |
|---|
|
|
|---|
| Internasionaal | |
|---|
| Nasionaal | |
|---|
| Mense | |
|---|