Pous Adrianus IV[1] is gebore asNicholas Breakspear (ookNicholas Breakspeare) ongeveer in1100 inAbbots Langley,Hertfordshire. Sy vader Robert was 'n pater van die Benediktyner klooster van Sint Albans. Nicholas het sy opvoeding aan die kloosterskool gekry. Hy wou tot die klooster toetree maar is geweier. Hy het toe sy opleiding inParys voltooi. InFrankryk tree hy is die klooster byArles, waar hy in1137 tot ab verkies word. As ab was hy 'n ywerige hervormer. Dit gelei tot klagtes teen hom by die pous.Pous Eugenius III het hom egter tot kardinaal-biskop van Albano bevorder. Van1152 tot1154 was Nicholas pouslike legaat in Skandinawië. Hy was betrokke by die vestiging van die aartsbisdomTrondheim en die instelling van 'n metropoliet virSwede, wat afgeskei is van die aartsbisdomLund. In November1154 keer hy terug naRome. Op4 Desember1154 volg hyPous Anastasius IV op en regeer tot sy dood op1 September1159. Hy word opgevolg deurPous Alexander III. Die naam ‘Adrianus' beteken 'inwoner van Adrië'.
Pous Adranus IV het sy pontifikaat begin deur op te tree teen die republikeine inRome. Met die hulp van keiser Frederik I Barbarossa is hulle verslaan en hulle leier Arnold van Brescia geëkskommunikeer en op die brandstapel tereggestel. Uit dankbaarheid kroon die pous Frederik tot keiser in dieSint Pieterskerk op18 Junie1155. Sedertdien is die woord "Heilige" aan dieHeilige Romeinse Ryk toegevoeg.
In1155 vaardig Adrianus diebul "Laudabiliter" uit, waarin hy die outoriteit van die Kerk oor dieBritse eilande herbevestig. KoningHendrik II van Engeland gebruik die bul om in1171 sy aanspraak op die soewereiniteit oorIerland te bevestig. Die Catholic Encyclopedia betwis dit en dui aan dat 'n ander brief die investituur gestel het en dat dit later deurPous Alexander III bevestig is.[2]
Kort na die kroning van Barbarossa het Bisantynse troepe van die keiser van die Oos-Romeinse Ryk die suide vanItalië by Apulia binne geval. Die suide van Italië en veralSisilië was onder die beheer van die Normandiërs. Adrianus wou die pouslike mag in Suid Italië uitbrei en sommer ook die skisma van1054 ophef. Hy steun dus die Bisantynse keiser Manuel Comnenus. Keiser Comnenus wou graag die ou Romeinse Ryk herstel.Aanvanklik het dit gewerk, maar uiteindelik word die keiser en die pous se troepe verslaan by die slag van Brindisi. Dit was die laaste poging van Bisantium om Italië te verower. Die pous het ook sy begeerte, om hoof van die ortodokse kerk te word, daarmee vir altyd verloor.
Op die Ryksdag vanBesançon in Oktober1157 verset Adrianus hom deur middel van sy gesantOrlando Bandinelli, (die laterePous Alexander III) teen keiser Frederik I Barbarossa, oor die kwessie van die aanstelling van biskoppe. Die pous het 'n brief aan die keiser geskrywe, wat sleg vertaal is. Die woord "beneficia" is vertaal met 'n feodale betekenis. Die keiser het die uitleg, dat hy 'n vasal van pous sou wees, as 'n ernstige belediging gesien. Adrianus het wel in 'n tweede brief probeer om die saak op te helder, maar die verhouding tussen die pous en die keiser het finaal verbrokkel. Die pous was op die punt om die keiser teekskommunikeer toe hy op1 September1159 in Anagni sterf.
Duff, Eamon (2001).Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press.ISBN 0300091656.
Mackie, John Duncan (1907). Pope Adrian IV: The Lothian Essay, 1907. Blackwell.
Maxwell-Stuart, P. G. (2002).Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson.ISBN 0500017980.
Norgate, K. « The Bull Laudabiliter », The English Historical Review, vol. 8, no29 (Januarie 1893), p. 18-52.
Ullmann, W. "The Pontificate of Adrian IV", Cambridge Historical Journal 11 (1955), p. 233-252.