Die pous is volgens die Katolieke Kerk die regmatige opvolger vanPetrus, en daarmee die leier van die hele Christelike Kerk wêreldwyd. Dit word egter ontken deur die kerke wat ontstaan het uit diereformasie (sooslutheranisme,calvinisme,presbiterianisme ens.), asook deur dieKoptiese Kerke in Egipte en Ethiopië, dieOrtodokse Kerke in Oos-Europa en Griekeland, en Nestoriaanse en Armeense Kerke in die Midde Ooste. Die pous word deur die Katolieke gesien as dissipel vanChristus en eerste leier van die Kerk, as die plaasbekleder (nieplaasvervanger nie) van Christus op aarde. Die woord plaasvervanger suggereer 'n gelykskakeling met Christus, wat nie die bedoeling is nie. Die pous "beklee" slegs die plek van Christus.
Hy verenig in sy persoon die hoogste geestelike mag, d.w.s. die hoogsteleergesag, asook die opperstewetgewende enregterlike mag. Tog is sy mag nie uniek in die Kerk nie, want die biskoppe het belangrike beslissingsmag, in groot mate onafhanklik van die pouslike gesag. Die huidige pous is sedert13 Maart2013 dieArgentyneJorge Mario Bergoglio oftewelPous Franciskus.
Ook dieKoptiese kerk inEgipte het 'n pous. In die Koptiese kerk is die pous die opvolger van die evangelisMarkus. Die huidige Koptiese pous isTawadros II.
Sowel die Koptiese as die Rooms-Katolieke pous het hulle oorsprong in die vroeëre christelike funksie vanpatriarg (aartsvader).
Die uiterlike tekens van sy amp, wat volgens die tradisie teruggaan na die oudsteRomeinse gebruike, is die wittoga, soms gekombineer met 'n rooi mantel, die kruisstaf en die pontifikalevissersring. Vroeër is ook dietiara of driekroon, die draagstoel, dietroon en diebaldakyn gebruik. Die laaste drie is deurPous Paulus VI in die sestiger jare van die 20ste eeu afgeskaf. Die tiara stam eintlik uit 'n voor-christelikePersiese tradisie. In die9de eeu het pouse vir die eerste keer 'n tiara gedra en wel met één kroon. OnderBonifatius VIII is 'n tweede en onderBenedictus XII 'n derde kroon bygevoeg.Paulus VI het – assimbool – sy tiara ten gunste van die armes van Rome afgelê. Daarna het geen pous die tiara laat opsit by sy kroning nie. Teoreties kan 'n pous sy amp na eie keuse neerlê, maar pouslike aftrede is baie seldsaam.Pous Celestinus V tree op 13 Desember1294 af,Pous Gregorius XII in1415 enPous Benedictus XVI in 2013. Tradisioneel beklee pouse egter die amp tot hulle dood.
Die staatVatikaanstad herberg nog steeds die beroemdeSwitserse wag, 'n milisie wat tans naas 'n seremoniële funksie ook dien as lyfwag en paleiswag. Vir die verdediging van die voormaligeKerkelike Staat was daar vroeër nog 'n normale leër, sowel as enkele kleiner korpse vir spesifieke take.
Die pous is eerstens die 'opperherder' van die Katolieke Kerk en het as sodanig 'n saambindende, bysturende en leidende funksie oor sy 'kudde'. By dispute oor geloofskwessies het hy die laaste en beslissende woord. Teenswoordig probeer die pous antwoorde vind op die baie vrae wat voorkom onder lidmate as reaksie op die grotendeels ontkerklikte moderne wêreld. In vroeër eeue het die pous baie invloed op die rigting van die Westerse beskawing gehad, maar dit het sterk verminder na die reformasie toe die grootste deel van Noord en Wes Europa hulle nie meer aan die uitsprake van die pous gebind geag het nie.
Verder het die pous 'n aantal funksies wat in aard en omvang nogal van mekaar verskil. Tot die volledige titulatuur van die pous behoort tot op hede: plaasbekleder van Jesus Christus, opvolger van Petrus, opperherder van die universele kerk, patriarg van die Weste, primaat van Italië, aartsbiskop en metropoliet van die Romeinse kerkprovinsie, biskop van Rome, soewerein van die staat Vatikaanstad. Wêreldlike en kerklike, lokale of regionale en universele bevoegdhede loop deurmekaar.
Na die dood (of aftrede) van die pous is dieHeilige Stoel vakant; die periode waarin daar nie 'n pous is nie, wordsedis vacatio genoem. Dit begin met dienovemdiales. Binne 15 tot 20 dae vergader diekardinale inRome vir die hou van 'nkonklaaf (= agter slot). 'n Minimum van 120 kardinale jonger as 80 jaar word vereis vir 'n wettige konklaaf. 'n Konklaaf word in die geheim gehou en daarom word die kardinale, totdat 'n nuwe pous gekies is, van die buitewêreld afgesluit. In alle waarskynlikheid word één van die kardinale wat aanwesig is in dieSixtynse kapel as pous gekies (maar teoreties kan elke gedoopte katolieke man gekies word, op voorwaarde dat hy dadelik na die aanvaarding van die verkiesing tot biskop gewy word).
Die kandidaat moet in beginsel met 'n tweederde meerderheid verkies word. Diekollege van kardinale kan egter, na 30 stemrondes sonder resultaat, besluit om die pous met 'n gewone meerderheid te verkies.Die kardinaal-deken (voorsitter) of (as hy verkies is die oudstekardinaal) vra dan aan die verkose kardinaal:
"Aanvaar U?"
Vanaf die oomblik dat die kardinaal wat verkies is, 'n bevestigende antwoord gee, besit hy die mag vanBiskop van Rome. Daarna vra die Kardinaal aan die nuwe Pous:
“Hoe wil U genoem word?“
Die pous kies dan sy nuwe naam. Die orige kardinale wens die nuwe pous geluk en hy word na dieSaal van Trane geneem, waar hy sy nuwe wit toga kry. Vervolgens word hy op die balkon van dieSint Pieterskerk aan die wagtende menigte voorgestel.
(Vertaling:"Ek verkondig u met groot vreugde; ons het 'n Pous: die mees eminente en mees hoogwaarde heer, die heer [naam], kardinaal van die Heilige Roomse Kerk, [familienaam], wat die naam [pousnaam] aangeneem het." )
Die nuwe pous spreek daarna 'n paar woorde en gee dan vir die eerste keer die apostoliese seënUrbi et Orbi. Die hele prosedure vir die verkiesing van 'n pous is noukeurig vasgelê in die Apostoliese KonstitusieUniversi Dominici Gregis.
Die laaste nie-Europese pous is Leo XIV (2025–hede), 'nAmerikaner enPeruaan.
Die naam wat die meeste deur pouse gekies is, isJohannes (23 keer), gevolg deurGregorius (16 keer) enBenedictus (16 keer)
Van die pouse waarvan die leeftyd bekend is, wasPous Celestinus III (1191–1198) die oudste toe hy verkies is. Hy was toe 86 jaar. Pous Agatho sou in 681 op 104-jarige leeftyd pous geword het en tot 107 pous gebly het, maar daar is onvoldoende bewys daarvoor.
Pous Leo X was die jongste toe hy op 37-jarige leeftyd verkies is. (weereens van die pouse van wie die geboortedatum bekend is).
Diepontifikaat vanPous Pius IX het 31 jaar, 7 maande en 16 dae (1846–1878) geduur. Hy is daarmee die langs regerende pous van almal (Petrus uitgesonder).
Adriaan Boeyens (2 Maart 1459 – 14 September 1523) uit Utrecht was die enigste Nederlandse Pous, Adrianus VI. Omdat Utrecht en dieNederlande destyds deel was van dieHeilige Romeinse Ryk reken die Duitsers hom ook as Duitse pous. Hy is ook die enigste Pous na die klassieke tyd wat sy eie naam gehou het as pousnaam.