Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Mokopane

Koördinate:24°11′S29°01′O / 24.183°S 29.017°O /-24.183; 29.017
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanafPotgietersrus)
Mokopane

Potgietersrus
Mokopane is in Limpopo
Mokopane
Mokopane
 Mokopane se ligging in Limpopo
Koördinate:24°11′S29°01′O / 24.183°S 29.017°O /-24.183; 29.017
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieLimpopo
DistrikWaterberg
MunisipaliteitMogalakwena
Stigting1907
Regering
 • TipePlaaslike Munisipaliteit
 • BurgemeesterRdl. Tlhalefi Mashamaite (ANC)
Oppervlak
 • Totaal75,13 km2 (29,01 vk. myl)
Hoogte
1 130 m (3 710 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal30 151
 • Digtheid401/km2 (1 040/vk. myl)
Rasverdeling(2011)
 • Wit mense27.6%
 • Indiërs/Asiërs4.4%
 • Bruin mense0.7%
 • Swart mense66.7%
 • Ander13.8%
Taal(2011)
 • Noord-Sotho46.5%
 • Afrikaans27.8%
 • Engels7.4%
 • Tsonga4.4%
 • Ander13.8%
Poskode(strate)
0600
Poskode(posbusse)
0600
Skakelkode015
Webwerfhttp://www.mogalakwena.gov.za/

Potgietersrus ofMokopane (voorheen Vredenburg, Pieter Potgietersrus en Potgietersrust[2]) is 'n dorp in dieLimpopoprovinsie vanSuid-Afrika. Die dorp is oorspronklik deur dieVoortrekkers gestig en genoem na die VoortrekkerleierPiet Potgieter. Die naam is in2003 na Mokopane verander, na die kaptein wat Piet Potgieter vermoor het. Dit is die tuiste vanNoord-Ndebelesprekende stamme, asookEngels-,Afrikaans-,Noord-Sotho- enTsonga-sprekendes.

Daar is vyf koninkryke in die omgewing: Kekana (Moshate), Langa (Mapela), Gegana (Mshade), Lebelo (Garasvlei) en Langa (Bakenburg). Die stad se naam sou eers naMngombane verander word omdat dit die oorspronklike koning se naam was (en nie Mokopane nie).

Toerisme

[wysig |wysig bron]

Die stad is net twee uur se ry vanGauteng af en is dus die perfekte oornagplek vir reisigers op pad naBotswana,Zimbabwe en dieKrugerwildtuin. Die gebied is tipies bosveld met baieakasiabome enaalwyne, wat inJunie enJulie op hulle mooiste is.

DieMakapansgat is sowat 25 km noordoos van Mokopane.

Ekonomie

[wysig |wysig bron]

Mokopane is een vanSuid-Afrika se rykste landbougebiede en produseerkoring,tabak,katoen,vleis,mielies,grondbone ensitrusvrugte. Die Zebediela-sitruslandgoed, 55 km na die suidooste, is een van die grootste sitrusplase in dieSuidelike Halfrond.

Die gebied is ook ryk aanminerale, met die ontginning vanplatinum,diamante en graniet as hoofbedrywighede.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,11,21,3"Hoofplek Mokopane".Sensus 2011.
  2. "Dictionary of Southern African Place Names (Public Domain)". Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. p. 373.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Setel:Modimolle
Thabazimbi
Waterberg District within South Africa
Waterberg District within South Africa
Lephalale
Modimolle–Mookgophong
AlmaLesidengModimolle (ou Nylstroom) •Mookgophong (ou Naboomspruit) •PhagamengRoedtanVaalwater
Bela-Bela
Mogalakwena
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Mokopane&oldid=1889056"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp