Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Potas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Potas

Potas in sy oorspronklike betekenis is die verbrandingsreste van 'n plantaardige materiaal (as) wat in 'n geslotepot bewaar word. Later is die betekenis van die woord baie uitgebrei tot enige van verskeie ontginde en vervaardigde soute watkalium in wateroplosbare vorm bevat. hoewel die HAT ditminder korrek noem.

Chemiese eienskappe

[wysig |wysig bron]
Houtas

Plante-as is op baie plekke en deur verskeie kulture lank gebruik om vanuit vet of olieseep te vervaardig. Dis 'n ou stuk chemiese tegnologie wat eers baie eeue later beter verstaan is. Daar is byvoorbeeld bekend dat in die Wes-Kaap die Khoekhoe die as vangannabos gebruik het om vette van wasbessies te verseep.[1]

Die as van plante en bome bevat gewoonlikkaliumkarbonaatK2CO3 wat beidehigroskopiese enbasiese eienskappe het. Die higroskopiese eienskappe verklaar waarom dit dikwels in 'n toe pot bewaar is.Bytpotas, oftewelKOH kan vervaardig word deur 'n oplossing van potas metgebluste kalk te kook:[2]

K2CO3+Ca(OH)22KOH(aq)+CaCO3(s){\displaystyle K_{2}CO_{3}+Ca(OH)_{2}\rightarrow 2KOH(aq)+CaCO_{3}(s)\downarrow }

Hiermee word die oplossing nog sterker basies.

Etimologie

[wysig |wysig bron]

Die Arabiere hetseewier verbrand en die produkal-qalī genoem, na 'n werkwoordqalāj wat braai of kook beteken. Hierdie stof het reeds in die tyd vanAlbertus Magnus (ong. 1200-1280) in Wes-Europa bekend geword. Hierdie teoloog en alchemis het dit beskryf en ditalkali genoem.[3] Plante is ook in Europa vir die vervaardiging van seep verbrand. Dit was dikwels houtas van bladwisselende bome.[4] in Middelnederlands word in 1447 van die meervoudpotasschen ofweedassche gepraat. Die woord potas is later deur talle ander tale oorgeneem, soos in Sweedspottaska (1546), Engelspotash (1615) of DuitsPottasche (1716)[3]

Die Arabiere het egter nóg 'n stof geken wat vir verseping gebruik kan word, natron of soda. Dit is 'n mineraal wat in die woestyn aangetref word. Dit bevatnatriumkarbonaatNa2CO3 pleks van kaliumkarbonaat maar die twee stoffe is lank met mekaar verwar. Klaproth het die verskil besef en die termekali vir die plantaardige ennatron vir die minerale produk ingevoer. Sir Humphry Davis het in 1807 hieruit twee verskillende elemente vrygestel, wat hy in Engels potassium en sodium genoem het. In Duits, Nederlands en Afrikaans het dit egter natrium en kalium geword. Opmerkelik is dat Arabies juisbūtāsiyūm gebruik met 'n Middelnederlandse etimologie, terwyl Nederlands en Afrikaans 'n woord met Arabiese wortels gebruik.[3]

Uitgebreide betekenis

[wysig |wysig bron]

In later tye is die gebruik van kaliumhoudende materiale baie uitgebrei. Vandag word hulle wêreldwyd geproduseer in hoeveelhede van meer as 30 miljoen ton per jaar, meestal vir gebruik inkunsmis. Nie alle minerale wat kalium bevat kan daarvoor gebruik word nie omdat die meeste silikate is wat moeilik opgelos kan word. Die term potas word vandag dikwels gebruik vir enig mineraal wat oplosbare kaliumverbindings bevat. Die kaliuminhoud word dikwels as %K2O weergegee, hoewel dieoksiedK2O en die vrye metaal kalium self selde buite chemiese laboratoriums gebruik word.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Abrahams, Yvette. (2014).""Moving Forward to Go Back: Doing Black Feminism in the Time of Climate Change."".Agenda: Empowering Women for Gender Equity.28 (3 (101)): 45–52. Besoek op23 Julie 2023.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  2. Ingerman, D.; Koning, T.; Koning, C.R. (1923).Grondbeginselen der scheikunde. Tjeenk Willink.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  3. 3,03,13,2N. van der Sijs."Potas". Etymologiebank.{{cite web}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  4. "Zeep zieden is een oud ambacht". Historia.
Wikimedia Commons bevat media in verband metPotash.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Potas&oldid=2645505"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp