Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Eksotiese atoom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanafPositronium)

’nEksotiese atoom is ’n andersins gewone atoom waarin een of meer subatomiese deeltjies vervang is deur ’n ander deeltjie met dieselfdelading. ’nElektron kan byvoorbeeld vervang word deur ’n ander negatiewe deeltjie soos ’nmuon (muon-atoom) ofpion (pion-atoom).[1][2] Omdat hierdie vervangende deeltjies gewoonlik onstabiel is, het tipiese eksotiese atome ’n baie kort leeftyd.

’n Hadron-atoom is ’n atoom waarin die elektrone vervang is deur ’n gelaaidehadron.[3] Moontlike hadrone sluit inmesone soos diepion ofkaon.

Onium

[wysig |wysig bron]

’n Onium is die gebonde toestand van ’n deeltjie en syantideeltjie. Die klassieke onium is diepositronium, wat bestaan uit ’n elektron en ’npositron wat gebonde is in ’n metastabiele toestand. Positronium word sedert die 1950's bestudeer om die gebonde toestande in diekwantumveldteorie te verstaan. Pionium is ’n gebonde toestand tussen twee pione met ’n teenoorgestelde lading.

Muonium is, ondanks sy naam, nie ’n onium wat uit ’n muon enantimuon bestaan nie, omdat dié naam gebruik word vir ’n stelsel wat uit ’n antimuon en ’n elektron bestaan. Die vervaardiging van ’n muon/antimuon-gebonde toestand, wat ’nonium is, is egter teoreties moontlik.[4] Net so istauonium die gebonde toestand van ’ntau en ’n elektron.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. § 1.8,Constituents of Matter: Atoms, Molecules, Nuclei and Particles, Ludwig Bergmann, Clemens Schaefer, and Wilhelm Raith, Berlin: Walter de Gruyter, 1997,ISBN 3-11-013990-1.
  2. Exotic atomsGeargiveer 22 Desember 2007 opWayback Machine, AccessScience, McGraw-Hill. URL besoek op 26 September 2007.
  3. p. 3,Fundamentals in Hadronic Atom Theory, A. Deloff, River Edge, New Jersey: World Scientific, 2003.ISBN 981-238-371-9.
  4. [1] DOE/SLAC National Accelerator Laboratory (2009, June 4).Theorists Reveal Path To True Muonium – Never-seen Atom. ScienceDaily. URL besoek op 7 Junie 2009.

Eksterne skakel

[wysig |wysig bron]
Elementêr
Fermione
Kwarke
Leptone
Bosone
Ykbosone
Skalaar
Ander
Spoke
Hipoteties
S-deeltjies
Gaugino's
Ander
Aksino • Chargino • Higgsino • Neutralino • Sfermion
Ander
Aksion • Dilaton •Graviton • Majoron • Majorana-fermion • Magnetiese monopool • Tachion •X-bosonX-boson|Y-boson • W'-boson • Z'-boson •Steriele neutrino
Saamgestel
Hadrone
Barione /Hiperone
Mesone /Kwarkoniums
Ander
Hipoteties
Eksotiese hadrone
Eksotiese barione
DibarionPentakwark • Skirmion
Eksotiese mesone
Ander
Meson-molekule • Pomeron
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Eksotiese_atoom&oldid=2444902"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp