Portugal (Portugees: [puɾtuˈɣal],luister(hulp·inligting)), amptelik diePortugese Republiek (República Portuguesa, [ʁɛˈpublikɐ puɾtuˈɣezɐ]), is 'ndemokratieserepubliek geleë in die suidwestelike hoek vanEuropa op dieIberiese Skiereiland waarvan dit sowat 'n sesde beslaan. Portugal word begrens deurSpanje in die noorde en ooste, met 'n gemeenskaplike grens wat oor 'n afstand van sowat 1 300 km loop, en deur dieAtlantiese Oseaan in die weste en suide. Wes van die hoofstadLissabon lêKaap Roca, die westelikste punt op die Europese vasteland. Ook dieAsore- enMadeira-eilandgroepe maak deel uit van Portugal. Dit beslaan 'n oppervlakte van 92 090 km² en het in 2024 'n bevolking van 10 343 066 gehad.[1]
Die in die 12de eeu gestigte Koninkryk Portugal het in die 15de eeu die tydperk van ontdekkings geïnisieer en in die eerste globalekoloniale ryk ontwikkel. Die Koninkryk het die eerste en een van die grootste koloniale ryke met besittings inAfrika,Asië enSuid-Amerika geword, met sy agteruitgang wat in die 17de eeu begin het. In 1910 is die Portugese monargie in 'n militêre opstand verwyder en koning Emmanuel II is in ballingskap gedwing. Die Eerste Portugese Republiek is op 5 Oktober 1910 uitgeroep en het tot en met generaal Gomes da Costa sestaatsgreep in 1926 bestaan. Daarna was die land vir meer as 40 jaar onder die outoritêre diktatorskap vanAntónio de Oliveira Salazar. Die Angelierrewolusie op 25 April 1974 het dié regime omvergewerp en die pad gebaan vir die demokratiese Derde Portugese Republiek. Gelyktydig is die oudste koloniale ryk beëindig en in 1975 ontbind. Portugal is 'n lidstaat van dieNoord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO, sedert 4 April 1949), dieVerenigde Nasies (VN, sedert 14 Desember 1955), die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO, sedert 1961) en dieEuropese Unie (EU, sedert 1 Januarie 1986). In 1999 het die land by dieeurosone aangesluit; sedert 2002 is Eurobanknote en -muntstukke in omloop.
Portugal was oor 'n lang tydperk 'n emigrasieland; belangrike sentrums van die Portugese kultuur in diediaspora bestaan inFrankryk en in dieVerenigde State (met sowat een tot twee miljoenPortugese elk) asook inBrasilië,Angola,Mosambiek,Switserland enLuxemburg. Brasilië en Spanje is belangrike bilaterale vennote.Toerisme is 'n belangrikeekonomiese sektor. Met sowat 17 miljoen toeriste elke jaar (in 2015)[7] is Portugal een van die mees besoekte lande wêreldwyd, gewilde bestemmings sluit inAlgarve en die streek rondom die hoofstad Lissabon, maar ook die twee eilandgroepe Asore en Madeira. Die land is vir sywynbou bekend, veralPortwyn, en 'n belangrike verskaffer van kurk.
Die woord "Portugal" is afgelei van die saamgesteldeRomeins-Keltiese pleknaamPortus Cale[8][9] (op die plek van die huidige nedersettingsPorto enVila Nova de Gaia).Porto kom vanLatyn virhawe,portus;Cale se betekenis en oorsprong is onbekend. Die algemeenste verklaring is 'netnoniem ontleen aan dieCallaeci, ook bekend as dieGallaeci wat die noordweste van dieIberiese Skiereiland bewoon het.[10] Volgens 'n ander teorie isCale afgelei van die Keltiese woord vir "hawe".[11] Volgens 'n ander teorie wasCala 'n Keltiese godin. Sommige Franse geleerdes meen dat dit dalk afgelei is vanPortus Gallus,[12] die "hawe van dieGalliërs".
Teen 200 v.C. het die Romeine tydens dieTweede Puniese Oorlog Iberië van dieKartage verower. In dié proses het hulleCale verower, dit inPortus Cale ("Hawe van Cale") hernoem en by die provinsieGallaecia ingelyf. Tydens dieMiddeleeue het dieSuebe enWes-Gote na die gebied rondom Portus Cale verwys asPortucale. In die 7de en 8ste eeue is die naamPortucale verander inPortugale en teen die 9de eeu is dié term gebruik om na die gebied tussen die riviereDouro enMinho te verwys. Gedurende die 11de en 12de eeue is naPortugale,Portugallia,Portvgallo ofPortvgalliae reeds verwys asPortugal.
Volgens skattings is die gebied van die huidige Portugal reeds sowat 500 000 jaar gelede deurHomo heidelbergensis en later deurHomo heidelbergensis se nasaatNeanderdaller bewoon. Uit 'n grot (Lapa do Picareiro) naby die Atlantiese kus in Sentraal-Portugal kom die vroegste vonds inWes-Europa van die anatomies modernemens (Homo sapiens). Die ontdekte steengereedskap is op 'n ouderdom van 41 100 tot 38 100 jaar gedateer.[13][14] Rotstekeninge uit diePaleolitikum, wat die belangrikste van hulle soort wêreldwyd is, is op 'n ouderdom van tussen 22 000 tot 8 000 jaar gedateer.[15] Hoewel die oorgang na dieNeolitikum laat gebeur het, het veral in Suid-Portugal diekoperverwerking baie spoedig gevestig. Die eerste handelsbetrekkinge met ander Europese streke van Europa is uit hierdie tydperk gedokumenteer. Van 800 v.C. af hetFenisiërs handelsplekke langs dieAlgarve gestig. Van omtrent 600 v.C. hetGrieke in die oostelike en noordoostelike gebiede talle klein nedersettings gestig. Teen die 6de tot die 3de eeu v.C. het in verskeie golweKelte geïmmigreer en met die Iberiërs gemeng. Naas die Kelte word ook die Lusitaniërs genoem, wat 'n besondere weerstand ontbied het teen dieRomeine en waarvan dieLatynse landsnaam afgelei is.[16] Uit die vermenging van die Kelte met die inheemse kultuur het dieKeltiberiërs ontstaan.
Van 450 v.C. af is die suidelike Iberiese Skiereiland deurKartago gekoloniseer. Tot in 206 v.C. het die Romeine daarin geslaag om die Kartage te verdryf. Tydens die Tweede Puniese Oorlog, waarin talle Lusitaansehuursoldate vir Kartago geveg het, het Rome 'n teenaanval op die Iberiese Skiereiland geloods wat met 'n Romanisering gepaard gegaan het.[17] Aanvanklik is die Portugese gebied deur die Romeine as deel van die provinsieHispania ulterior bestuur en vanAugustus se bewind af onder die naamLusitania as 'n provinsie op sy eie wat naas 'n groot deel van die huidige Portugal ook gebiede in die weste van die huidige Spanje ingesluit het. In Noord- en Noordoos-Portugal het die Romeine hewige weerstand in die gesig gestaar; eers in 19 v.C. kon hulle die gebied onderwerp. Daarna is die gebied sterk geromaniseer, stede is volgens Romeinse voorbeeld aangelê, Romeinse strate, villae en myne het ontstaan, en saam met die setlaars isVulgêrlatyn, waaruit laterPortugees ontstaan het, en dieChristendom saamgebring.[18] Die Romeinse bewind het met dieVolksverhuising geëindig;Suebe (van 409 af),Alane,Vandale en veralWes-Gote (van 416 af) het binnegeval en op die gebied van die huidige Portugal kortstondige ryke gestig. Slegs die Suebe se ryk het ietwat langer bestaan, hul ryk rondomBraga is egter in 456 deurTeodorik II en in 585 vir 'n tweede keer deurLeovigild vernietig.[19]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Portugese Ryk.
Die Iberiese Skiereiland teen 1036; Portugal het nog nie bestaan nie
In 711 het 'nMoorse leër onderTariq ibn Zijad die Wes-Gotiese leër onderRoderik verslaan. Tot in 716 is die hele Wes-Gotiese Ryk deur dieOmajjade verower, Lusitanië waarskynlik reeds in 713.Al-Andalus en veral dieEmiraat, laterKalifaat Córdoba is deels deur uiters bekwame en suksesvolle heersers soosAbd al-Rahman I,Abd al-Rahman III enAl-Hakam II geregeer en was een van die mees vooruitstrewende ryke van sy tyd. Ná sy verbrokkeling in verskeie Taifas het die grootste deel van Lusitanië aan die TaifaBadajoz behoort, die suidelikste deel aanSevilla en aan ander klein koninkryke.Berberse setlaars het hulle om klimaatsredes veral in die suide van die skiereiland gevestig. Die Moorse invloed op die Portugese kultuur en taal was sterk en blywend.[20]
DieKoninkryk Asturië was vir die More van geen belang nie. Hiervandaan het in die 9de eeu die ChristelikeReconquista van die latere Portugal se gebied begin. In 868, tydens 'n fase van swakheid van die Emiraat Córdoba, isPortucale verower (Presúria) en in 879Coimbra. Met die Presúria van Portucale deurVímara Peres het in die gebied rondom Porto as deel van die Koninkryk Asturië-León 'n eerste Graafskap Portucale (Condado Portucalense) ontstaan. Nasate uit Vímara Peres se gesin het tot in 1071 oor dié streek geheers;Braga is herbou en die kasteelGuimarães is opgerig.[21] In 1071 is 'n rebellie deur die laaste graaf van Portucale, Nuno Mendes, teen die in 1065 tot koning van Galisië en Portugal gekroonde Garcia onderdruk. Die koning vanLeón het teen 1095Hendrik van Bourgondië met Portucale en Coimbra beleen. Die tweede Graafskap Portucale het ontstaan, wat ookCondado Portucalense genoem is, wat regstreeks gelei het tot die stigting van die onafhanklike Koninkryk Portugal.
Die kasteelGuimarães, die bekendste simbool van Portugese onafhanklikheid
Reeds Hendrik van Boergondië se seun,Alfons I, het in 1127 met ondersteuning van die plaaslike kleinadel (infanções) ná die dood van Hendrik in opstand gekom teen sy eie moeder, wie 'n in diehuwelik met 'n Galisiese prins getree het. Nadat hy dieSlag van Ourique kon wen, het hy baie aan aansien gewen, waarvolgens hy in 1143 met toestemming vanAlfons VII van León en Kastilië die koninklike titel aangeneem het. In 1166 het León sy aanspraak op Portucale laat vaar, waarmee formele onafhanklikheid bereik is. Die heersers uit dieHuis van Boergondië het daarna gestreef om hul gebied suidwaarts uit te brei en hulle het waarskynlik daarop gemik om hulle mag oor die hele Lusitanië uit te brei.Kastilië het dit egter verhinder. Tot in 1250 is die Reconquista met die verowering van die Algarve, onder sterk deelname van buitelandse ridders en ridderordes, afgesluit.[22]
Die Monument van die ontdekkings (Padrão dos Descobrimentos) in Lissabon
In 1383 het die Portugese Huis van Boergondië uitgesterf. 'n Buite-egtelike seun,Johann van Aviz het homself tot koning uitgeroep, kon Kastiliaanse aansprake op die Portugese troon in dieSlag van Aljubarrota (in 1385) afweer en het 'n tweede Portugese dinastie gestig, dieHuis van Aviz. Onder die konings van Aviz (veralEmmanuel I – hy was aan bewind van 1495 tot 1521) het Portugal 'n leidende Europese handels- en seemag geword en 'n alliansie met Engeland gesluit (Verdrag van Windsor).Hendrik die Seevaarder (1394–1460) het ontdekkingsreise langs dieWes-Afrikakus geïnisieer, wat die grondslag gevorm het vir die Portugese Ryk, aanvanklik inAfrika, later inSuid-Amerika (Brasilië) asookAsië (Portugees-Indië,Ceylon,Malakka,Macau,Formosa,Oos-Timor e. a.) en die Europese uitbreiding. Die land het in 'ngroot moondheid ontwikkel en veral danksy sy inkomste uit die Indiese handel een van die rykste Europese lande geword. Die land se kultuur het ook opgebloei (Luís de Camões).
In 1580 het die Huis van Aviz uitgesterf en Portugal het om dinastiese redes aan die SpaanseHuis van Habsburg (Iberiese Unie) geval. DieSpanjaarde was tot in 1640 aan bewind; Portugal het sy onafhanklikheid verloor, is gereguleer tot 'n Spaanse provinsie en was dele van sy koloniale ryk kwyt. In 1640 het die hertog vanBraganza 'n adellike opstand aangevoer teen die Spaanse heerskappy en homself asJohannes IV tot koning uitgeroep. Hy het die voorlaaste Portugese dinastie gestig, dieHuis van Braganza. In sy buitelandse en ekonomiese beleid het die land meer en meer afhanklik geword vanEngeland (dieAnglo-Portugese Ooreenkoms is die oudste steeds bestaande bilaterale vriendskapsooreenkoms en reeds in 1373 onderteken;[23] daarna die Verdrag van Methuen in 1703). In 1755 het 'n aardbewing groot dele van die hoofstad Lissabon vernietig. Onder die eerste minister en hervormerMarquês de Pombal is die stad heropgebou en die land met deels drastiese metodes in 'n verligteabsolutistiese staat omgeskep. Tydens dieSewejarige Oorlog het Spanje en Frankryk in 1761 die land aangeval, Pombal het die opperbevel oor die verenigde Portugese en Britse troepe aanWillem van Schaumburg-Lippe oorhandig. Willem kon die aanval stuit en sodoende Portugal se onafhanklikheid verdedig, waarna die land 'n party in dieVerdrag van Parys was. In die daaropvolgende jare het hy die Portugese weermag grondig hervorm en langs die Spaanse grens die kasteelElvas oprig. In 1807 hetNapoleontiese troepe die land beset; die koninklike gesin moes na Brasilië vlug. Nadat die Franse met Britse hulp verdryf is, het dieLiberale Rewolusie uitgebreek, die land het vir die eerste keer in sy geskiedenis 'ngrondwet gekry (in 1821). Die daaropvolgende geveg tussen aanhangers vanabsolutisme en ondersteuners van 'ngrondwetlike monargie is eers in 1834 met laasgenoemde se oorwinning in die Liberale Oorlog beslis. Op 7 September 1822 het Brasilië onder keiserPedro I onafhanklik geword van Portugal.
Vlag van die Koninkryk Portugal van 1830 tot 1910Maria II van Portugal was die land se laaste vroulike heerser uit die Huis van Braganza
Die tydperk ná die einde van die Liberale Oorlog is deur die konflik tussen regse en linkse liberaliste (Cartiste en Setembriste) gekenmerk. In 1853 het met koninginMaria II dieHuis van Braganza in 'n direkte lyn uitgesterf, oor die huwelik van die koningin metFerdinand II uit dieSakse-Koburg en Gotha het die Portugese taak van hierdie Duitse adellike huis die troon oorgeneem (tot in 1910). Die finale fase van die monarge was gekenmerk deur 'n grootarmoede, 'n geringeopvoeding (80 persent van die Portugese wasongeletterd), algemene ekonomiese probleme (staatsbankrotskap in 1891) en deur republikeinse opstande wat in staatskrisisse uitgeloop het. OnderJoão Franco is die koninklike salarisse verder verhoog en die monargie se reputasie is verswak deur die sigbare teenstrydigheid tussen verpletterde staatsfinansies aan die een kant en die luukse, buitensporige leefstyl van die regerende familie aan die ander kant.[24] In 1908 is koningKarel I en sy seun, troonopvolgerLodewyk Filips, tydens 'n koetsrit geskiet. Slegs die seun Emanuel het dié sluipmoord oorleef.
Op 3 Oktober 1910 is die republikeinse parlementslid Miguel Bombarda in onduidelike omstandighede vermoor. In die daaropvolgende nag het in Lissabon rewolusionêre opstande uitgebreek. 'n Spoedig saamgestelde voorlopige regering het op 5 Oktober 1910 die republiek uitgeroep; koningEmanuel II het in Engelse ballingskap gegaan.[24] Tydens dieEerste Wêreldoorlog het die jong Republiek Portugal in 1914 materiële steun en die ontplooiing van troepe aan dieVerenigde Koninkryk toegesê. Alhoewel die land amptelik neutraal was, het die Portugese regering sy betrokkenheid by die Eerste Wêreldoorlog geregverdig met 'n ou alliansie-ooreenkoms tussen die twee lande wat in 1912 hernu is.[25]
Mit der Teilnahme am Ersten Weltkrieg auf der Seite der Briten versuchte Portugal, seine afrikanische Kolonien (Angola und Mozambique) zu schützen, die 1898 Bestandteil eines geheimen Abkommens zwischen den Briten und den Deutschen gewesen waren. Zudem wollte Portugal seinen Eintritt in die Riege der europäischen Nationen unterstreichen. Das Mitwirken auf internationaler Ebene wurde als Mittel zur Stärkung der nationalen Einheit wahrgenommen. Schließlich sollte die Legitimität des republikanischen Regimes gefestigt werden, das zu dem Zeitpunkt durch monarchistische Bewegungen und große wirtschaftliche Schwierigkeiten bedroht war. Der britische Generalstab begnügte sich zunächst mit der materiellen Hilfe Portugals. Die Führung blieb skeptisch, ob der Einsatz der jungen portugiesischen Republik in den Kampfhandlungen den alliierten Kräften wirklich nutzen würde. Die wachsenden logistischen Probleme der Alliierten veranlassten Großbritannien jedoch dazu, im Dezember 1915 die Beschlagnahmung aller in portugiesischen Häfen ankernden deutschen Schiffe zu erbitten. Dieser Bitte entsprach die Regierung am 24. Februar 1916, worauf Deutschland Portugal am 9. März den Krieg erklärte.
Met sy deelname aan die Eerste Wêreldoorlog aan die kant van die Britte het Portugal sy Afrikakolonies (Angola en Mosambiek) probeer beskerm, wat in 1898 bestanddeel was van 'n geheime ooreenkoms tussen die Britte en Duitsers. Portugal wou ook sy toetrede tot die geledere van Europese lande beklemtoon. Die deelname op internasionale vlak is beskou as 'n manier om nasionale eenheid te bevorder. Laastens moes die legitimiteit van die republikeinse regime gekonsolideer word, wat destyds deur monargistiese bewegings en groot ekonomiese probleme bedreig is. Die Britse Generale Staf was aanvanklik tevrede met materiële hulp deur Portugal. Die leierskap het skepties gebly of die gebruik van die jong Portugese Republiek in die gevegte werklik tot voordeel van die Geallieerde magte sou kon wees. Die Geallieerdes se toenemende logistieke probleme het egter daartoe gelei dat Brittanje in Desember 1915 die beslaglegging van al die Duitse skepe in Portugese hawens versoek het. Die regering het hierdie versoek op 24 Februarie 1916 nagekom, waarna Duitsland op 9 Maart oorlog teen Portugal verklaar het.
Soldate van die Portugese ekspedisiemag aan die Wesfront in Junie 1917
In Maart 1916 het die land aan die kant van dieEntente die Eerste Wêreldoorlog toegetree. Portugal het by tye tot 56 500 soldate gemobiliseer. Tydens die Vierde Slag van Ypres het die ekspedisiemag op 'n enkele dag amper 7 500 mans (gesneuweldes, vermiste, krygsgevangenes en gewondes) tydens 'n Duitse offensief verloor.[26] Portugese troepe het ook in Afrika geveg en deelgeneem aan beide dieOos-Afrika- en dieSuidwes-Afrika-veldtog.
In die Eerste Republiek (tot in 1926) was daar algemene politieke onbestendigheid en chaotiese toestande. Dit is gekenmerk deur monargistiese en kommunisties opstande,staatsgreeppogings (onder andere deurSidónio Pais in 1917) en swak, gereeld veranderende regerings sonder 'n parlementêre meerderheid. In 1926 het die weermag 'n staatsgreep uitgevoer en die eerste republiek beëindig. Onder die militêre het 'n burgerlike,António de Oliveira Salazar, van 1928 af minister van finansies, van 1932 af eerste minister, die magtigste geword. Hy het van 1933 af dieEstado Novo ("die nuwe staat") geïmplementeer, 'n outoritêre regime metfascistiese neigings, 'n eenheidsparty (Nasionale Unie), staatsjeug en geheime polisie (Polícia Internacional e de Defesa do Estado,PIDE). Die diktator het met sy Katoliek-outoritêre en antidemokratiese ideologie die projek van 'n "standestaat" nagejaag.
Volgens die dekreet Nr. 19694 op 5 Mei 1931 het vroue die aktiewe en passiewe stemreg verkry onder die voorwaarde dat hulle minstens hoërskool voltooi het; daarteenoor moes mans slegs kon lees en skryf.[27][28] Volgens Adams het hierdie klousule 'n baie ingeperkte stemreg vir hoogs opgeleide vroue tot gevolg gehad.[29] Met die kieswet D.L. 24631 van 6 November 1934 het almal wat kon lees en skryf die nasionale stemreg ontvang.[27][28] Sommige beperkings in die vrouestemreg in sekere verkiesings het egter van krag gebly tot in 1968.[27][28]
In sy buitelandse beleid het Salazar moue bande met Brittanje aangeknoop, terwyl hy in dieSpaanse Burgeroorlog met die nasionale Spaanse magte gesimpatiseer en slim tussen die blokke gemaneuvreer het. Tydens dieTweede Wêreldoorlog het die land neutraal gebly, die belangrike grondstofwolfram aan albei kante voorsien en was dit die operasiegebied van talle oorlogspartye segeheime agente. Salazar, wat van die begin af 'ngeallieerde oorwinning verwag enFranco van 'n Spaanse neutraliteit help oortuig het, het inherfs 1943 uiteindelik die oprigting van Geallieerde militêre basisse op dieAsore toegelaat.
Die situasie in die Portugese Afrikakolonies aan die einde van 1970
In 1949 was Portugal 'n stigtingslid van dieNAVO. Van 1960 af – die Jaar van Afrika, waartydens 18 lande hul onafhanklikheid verkry het – het diekoloniale oorlog uitgebreek, wat in Afrika (Angola,Mosambiek,Guinee-Bissau) kwaai gevoer is (Angolese Oorlog vir Onafhanklikheid enMosambiekse Vryheidsoorlog). Hierdie oorloë was selfs deel van 'n groter oorlogstoneel, naamlik dieRhodesiese Bosoorlog en dieSuid-Afrikaanse Grensoorlog, albei was op hul beurt weer deel van dieKoue Oorlog met Portugal enSuid-Afrika aan dieselfde kant. Die offisierHenrique Galvão se poging om die Salazar-bewind met die ontvoering van die passasierskipSanta Maria in Januarie 1961 in dieKaribiese See te beëindig, het misluk, hoewel die Santa-Maria-saak internasionale aandag getrek het. In 1968 moes Salazar om gesondheidsredes bedank. Sy opvolger,Marcelo Caetano, kon nie tot besluit kom oor fundamentele hervormings nie. Vanweë die koloniale oorlog het Portugal toenemend internasionaal geïsoleer geraak, die kostes van die oorlog het gelei tot 'n groeiende staatskuld eninflasie.
Leidende militêrs het erken dat Portugal die koloniale oorlog nie kon wen nie. Weens die regering se onvermoë om 'n oplossing vir dié probleem te vind, het linkse militêre offisiere in die nag van 25 April 1974 'n staatsgreep uitgevoer. Die bevolking se algemene ontevredenheid met die diktatuur, verskerp deur die beginnende ekonomiese krisis (veroorsaak deur die eerste oliekrisis in 1973), het daartoe gelei dat groot dele van die bevolking met die opstandige offisiere gesimpatiseer het. Die algemene volksopstand, dieAngelierrewolusie, het dieEstado Novo spoedig omvergewerp. Die Portugese rewolusie se kenteken was rooiangeliers wat deur die bevolking in die opstandige soldate se geweerlope gesit is.
Op 14 Mei 1974 is 'n nuwe verkiesingswet goedgekeur (Wet 3/74, Artikel 4, Nommer 1).[30] Ná die Dekreetwet Nommer 621-A/74, Artikel 1.1 van 15 November 1974 was vir die grondwetgewende vergadering Portugese burgers stemgeregtig wat op 28 Februar 1975 18 jaar of ouer was.[30] Vir die eerste keer in die Portugese geskiedenis is daarmee die algemene stemreg ingevoer en in die daaropvolgende jaar gebruik: In April 1975 is die lede verkies van die grondwetgewende vergadering wat die grondwet van 1976 uitgevaardig het.[30] Dit is op 2 Junie 1976 goedgekeur[28] en daarmee vir alle verkiesings die gelyke stemreg vir beide vroue en mans in die grondwet opgeneem.[27] Die nuwe leiers het aan die Portugese kolonies onafhanklikheid toegestaan (1974/1975);Macau is in 1999 aan dieVolksrepubliek China oorhandig.
Mário Soares was die eerste demokraties verkose eerste minister van Portugal
Die eerste jare ná die rewolusie is oorheers deur die konflik tussen 'n meer konserwatiewe stroming (ondergeneraal Spínola) en 'nsosialistiese vleuel (onderhoofman Otelo Saraiva de Carvalho) binne die MFA (Movimento das Forças Armadas – "Weermagbeweging"), die vereniging van die opstandige offisiere. Aanvanklik het dit geblyk asof die sosialistiese stroming sou kon seevier, nasionaliserings en grondhervormings is uitgevoer. Die grondwet van 1976 het die oorgang na sosialisme as die staat se doelwit bepaal.
Nadat die gematigdegeneraal Eanes die eerste presidentsverkiesing in 1976 volgens die nuwe grondwet teen Otelo Saraiva de Carvalho verrassend maklik kon wen, is die pad vir die land se terugkeer na 'n parlementêre demokrasie volgens Europese waardes gebaan. Eanes en die voorsitter van die Sosialistiese Party,Mário Soares (eerste minister van 1976 tot 1978 en van 1983 tot 1985, president van 1986 tot 1996), het die land in 1986 na dieEuropese Gemeenskap (EG, nou die Europese Unie) geneem.
In 1979 het vir die eerste keer sedert die Angelierrewolusie 'n regse politieke stroming weer die parlementsverkiesing gewen, naamlik die regerings onderFrancisco Sá Carneiro enFrancisco Pinto Balsemão. Die regering kon met die sosialistiese opposisie ooreenkom op 'n grondwetlike wysiging, waarmee die sosialistiese oorblyfsels verwyder is wat ná die Angelierrewolusie in die grondwet geskryf is. Die grondwetlike wysiging het in 1982 in werking getree en die voorheen belangrike rewolusionêre raad is met 'n Konstitusionele Hof volgens die voorbeeld van ander demokratiese lande vervang. In 1985 hetAníbal Cavaco Silva eerste minister geword. Sy konserwatiewe Sosiaal-Demokratiese Party (Partido Social Democrata, PSD) het tydens die verkiesing in 1987 'n groot oorwinning behaal; vir die eerste keer kon 'n party 'n volstrekte meerderheid wen. Cavaco Silva het tot in 1995 as eerste minister gedien. Hy het 'n neoliberale ekonomiese beleid nagestreef en die nasionaliserings uit die tydperk van die Angelierrewolusie teruggeneem. Van 1995 tot 2002 was die Sosialiste onderAntónio Guterres weer aan bewind. In 2002 is dieeuro as geldeenheid ingevoer.
Tydens die parlementsverkiesing op 17 Maart 2002 het die regses weer aan bewind gekom. Met 'n kiesersopkoms van 62,3 persent het die konserwatiewe onderJosé Manuel Barroso 'n relatiewe stemmeerderheid van 40,1 persent ontvang, gevolg deur die Sosialistiese Party (Partido Socialista, PS) en die regskonserwatiewe Demokratiese en Sosiale Sentrum – Volksparty (Centro Democrático e Social – Partido Popular, CDS-PP) met onderskeidelik 37,9 en 8,8 persent. Met laasgenoemde party het Barroso 'n koalisieregering gevorm, waarin die populistiese voorsitter van die CDS-PP,Paulo Portas, minister van verdediging was en die CDS-PP ook die departemente justisie asook arbeid en sosiale sake oorgeneem het. Die sosialiste het egter aaneenlopend die president van die land gestel, aangesien Soares in 1996 deur die sosialisJorge Sampaio opgevolg is.
In Julie 2004 is Barroso deur die Europese Raad genomineer omRomano Prodi op te volg as president van dieEuropese Unie se Kommissie.Pedro Santana Lopes het sy opvolger as eerste minister geword, maar hy was slegs kortstondig aan bewind, aangesien president Sampaio reeds in November die parlement ontbind en vir Februarie 2005 'n nuwe verkiesing aangekondig het, waartydens die Sosialistiese Party met 121 van 230 setels vir die eerste keer in die geskiedenis 'n volstrekte meerderheid behaal het. Hul kandidaatJosé Sócrates is op 12 Maart 2005 ingesweer as die nuwe eerste minister.
Op 22 Januarie 2006 het sowat 8,9 miljoen Portugese 'n nuwe president verkies. Die vorige president, die sosialisJorge Sampaio, was ná twee ampstermyne nie beskikbaar vir herverkiesing nie. Reeds in die eerste stemming het die konserwatiewe kandidaat en voormalige eerste ministerAníbal Cavaco Silva (PSD) 'n volstrekte meerderheid van 50,6 persent by 'n kiesersopkoms van 62,6 persent teen vyf linkse kandidate behaal. Hy is deur 'n alliansie van die PSD en die CDS-PP ondersteun. Die 66-jarige professor in ekonomie, wat beskou word as die argitek van Portugal se ekonomiese opswaai tussen 1985 en 1995, het die eerste burgerlike president in Portugal sedert die Angelierrewolusie in 1974 geword. Hy is op 9 Maart 2006 vir 'n ampstermyn van vyf jaar ingesweer. Op 23 Januarie 2011 is Cavaco Silva herverkies.[31]
Die drastiese gevolge van die wêreldwye ekonomiese en finasiële krisis het die Verkiesingsveldtog tydens die parlementsverkiesing in 2009 oorheers. Hoewel die regerende Sosialiste 'n aansienlike aantal stemme verloor het en hul volstrekte meerderheid kwyt was, het hulle daarin geslaag om 'n relatiewe meerderheid te behaal. Daarmee het die regering Sócrates aan bewind gebly. Nadat die regering se spaarbeleid nie in die parlement goedgekeur is nie, het Sócrates op 23 Maart 2011 sy bedanking ingedien. In die daaropvolgende nuwe verkiesing het die Sosialiste 'n swak nederlaag gely. Vervolgens is op 15 Junie 2011Pedro Passos Coelho, voorsitter van die met amper 40 persent van die stemme seëvierende liberaal-konserwatiewe Sosiaal-Demokratiese Party, tot nuwe eerste minister van Portugal benoem. Hy het 'n koalisieregering bestaande uit PSD en CDS-PP aangevoer, wat met 132 van 230 setels oor 'n stewige meerderheid beskik het.
Ná die parlementsverkiesing op 4 Oktober 2015 het die regerende party-alliansie Vorentoe Portugal (Portugal à Frente, PàF) die meeste stemme op hom verenig, maar sy volstrekte meerderheid verloor. Die vorige linkse opposisiepartye PS, Linksblok (Bloco de Esquerda, BE) en Eenheidsdemokratiese Koalisie (Coligação Democrática Unitária, CDU) het met 124 van die altesaam 230 setels oor 'n meerderheid beskik. Op 20 Oktober 2015 het António Costa (PS) vir president Anibal Cavaco Silva aangekondig om 'n linkse regering te vorm.[32] Cavaco Silva het egter aanvanklik die Sosialiste en Kommuniste se pogings gestuit om 'n regeringsalliansie te sluit en die sittende burgerlik-konserwatiewe eerste minister Pedro Passos Coelho opnuut tot regeringshoof benoem. In 'n televisietoespraak aan die land op die aand van 22 Oktober 2015 het Cavaco Silva dit geregverdig met bedagsaamheid teenoor die Europese Unie en die Euro[33] asook "finansiële instellings, beleggers en die markte".[34] Op 26 November 2015 isAntónio Costa tot eerste minister benoem en hy het 'n afskaffing van die streng besuinigingsmaatreëls onder inagneming van die Europese Unie se voorwaardes belowe.[35] Op 24 Januarie 2016 isMarcelo Rebelo de Sousa (PSD) tot president verkies.[36] Ná die verkiesing in 2019 het hy op 26 Oktober 2019 'n minderheidsregering gevorm en ná die verkiesings in 2022 'n regering sonder 'n koalisievennoot. Portugal was in Junie 2021 die eerste land wie se ekonomiese stimulusprogram deur die Europese Kommissie goedgekeur is ná die ekonomiese ineenstorting as gevolg van dieCorona-beperkings. Daarmee sal beleggings in omgewingsvriendelike produksieprosesse en digitalisering, asook in gesondheid, behuising en infrastruktuur vergemaklik word. Op 21 Maart 2024 is die konserwatieweLuís Montenegro as Portugese eerste minister ingesweer en het 'n minderheidsregering gevorm.
Spanje, wat in die loop van die geskiedenis verskeie kere die historiese rol van "aartsvyand" gespeel het, is die enigste land waarmee Portugal 'n landgrens deel. Hierdie grens het – sedert die land in die 12de eeu 'n onafhanklike koninkryk geword het – grotendeels onveranderd gebly. Die grootste deel van die grens word deur bergreekse of twee riviere (Minho in die noorde enGuadiana in die suide) gevorm. Vroeë Portugese monarge het hierdie natuurlike grens verder versterk met 'n reeks ommuurde grensnedersettings waarvan sommige op heuwelpieke ontstaan het en van die grensstreek 'n skouspelagtige natuurtoneel met mensgemaakte elemente maak.
Die Minhorivier aan die Spaans-Portugese grensSononder oor die Praia do Cavalhal. Hierdie sandstrand suid van Lissabon word deur sandduine omsoom
Die noorde van Portugal word deur 'n relatief koel en vogtige klimaat gekenmerk en bestaan uit twee historiese provinsies of landskappe: Minho in die noordweste, wat na die gelyknamige rivier genoem is, is een van die digbevolkste gebiede van die land. Sy grootste stede is Braga en Viana do Castelo. Minho is danksy die aangename klimaat 'n pragtige tuinlandskap, en die wingerde, wat teen die hellings van Minho se riviervalleie aangelê is, lewer die beroemdeportwyn en Vinho Verde op. Ook verskillende soorte groente aard goed in die gebied. Minho se natuurlikeflora is 'n mengsel aanspesies uit die gematigde en subtropiese klimaatsones. Afhangende van die ligging boseevlak gedy hiereike of kastaiings,denne- en olyfbome.
Die gewes Trás-os-Montes (letterlik: "Agter die berge") is die bergagtige binneland van Noord-Portugal, wat deur kouewinters en baie warmsomers gekenmerk word. Die plantegroei raak hier steeds kariger, hoe nader 'n mens by die Spaanse grens kom.
Baie riviere, waaronder die Rio Minho en Rio Douro, deursny die bergmassiewe van Minho en Trás-os-Montes. Die noorde van Portugal spog met die Nasionale Peneda-Gerêspark, die belangrikste natuurbewaringsgebied van die land. Hier vind 'n mens nog oorblyfsels van natuurlike bosse, waarin onder meer steeneike groei.
DieTejorivier met die Almourol-kasteel op die agtergrond
Sentraal-Portugal word deur heuwelland en berggebiede oorheers. Die Serra da Estrela-gebergte beskik selfs oorskioorde. Die belangrikste landskappe is Beira, Ribatejo (die Tejo-vlakte, wat ook die Tuin van Lissabon genoem word), Estremadura en dieTejo-monding aan dieAtlantiese Oseaan. Die hele gewes is uiters vrugbaar en baie geskik virwynbou – 'n tradisie, wat hier reeds deur die Romeine ingevoer is. Ander belangrikelandbougewasse isgraan,rys,sonneblomme engroente.
Die Tejorivier verdeel Sentraal-Portugal in twee helftes. Oorstromings, wat in die Ribatejo vroeër gereeld voorgekom het, word nou danksy 'n groot aantal damme verhoed. Die belangrikste stede van Sentraal-Portugal isLissabon,Aveiro,Sintra,Coimbra,Viseu,Leiria,Castelo Branco enSantarém.
Rotsformasies naby Carvoeiro, Algarve'n Tipiese Alentejo-landskapDieAsoreeiland Pico met die gelyknamige bergpiek
Die suide van Portugal word in drie landskappe verdeel – Terras do Sado,Alentejo enAlgarve. Suid-Portugal bestaan hoofsaaklik uit vlaktes en heuwelagtige gebiede met 'n baie droë en warm klimaat. Alentejo, wat vroeër as Portugal se belangrikste graanstreek bekend gestaan het, is tans 'n yl bevolkte gebied, wat steeds meer van sy jong mense verloor deur migrasie na stedelike sentrums.
Die gebied word nou deur uitgestrekte graanlande met olywe en kurkeike oorheers. Portugal is die belangriksteverskaffer van kurk, wat uit die bas van kurkeike verkry word. Wyn en sonneblomme is die hoofsaaklike landbouprodukte. Die weivelde, wat in dielente met 'n blommeprag spog, speel 'n groot rol vir die plaaslikeskaapteelt. Droogtes het in die afgelope jare tot groot verliese vir die landbousektor gelei en die gebied ervaar 'n ernstige ekonomiese agteruitgang as gevolg hiervan. 'n Aantal damme word tans opgerig om die nypende watertekort te verlig.
Alhoewel steeds meereucalyptusbome in die suide aangeplant word, bly hierdie uitheemse plantasies omstrede, aangesien hulle baie kwesbaar is vir bosbrande. In die suidelike kusgebiede word veral dennebome aangetref en 'n aantal palmsoorte, wat behalwe vir diedwergpalm uitheems is.
Algarve is Portugal se suidelikste streek. Hierdie kusgebied het 'n belangrike internasionale toeristebestemming geword, wat met rotsagtige kuslandskappe en lang sandstrande spog. Die belangrikste stede is Portalegre, Évora, Beja, Faro en Lagos. Die belangrikste rivier in Algarve is die Rio Guadiana, wat gedeeltelik ook die grens met Spanje vorm. Die flora in die gebied, veral vetplante (sukkulente), is goed by hitte en droogtes aangepas.
Twee eilandgroepe in die Atlantiese Oseaan maak deel uit van Portugal: Madeira ("Houteiland", Portugees amptelikArquipélago da Madeira) met 'n oppervlak van 795 vierkante kilometer en dieAsore ("Hawikseilande", Portugees amptelikArquipélago dos Açores) met 'n oppervlak van 2 352 vierkante kilometer is albei vanvulkaniese oorsprong. Portugal se hoogste bergpiek, die vulkaankeël Montanha do Pico (2 351 meter), verrys op die Asore. Die Madeiraeilandgroep se flora word deur tropiese en subtropiese spesies gekenmerk.
Die Serra da Estrela is die hoogste bergreeks in kontinentale Portugal. Hier kom sneeuval in die winter gereeld voorKlimaatsones in Portugal volgens dieKöppen-klimaatklassifikasie
Portugal het 'n gematigde klimaat met matige temperatuurskommelinge – die noorde van die land het 'n seeklimaat wat deur dieGolfstroom beïnvloed word, terwyl Sentraal-Portugal deur droësomers en matigewinters gekenmerk word. Die winters is veral in die gebied rondom die hawestad Porto dikwels nat. Die lente begin in Februarie en is gewoonlik matig warm, en alhoewel die kwik tydens die Portugese somer duidelik styg, ervaar die land nie baie hoë temperature soos talle Spaanse geweste nie.
Ten opsigte van sy gemiddelde jaarlikse temperatuur word Lissabon as die warmste stad in Europa beskou, maar vanweë die matige temperatuurskommelinge word hier geen hoë uiterstes aangeteken nie. Daarenteen staan die provinsie Alentejo vir sy hoë somer- en die Serra da Estrela vir sysneeu en winterkoue bekend. Die Algarve-kusstreek het die meeste sonskynure in Europa, tog kan temperature in dieherfs- en winterseisoen danksy die invloed van die Atlantiese Oseaan veral in die koeler nagte duidelik daal.
Buitelandsgebore Portugese volgens immigrasielandePortugees is die sesde mees verspreide taal van die wêreld en word deur sowat 260 miljoen mense gepraat
Portugal is ten opsigte van sy inheemse bevolking 'n homogene land. Portugees is diemoedertaal van die oorgrote meerderheid van die inwoners, met die uitsondering van die dorpe van Miranda do Douro, waar Mirandes, 'nAsturiesedialek, as omgangstaal gebruik word. Mirandes word as minderheidstaal erken.[1]
Die meeste Portugese isRooms-KatoliekeChristene (79,7%), met klein minderhedeProtestante (2,2%), ander Christene (2,5%), ander godsdienste (1,1%) en ongebonde (14,5%).[1]
95% van die bevolking is etniese Portugese. Portugal is dekades lank deur emigrasie gekenmerk, en daar bestaan groot Portugese gemeenskappe in lande soosFrankryk enSuid-Afrika. Maar Portugal het reeds sedert die tydperk van die bevrydingsoorloë in sy voormalige kolonies 'n immigrasieland vir mense uit dié gebiede geword. Met Portugal se aansluiting by die Europese Unie en die vinnige ekonomiese groei het tienduisende immigrante uitAfrikalande soosAngola,Mosambiek enKaap Verde,Suid-Amerika (Brasilië) enOos-Europa (Rusland,Oekraïne enMoldowa) hulle in die land gevestig.[1]
Toerismeverblyf in 'n histories-godsdienstige konteks – die Pousada de Nossa Senhora da Assunção de Arraiolos, 'n voormalige klooster wat tans as hotel dien
Portugal, tradisioneel die armste land in Wes-Europa, het sedert sy toetreding tot die Europese Gemeenskap (die voorloper van die Europese Unie) in 1986 daarin geslaag om sy ekonomie te diversifiseer. In die volgende twee dekades het Portugese regerings talle staatsondernemings geprivatiseer en sleutelbedrywe soos finansiële dienste en telekommunikasie geliberaliseer. In 1999 het die land tot die Ekonomiese en Monetêre Unie toegetree. Saam met elf ander EU-lidstate het Portugal die Europese geldeenheid Euro op 1 Januarie 2002 as wettige betaalmiddel ingevoer.
Die Portugese ekonomie het gedurende die 1990's hoër groeisyfers getoon as die gemiddeld vir alle EU-lande, maar tussen 2001 en 2008 het die ekonomiese groei merkbaar afgeplat. Die wêreldwye finansiële krisis in 2008 het die Portugese ekonomie in die volgende jaar laat krimp. Tussen 2011 en 2013 is die land in 'n diep resessie gedompel nadat die regering, wat op buitelandse finansiële bystand deur die Europese Unie en dieInternasionale Monetêre Fonds (IMF) aangewese was, op aandrang van dié twee instellings 'n beleid van besuiniging toegepas en belasting verhoog het. Binne 'n tydsbestek van drie jaar het Portugal EU- en IMF-lenings ter waarde van €78 miljard aangegaan.
Nadat Portugal die voorwaardes van die EU-IMF-reddingspakket nagekom het, het die Portugese ekonomie reeds in Mei 2014 vinnig genoeg herstel om die reddingsprogram op te skort. Stygende uitvoere en hoër besteding op privaat verbruik het met die herstelproses gehelp. Die groei van diebruto binnelandse produk (BBP) het in 2016 en 2017 versnel. Die werkloosheidsyfer was in 2017 met 9,7 persent nog relatief hoog, maar aansienlik laer as die rekordsyfer van 18 persent wat in 2013 aangeteken is. Die begrotingstekort het van 11,2 persent van die BBP in 2010 gedaal tot slegs 1,8 persent in 2017 – die laagste persentasie sedert die land se demokratiese regeringstelsel in 1974 herstel is. Dietoerismesektor, 'n belangrike verskaffer van buitelandse valuta vir Portugal se toenemend diensgebaseerde ekonomie, het in 2017 met dubbelsyfers gegroei.
Nogtans gaan die land gebuk onder 'n hoë skuldlas wat in 2017 op 126,4 persent van die BBP (staatskuld); 124,9 persent van die BBP vir privaat ondernemings en 74,4 persent van die BBP vir privaat huishoudings beraam is. Die buitelandse skuldlas is ewe hoog met 92,5 persent van die BBP.
Portugal se hoofuitvoervennote isSpanje 21%,Frankryk 11%,Duitsland 10%, dieVerenigde State 8% en dieVerenigde Koninkryk 5% (in 2023). Portugal se hoofuitvoere ismotors,kledingstukke, motoronderdele/-toebehore, onverpakte medisyne en geraffineerde petroleum. Met weinig natuurlike hulpbronne om ekonomiese ontwikkeling te onderhou steun Portugal op ander lande vir meeste van sy grondstowwe; die land voer dus 'n verskeidenheid goedere in. Die land se hoofinvoervennote is Spanje 33%, Duitsland 11%, Frankryk 7%,Nederland 5% en dieVolksrepubliek China (ook in 2023). Portugal se hoofinvoere is motors,ruolie, motoronderdele/-toebehore, geraffineerde petroleum en klere. Portugal se algehele grootste handelsvennote is almal EU-lidlande soos Spanje, Frankryk en Duitsland.[1]
Portugal word administratief onderverdeel in sewe streke (Noord-Portugal, Sentraal-Portugal, Wes en Taag-vallei, Groter Lissabon, Setúbal-skiereiland, Alentejo en Algarve), 18 distrikte (distritos), 308 distriksrade of munisipaliteite (municípios ofconcelhos), 3 092 siviele parogieë (freguesias) en twee outonome streke (regiões autónomas; die eilandgroepe Asore en Madeira). In stedelike gebiede en op eilande mag ander administratiewe eenhede gevestig word.
Daarbenewens geniet ander sportsoorte soosrolhokkie,basketbal,futsal,handbal envlugbal ook sukses en gewildheid. DiePortugese nasionale rugbyspan kon vir dieRugbywêreldbeker 2007 in Frankryk kwalifiseer, maar het laaste in die groepfase geëindig; hulle het ook vir dieRugbywêreldbeker 2023 in Frankryk gekwalifiseer, waar hulle een oorwinning en gelykop elk in die groepfase kon aanteken. Hulle ding in dieEuropese Rugbykampioenskap met ander opkomende rugbyspanne mee. DieEstádio Universitário de Lisboa in Lissabon dien as hulle tuisstadion.
↑(en)A. R. Disney (2009).A History of Portugal and the Portuguese Empire – From Beginnings to 1807 (1 uitg.). New York: Cambridge University Press. pp. 5–15.ISBN978-0-521-60397-3.
↑(en)A. R. Disney (2009).A History of Portugal and the Portuguese Empire – From Beginnings to 1807 (1 uitg.). New York: Cambridge University Press. pp. 16–19.ISBN978-0-521-60397-3.
↑(en)A. R. Disney (2009).A History of Portugal and the Portuguese Empire – From Beginnings to 1807 (1 uitg.). New York: Cambridge University Press. pp. 20–33.ISBN978-0-521-60397-3.
↑(en)A. R. Disney (2009).A History of Portugal and the Portuguese Empire – From Beginnings to 1807 (1 uitg.). New York: Cambridge University Press. pp. 34–50.ISBN978-0-521-60397-3.
↑(en)A. R. Disney (2009).A History of Portugal and the Portuguese Empire – From Beginnings to 1807 (1 uitg.). New York: Cambridge University Press. pp. 51–57.ISBN978-0-521-60397-3.
↑(en)A. R. Disney (2009).A History of Portugal and the Portuguese Empire – From Beginnings to 1807 (1 uitg.). New York: Cambridge University Press. p. 68.ISBN978-0-521-60397-3.
↑(en)A. R. Disney (2009).A History of Portugal and the Portuguese Empire – From Beginnings to 1807 (1 uitg.). New York: Cambridge University Press. pp. 80–81.ISBN978-0-521-60397-3.
↑(en)Jad Adams (2014).Women and the Vote. A World History. Oxford: Oxford University Press. p. 308.ISBN978-0-19-870684-7.
↑30,030,130,2(en) Maria Lúisa Amaral, Teresa Anjinho:Winning Women’s Vote: Female Suffrage in Portugal. In: Blanca Rodríguez-Ruiz, Ruth Rubio-Marín:The Struggle for Female Suffrage in Europe. Voting to Become Citizens. Koninklijke Brill NV, Leiden en Boston 2012,ISBN 978-90-04-22425-4, bl. 475–489, bl. 482–483.
1. Landdeels inAsië. 2. Geografies inAsië, maar gereeld beskou as deel vanEuropa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings. 3. Aangedui as dieKanaaleilande.