Suid-Afrika is 'nrepubliek aan die suidpunt vanAfrika. Dit grens in die noorde aanNamibië,Botswana enZimbabwe, en in die noordooste aanMosambiek eneSwatini.Lesotho vorm 'nenklawe binne die grense van Suid-Afrika. Suid-Afrika is een van die mees etnies diverse lande in Afrika. Die land het meerEuropese immigrante ontvang as enige ander land in Afrika en het die hoogste bevolking van Europese, Indiese en gemengde afkoms. Rasse- en etniese stryd was nog altyd 'n groot deel van die geskiedenis en politiek van die land. 'n Ander belangrike faktor in die ontwikkeling van die land is die ryk mineraalbronne waaroor die land beskik. Die land seekonomie is een van die grootste en mees ontwikkelde in die kontinent met moderne infrastruktuur in die hele land. bewerk Gekose panorama
bewerk Gekose artikelDie Tweede Vryheidsoorlog, ook bekend asdie Suid-Afrikaanse oorlog oftewel die Anglo-Boereoorlog het vanafOktober 1899 totMei 1902 geduur. Gedurende hierdie oorlog het die twee Boererepublieke, dieZuid-Afrikaansche Republiek (ouTransvaal) en die Republiek van dieOranje-Vrystaat, kragte gemeet met die Britse Ryk, spesifiek die Kaapse enNatalse kolonies vanGroot Brittanje. Die hele gebied waaroor hierdie oorlog plaasgevind het vorm vandag deel van die Republiek vanSuid-Afrika. Oor die sowat twee-en-'n-halwe jaar wat die oorlog geduur het, het ditBrittanje nagenoeg 200 miljoen pond, 448 435 Britse- en Rykssoldate en sowat 20 000 Britse lewens gekos om 'n "Boererebellie" te bemeester. Aan die kant van dieBoererepublieke was die koste van die oorlog baie hoog. Elke republiek se ekonomie is totaal vernietig deur die "Verskroeide Aarde Beleid" wat deur die Britse generaals toegepas is. Toe die Boere by die Vrede van Vereeniging hul wapens neerlê, het baie as hoofrede vir hul oorgawe die lyding van hul vrouens en kinders aangevoer. Ongeveer 5 000 Boere het gedurende die oorlog gesneuwel, en ten minste 20 000 Boere en 12 000 Afrikane of Bantoes het hul lewens inkonsentrasiekampe verloor, meestal kinders onder 16 jaar, hoofsaaklik as gevolg van swak voorbereiding, 'n tekort aan behoorlike sanitasie en swak skuiling. bewerk Gekose beeld
Die Afrikaanse Taalmonument is 'nmonument wat aan dieAfrikaanse taal gewy is. Hierdie monument staan ook bekend as dieTweede Taalmonument. DieEerste Taalmonument is opgerig te Burgersdorp in 1893.
bewerk Gekose biografieStephanus Johannes Paulus Kruger (10 Oktober1825 -14 Julie1904), ook bekend as "Oom Paul", is gebore in dieKaapkolonie uit 'n familie vanPruisiese afkoms. Hy was 'n prominenteBoere weerstandsleier teen dieBritse bewind en het later, op30 Desember1883, die laaste president van dieZuid-Afrikaansche Republiek geword. Hy is vier keer tot president verkies, die laaste keer in 1898. Sy volgehoue pogings om dieOranje-Vrystaat en ZAR te verenig, het misluk. Tydens die daaropvolgende burgeroorlog het hy Van Rensburg gesteun enPotchefstroom verower. Na die mislukking van president Burgers se uiters ambisieuse program, word hy een van die steunpilare van die nasionale weerstand teen die Britse anneksasie. bewerk Museums en momumentebewerk Kategorieë
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||