Welkom in die ruimte! Sterrekunde (ookastronomie genoem, wat "die wette van die sterre" beteken) is 'nwetenskap wat die waarneming en verduideliking van gebeurtenisse buite dieAarde seatmosfeer behels. Dieoorsprong/kosmologie,fisiese enchemiese eienskappe vanvoorwerpe wat in die hemelruim waargeneem kan word, word bestudeer. Waarnemings sluit die volgende in:mane,planete eneksoplanete,sterre,newels ensterrestelsels. Gebeurtenisse sluit insupernovas,gammastraaluitbarstings, dieOerknal enkosmiese agtergrondstraling. Kosmologie is 'n onderafdeling van sterrekunde wat fokus op die studie van die oorsprong enevolusie van die heelal (dus, hoe alles begin en ontwikkel het) en behandel verskynsels wat buite die atmosfeer van die aarde voorkom, insluitend supernova-ontploffings, gammastraaluitbarstings, en kosmiese agtergrondstraling. Sterrekunde is een van die min wetenskappe waar amateurs steeds 'n rol speel, veral met die ontdekking en monitering van verskynsels van 'n verbygaande aard, sooskomete enmeteore. - Meer oor sterrekunde . . .
|