Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Portaal:Rugby

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie


Welkom by Wikipedia se portaal virrugby.Rugby, soms ookrugbyunie ofvyftienrugby genoem, is ’nvolkontakbal- en spansport, wat in die eerste helfte van die 19de eeu inEngeland ontstaan het. Dit is genoem na sy ontstaanplek, dieRugby-skool in die dorpRugby. Dit is saam metRugby League een van twee hoofvariante in die rugbyfamilie. ’n Wedstryd word uitgespeel tussen twee spanne met 15 spelers elk, wat op ’n reghoekige veld probeer om in 80 minute meer punte as hul opponent aan te teken. Spelers speel met ’n eiervormige bal wat hulle in hulle hande of arms dra en hulle mag die bal slegs agtertoe of sylangs oor die veld na mekaar aangee of dit dan vorentoe skop om in die doelgebied punte aan te teken. Die opponerende span poog om die baldraer se vordering te stuit deur hom te duik of fisiek met die liggaam te keer. Wanneer die baldraer geduik is, moet hy die bal los en vind daar ’n stryd (losgemaal of ’nlosskrum) plaas om balbesit.


wysig  

Uitgesoekte artikel


Kenteken van die Rugbywêreldbeker 2023.

DieRugbywêreldbeker 2023 (Frans:Coupe du monde de rugby à XV 2023) is van 8 September tot 28 Oktober 2023, die 200ste herdenking vanrugby se “uitvinding” deurWilliam Webb Ellis, inFrankryk beslis. Dit was die tienderugbywêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deurWêreldrugby aangebied word en die sesde in dieNoordelike Halfrond. Verder was dit ná die toernooie in2015 (Engeland) en2019 (Japan) die derde agtereenvolgende rugbywêreldbekertoernooi wat in ’n land van die Noordelike Halfrond aangebied is. Frankryk het voorheen tydens dieRugbywêreldbeker 1991 enRugbywêreldbeker 1999 as medegasheer opgetree; albei toernooie is saam met die destydseVyfnasiesEngeland,Ierland,Skotland enWallis aangebied; en later dieRugbywêreldbeker 2007 – met enkele wedstryde inCardiff enEdinburg van dieVerenigde Koninkryk – gehuisves; altesaam het Frankryk tydens vier rugbywêreldbekertoernooie as gasheer opgetree, meer as enige ander land. Dit was egter die eerste toernooi wat geheel en al in Frankryk aangebied is. In Julie 2017 is dié land deur Wêreldrugby as gasheer aangewys, ander kandidaatlande was Ierland enSuid-Afrika.

Die toernooi se formaat van 2003, 2007, 2011, 2015 en 2019 het onveranderd gebly en 20 nasionalerugbyspanne het aan die Rugbywêreldbeker 2023 deelgeneem: die twaalf regstreekse kwalifiseerders van die 2019-toernooi (Argentinië,Australië,Engeland,Fidji,Frankryk,Ierland,Italië,Japan,Nieu-Seeland,Skotland,Suid-Afrika enWallis), saam met die agt beste spanne van die kwalifisering (Chili,Georgië,Namibië,Portugal,Roemenië,Samoa,Tonga enUruguay). Tydens die Rugbywêreldbeker 2023 is 48 wedstryde gespeel, waaronder 40 tydens die groepfase en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die toernooi het op 8 September met die openingswedstryd tussen die gasheer Frankryk en Nieu-Seeland op dieStade de France inSaint-Denis afgeskop. Die spanne is in vier groepe van vyf elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna gekwalifiseer vir die uitklopfase, terwyl die drie beste spanne van elke groep – altesaam twaalf spanne – regstreeks vir die volgendeRugbywêreldbeker 2027 inAustralië gekwalifiseer het. Dit was die laaste toernooi met die aantal van 20 nasionale rugbyspanne; vir die volgende Rugbywêreldbeker 2027 in Australië is die aantal tot 24 verhoog.

Voor die afskop van die Rugbywêreldbeker 2023 is Nieu-Seeland, Frankryk, Suid-Afrika en Ierland as gunstelinge op die titel beskou. Beide Frankryk en Ierland kon hul groepwedstryde teen onderskeidelik Nieu-Seeland en Suid-Afrika wen, maar in die kwarteindrondte het albei Europese spanne naelskraap teen die twee latere finaliste verloor. Fidji het met hul 22–17-oorwinning oor die tweemalige wêreldkampioen Australië die eerste groot verrassing besorg. Nadat die Wallabies ook teen Wallis met 6–40 swaar verloor het, is hulle vir die eerste keer in die groepfase uitgeskakel. Daarna het Portugal met sy 24–23-oorwinning oor Fidji nog ’n verrassing besorg, hul eerste wêreldbekeroorwinning nog. Die verdedigende kampioen Suid-Afrika het die eindstryd op die Stade de France in Saint-Denis teen Nieu-Seeland met 12–11 gewen en sodoende die eerste span geword wat dieWebb Ellis-beker vir ’n vierde keer ingepalm het en ná Nieu-Seeland in 2015 die tweede span wat dit kon verdedig. Daarbenewens is dit ná 1995 hul tweede eindstrydoorwinning oor Nieu-Seeland, ná 2007 hul tweede eindstrydoorwinning op Franse bodem en hulle het ook die eerste span geword wat agtereenvolgende titels oorsee kon wen. Die Stade de France het náEdenpark inAuckland enTwickenham inLonden die derde rugbystadion geword wat die rugbywêreldbekereindwedstryd vir meer as een keer – ná die 2007-toernooi – gehuisves het. Engeland het in die derde en Argentinië in die vierde plek geëindig, nadat hulle ná die groepfase in die bronseindstryd vir ’n tweede keer ontmoet het. Namibië is ná vier nederlae reeds in die groepfase uitgeskakel.

...lees verder


wysig  

Voorbladartikels


Nasionalerugbyspanne volgens status op die Afrikaanse Wikipedia:

   Voorbladster

   Amper klaar

   Ander artikels

’n Engelse rugbyspeler ruk hom los uit ’n harde duikslag deur ’n Australiër
’n Engelse rugbyspeler ruk hom los uit ’n harde duikslag deur ’n Australiër

All Blacks -Argentynse nasionale rugbyspan -Brasiliaanse nasionale rugbyspan -Britse en Ierse Leeus -Chileense nasionale rugbyspan -Duitse nasionale rugbyspan -Engelse nasionale rugbyspan -Fidjiaanse nasionale rugbyspan -Franse nasionale rugbyspan -Georgiese nasionale rugbyspan -Hongkongse nasionale rugbyspan -Ierse nasionale rugbyspan -Italiaanse nasionale rugbyspan -Japannese nasionale rugbyspan -Kanadese nasionale rugbyspan -Keniaanse nasionale rugbyspan -Namibiese nasionale rugbyspan -Portugese nasionale rugbyspan -Roemeense nasionale rugbyspan -Rugby -Rugbywêreldbeker 2003 -Rugbywêreldbeker 2007 -Rugbywêreldbeker 2011 -Rugbywêreldbeker 2015 -Rugbywêreldbeker 2019 -Rugbywêreldbeker 2023 -Samoaanse nasionale rugbyspan -Skotse nasionale rugbyspan -Spaanse nasionale rugbyspan -Springbokke -Tongaanse nasionale rugbyspan -Uruguaanse nasionale rugbyspan -Verenigde State se nasionale rugbyspan -Wallabies -Walliese nasionale rugbyspan -Zimbabwiese nasionale rugbyspan


wysig  

Algemeen


Uit rugby het sekere variante voortgespruit met ’n kleiner aantal spelers en minder fisiese kontak as die hoofverskille. Die verreweg oudste en mees verspreide variant issewesrugby, wat in 1883 in die Skotse dorpMelrose ontstaan het. Op ’n rugbyveld met dieselfde grootte speel spanne van sewe spelers elk teen mekaar oor twee helftes van sewe minute elk. Sewesrugby word byna geheel en al in ’n toernooiformaat gespeel, waarby elke deelnemende span binne een of twee dae ’n aantal opeenvolgende wedstryde moet speel. Van die belangrikste toernooie sluit in dieHongkong Sewes en dieDoebai Sewes. Altwee vorm deel van dieWêreldrugby Sewesreeks wat sedert 1999 jaarliks tussen baie nasionale spanne uitgespeel word. Sedert 1993 word al om die vier jaar ’n eie Sewesrugbywêreldbeker aangebied en sedert 2016 is sewesrugby ’n Olimpiese sportsoort (voorheen was dit van 2001 tot 2013 deel van dieWêreldspele). Tiensrugby het in die 1960’s inMaleisië ontstaan en is veral in Oos-Asiatiese lande gewild. Albei spanne bestaan uit tien spelers elk en ’n wedstryd bestaan uit twee helftes met tien minute elk.

Touch, waar duikslae uitgevoer word deur bloot met albei hande aan die baldraer te raak, is geskik as ’n oefenspel, maar ook vir spanne van gemengde geslag, en word deur beide kinders en volwassenes gespeel. Ander variante met minder fisiese kontak is ontwikkel om kinders nader aan die sport te bring. Wydverspreid is minirugby, wat in die 1970’s in Engeland ontstaan het en waarin kinders geleidelik in drie ouderdomsgroepe aan die meer komplekse skuiwe van rugby bekend gestel word. In tagrugby dra elke speler ’n gordel met twee klittenbande. Die verdedigende spelers moet aan een van hierdie bande trek om die baldraer te dwing om die bal aan te gee; andersins is die sport oorwegend kontakloos. ’n In die Verenigde State gewilde variant hiervan is vlagrugby; ook hier word veral daarop gemik om kinders geleidelik aan die meer komplekse skuiwe van rugby bloot te stel. Strand- en sneeurugby is veral geskik vir ontspanningsdoeleindes.Rolstoel- en onderwaterrugby het net die naam met rugby ingemeen.


wysig  

Aanhalings


The tour had united us...from Cape Agulhas to the Zambesi, South Africa was one, and all differences had been forgotten. Here, we are one; may it always be the same. (As for the British) We now understand each other better, and if that is going to be one of the results of our tour, we shall be more than satisfied.
— Paul Roos oor die Springbokke se eerste Europese toer


wysig  

Uitgesoekte beeld


DieNieu-Seelandserugbyspeler Luke McAlister mik vir ’n doelskop vir die Franse Top 14-span Stade Toulousain in die wedstryd teen Castres Olympique op 10 Maart 2012.

Die Nieu-Seelandse rugbyspeler Luke McAlister mik vir ’ndoelskop vir die Top 14-span Stade Toulousain in die wedstryd teen Castres Olympique op 10 Maart 2012.


wysig  

Rugbynuus


Die Curriebekertrofee waarom meegeding is
Die Curriebekertrofee waarom meegeding is


wysig  

Het u geweet...


... dat die vyf gewildste televisie-uitsendings almal sportprogramme is? DieOlimpiese Somerspele,Sokker-Wêreldbekertoernooie,Krieketwêreldbekertoernooie,Rugbywêreldbekertoernooie enFormule Een is die vyf programme wat die grootste kykertalle lok.

... dat ’n groot aantal immigrante uitCornwall in myne inSuid-Afrika kom werk het? Die tinmyners het op die goudmyne in dieZAR gewerk en onder andere 'n rol gespeel in die vestiging vanrugby as ’n sport in Suid-Afrika.

... dat dieNamibiërRudie van Vuuren die eerste (en enigste) man is wat in dieselfde jaar in tweesportsoorte,krieket enrugby, aan ’nwêreldbekertoernooi deelgeneem het? Hy het sy land tydens beide dieKrieketwêreldbeker 2003 en dieRugbywêreldbeker 2003 verteenwoordig.


wysig  

Uitgesoekte span


Kenteken van die Keniaanse nasionale rugbyspan.

DieKeniaanse nasionale rugbyspan (Engels:Kenya national rugby union team;Swahili:Timu ya raga ya Kenya) is die nasionalerugbyspan watKenia in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Hulle dra die bynaamSimbas (“die leeus”), genoem na dieleeu (Panthera leo), Kenia se wapendier. Rugby word in Kenia geadministreer deur dieKeniaanse Rugbyunie (Kenya Rugby Union, KRU; Swahili:Shirikisho la Raga Kenya) wat in 1970 gestig is. Kenia word deurWêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Keniaanse rugbyspan is tans (November 2025) 36ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys. Saam metIvoorkus enZimbabwe is Kenia tradisioneel een van die sterker nasionaleAfrikarugbyspanne na dieSuid-AfrikaanseSpringbokke en dieNamibieseWelwitschias.

Rugby in Kenia dateer uit dieBritse koloniale tydperk en word sedertdien sterk deur die voormalige koloniale mag beïnvloed. Kenia het in 1954 sy eerste toetswedstryd teenTanganjika (nouTanzanië) gespeel. Hulle tuisveld is die RFUEA-veld inNairobi wat in 1955 vir ’n Oos-Afrika-span teen dieBritse en Ierse Leeus voorberei is. Die span het tydens die Afrikabeker twee titels ingepalm, vier keer in die derde en vier keer in die vierde plek geëindig. Hulle kon nog nie vir ’nrugbywêreldbekertoernooi kwalifiseer nie. Die Keniaanse span speel tradisioneel in rooi truie met swart broeke en groen sokkies – wat aan die kleure van dievlag van Kenia ontleen is. Een voormalige Keniaanse rugbyspeler is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem.

...lees verder


wysig  

Rugby in hierdie jaar


Die Britse en Ierse Leeus teen die Australiese Wallabies in Melbourne
Die Vrouerugbywêreldbekereindstryd 2025 tussen Engeland en Kanada in Londen

Rugby in 2025 – van die hoogtepunte sluit in dieBritse en Ierse Leeus se Australiese toer, dieVrouerugbywêreldbeker 2025 en dieRugbywêreldbeker 2027-kwalifisering.


wysig  

Verwante portale

wysig  

Beheerliggame


Nasionale Rugbyunies vanWêreldrugby
Afrika
Algerië • Benin • Botswana • Burkina Faso • Burundi • Demokratiese Republiek die Kongo • Egipte • Eswatini • Gaboen • Ghana • Guinee •Ivoorkus • Kameroen •Kenia • Lesotho • Madagaskar • Malawi • Mali • Marokko • Mauritius •Namibië • Niger • Nigerië • Republiek die Kongo • Rwanda • Senegal • Sentraal-Afrikaanse Republiek • Seychelle •Suid-Afrika • Tanzanië • Togo • Tsjad • Tunisië • Uganda • Zambië •Zimbabwe
Asië
Afghanistan • Bahrein • Bangladesj • Broenei • Filippyne • Guam •Hongkong • Indië • Indonesië • Irak • Iran •Japan • Jordanië • Kambodja •Kasakstan • Katar • Kirgisië •Korea • Laos • Libanon • Macau • Maleisië • Mongolië • Nepal • Oesbekistan • Oman • Pakistan • Palestina • Republiek China • Saoedi-Arabië • Singapoer • Sirië • Sri Lanka • Thailand • Verenigde Arabiese Emirate • Volksrepubliek China
Europa
Andorra • Belarus •België • Bosnië en Herzegowina • Bulgarye • Denemarke •DuitslandEngeland • Estland • Finland •FrankrykGeorgië • Hongarye •Ierland • Israel •Italië • Kosovo • Kroasië • Letland • Liechtenstein • Litaue • Luxemburg • Malta • Moldowa • Monaco • Montenegro •Nederland • Noorweë • Oekraïne • Oostenryk • Pole •PortugalRoemeniëRusland • San Marino • Serwië • Siprus •Skotland • Slowakye • Slowenië •SpanjeSwede • Switserland • Tsjeggië • Turkye •Wallis • Ysland
Noord-Amerika
Bahamas • Barbados • Belize • Bermuda • Britse Maagde-eilande • Curaçao • Dominikaanse Republiek • Frans-Guyana • Guadeloupe • Guyana • Jamaika • Kaaimanseilande •Kanada • Kuba • Martinique • Meksiko • St. Lucia • St. Vincent en die Grenadine • Trinidad en Tobago • Turks- en Caicoseilande •Verenigde State
Oseanië
Amerikaans-Samoa •Australië • Cookeilande •Fidji • Kiribati • Nauru • Nieu-Kaledonië •Nieu-Seeland • Niue • Papoea-Nieu-Guinee • Salomonseilande •Samoa • Tahiti •Tonga • Tuvalu • Vanuatu • Wallis en Futuna
Suid-Amerika
Argentinië • Bolivië •BrasiliëChili • Colombia • Costa Rica • Ecuador • El Salvador • Guatemala • Honduras • Nicaragua • Panama •Paraguay • Peru •Uruguay • Venezuela
Vetdruk dui op vlak-een-lede enskuinsdruk op vlak-twee- en vlak-drie-lede metrugbywêreldbekerervaring
wysig  

Spanne


Nasionalerugbyspanne
Vlak 1-spanne (11)
Lid- en geassosieerde unies van Wêreldrugby
Vlak 2-spanne (12)
Vlak 3 (Ontwikkeling Een) spanne (10)
Vlak 4 (Ontwikkeling Twee) spanne
Amerikaans-Samoa • Andorra • Armenië • Azerbeidjan • Bahamas • Barbados • Bermuda • Bosnië en Herzegowina • Botswana • Britse Maagde-eilande • Broenei • Bulgarye • Burundi • Chinees-Taipei • Colombia • Cookeilande • Costa Rica • Denemarke • Eswatini • Filippyne • Finland • Ghana • Griekeland • Guam • Guyana • Hongarye • Indië • Indonesië • Iran • Israel • Jamaika • Kaaimanseilande • Kambodja • Kameroen • Kasakstan • Kirgisië • Kroasië • Laos • Letland • Litaue • Luxemburg • Madagaskar • Maleisië • Mali • Malta • Marokko • Mauritanië • Mauritius • Meksiko • Moldowa • Monaco • Mongolië • Nigerië • Niue • Noorweë • Oekraïne • Oesbekistan • Oostenryk • Pakistan • Papoea-Nieu-Guinee •Vlag van ParaguayParaguay • Peru • Pole • Rwanda • Salomonseilande • Senegal • Serwië • Singapoer • Sint Lucia • Sint Vincent en die Grenadines • Siprus • Slowenië • Sri Lanka • Swede • Switserland • Tahiti • Tanzanië •Thailand • Togo • Trinidad en Tobago •Vlag van TsjeggiëTsjeggië • Tunisië • Uganda • Vanuatu • Venezuela • Verenigde Arabiese Emirate • Volksrepubliek China • Zambië
Franse Rugbyfederasie
Guadeloupe • Martinique • Mayotte • Nieu-Kaledonië • Réunion • Wallis en Futuna
Nie geaffilieer by Wêreldrugby nie
Algerië • Benin • Burkina Faso • Curaçao • Demokratiese Republiek die Kongo • Dominikaanse Republiek • Ecuador • Egipte • El Salvador • Estland • Gaboen • Gibraltar • Guatemala • Jordanië • Katalonië • Katar • Libanon • Libië • Macau • Montenegro • Niger • Panama • Republiek die Kongo • San Marino • Sentraal-Afrikaanse Republiek • Sint Kitts en Nevis • Slowakye • Tsjad • Turkye • Turks- en Caicoseilande • Tuvalu
Saamgestelde spanne
Afrikaanse Luiperds •Britse en Ierse Leeus • Pasifiese Eilanders • Suid-Amerikaanse XV
Voormalige spanne
Arabiese Golf • Gemenebes van Onafhanklike State • Joego-Slawië • Njassaland (Malawi) • Oos-Afrika • Oos-Duitsland • Sowjetunie • Tsjeggo-Slowakye • Wes-Duitsland
wysig  

Toernooie


Spanne
Drienasiesreeks
1996 •1997 •1998 •1999 •2000 •2001 •2002 •2003 •2004 •2005 •2006 •2007 •2008 •2009 •2010 •2011 •2020
Rugbykampioenskap
2012 •2013 •2014 •2015 •2016 •2017 •2018 •2019 •2021 •2022 •2023 •2024 •2025
Verwante trofeë


Rugbywêreldbeker

Australië / Nieu-Seeland 1987Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1991Suid-Afrika 1995Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1999Australië 2003Frankryk 2007Nieu-Seeland 2011Engeland / Wallis 2015Japan 2019Frankryk 2023Australië 2027Verenigde State 2031

Vrouerugbywêreldbeker

Wallis 1991Skotland 1994Nederland 1998Spanje 2002Kanada 2006Engeland 2010Frankryk 2014Ierland 2017Nieu-Seeland 2021Engeland 2025Australië 2029Verenigde State 2033

wysig  

Kategorieë

Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Portaal:Rugby&oldid=2677220"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp