Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Portaal:Antieke Egipte

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Welkom by die portaal oor Antieke Egipte

Antieke Egipte was die beskawing aan dieNylrivier, waar die hedendaagseEgipte lê, tussen omstreeks3100 v.C. en die verowering vanEgipte deurAlexander die Grote in332 v.C. Dit was een van die wêreld se ses beskawings wat in die31ste eeu v.C. onafhanklik ontstaan het, en wel ná die vereniging vanBo- enBenede-Egipte onder die eerstefarao. Die geskiedenis van Antieke Egipte strek oor ’n paar stabiele koninkryke: dieOu Ryk van die VroeëBronstydperk, dieMiddelryk van die Middel-Bronstydperk en dieNuwe Ryk van die Laat Bronstydperk. Hulle is afgewissel met tydperke van relatiewe onstabiliteit wat die "Oorgangstydperke" genoem word.Lees verder...


iA26anxwA1A1A1T8wtAswAt
y
N31D54snHrN14G1O1p
n
G35N29D54
Z2
O, lewendes op aarde wat by hierdie portaal kom, kom in!

Sterartikel
Antieke Egipte

DieDodetempel van Hatsjepsoet (Egipties:Ḏsr-ḏsrw, "Allerheiligste") is 'n dodetempel wat in die tyd van faraoHatsjepsoet van die18de Dinastie gebou is. Dit is oorkant die stadLuxor geleë en word beskou as 'n meesterstuk van antieke argitektuur.

Die tempel se drie enorme terrasse styg uit bo die woestynbodem tot in die kranse vanDeir el-Bahari. Hatsjepsoet se grafkelder,KV20, is in dieVallei van die Konings. Oorkant dieNyl wys die hele struktuur na die monumentale agtste spanmas, Hatsjepsoet se herkenbaarste byvoeging tot dieTempel van Karnak. Die dodetempel se dubbele funksie word deur sy asse geïdentifiseer: Sy hoofas van wes na oos het ten doel gehad om die bark (boot) vanAmoen-Re te ontvang tydens die hoogtepunt van die Mooi Fees van die Vallei, terwyl sy as van noord na suid die lewensiklus verteenwoordig van die farao van sy kroning tot sy hergeboorte.

Die tempel is gebou tussen Hatsjepsoet se sewende en 20ste bewindsjaar. Die ontwerp is in 'n groot mate beïnvloed deur dieDodetempel van Mentoehotep II van die11de Dinastie, wat ses eeue tevore gebou is. Dit is egter heeltemal uniek wat sy kamers en heiligdomme betref. Die hoofas, wat gewoonlik vir die dodekompleks gebruik is, word beslaan deur die heligdom van die bark van Amoen-Re, terwyl die dodekultus van noord na suid geplaas is en die sekondêre as vorm. Apart van die hoofheiligdom lê die heiligdomme virHathor enAnoebis op die middelste terras. Die suilegange aan die voorkant van die terras hevat die merkwaardigste reliëfs van die tempel: dié van die ekspedisie na die landPoent en die goddelike geboorte van Hatsjepsoet, die belangrikste deel van haar aanspraak om die troon te beset as lid van die koninklike familie en as 'n goddelike afstammeling.

Die toestand van die tempel het mettertyd agteruitgegaan. Twee dekades ná Hatsjepsoet se dood is verwysings na haar bewind onder leiding vanToetmoses III uitgewis of onregmatige oorgeneem. Die rede is onduidelik. 'n Persoonlike wrok lyk onwaarskynlik, want Toetmoses het eers 20 jaar gewag voor hy opgetree het. Dalk het 'n dispuut tussen die Ahmose- en die Toetmoses-lyn daartoe gelei. In dieAmarnatydperk was die tempel weer in gevaar toeAchenaten gelas het dat alle beelde van Egiptiese gode, veral dié van Amoen, vernietig word. Dié skade is eindelik deurToetankamen,Horemheb enRamses II herstel. 'nAardbewing in dieDerde Oorgangstydperk het verdere skade aangerig. In diePtolemeïese tydperk is die heiligdom van Amoen herbou en 'n nuwe suilegang voor die ingang daarvan opgerig. 'nKoptieseklooster is tussen die 6de en 8ste eeu n.C. daar gebou, en beelde vanChristus is bo-oor die oorspronklike reliëfs geverf. Die laaste graffito in die tempel kom uit omstreeks 1223.

Die tempel het weer in die moderne annale verskyn toe Richard Pococke, 'n Britse reisiger, dit in 1737 besoek het. Ernstige uitgrawings is egter eers in die 1850's en 1960's onder leiding van Auguste Mariette gedoen. Die tempel is tussen 1893 en 1906 heeltemal uitgegrawe tydens 'n ekspedisie onder leiding van Édouard Naville. Nog werk is van 1911 tot 1936 gedoen deur Herbert E. Winlock en dieMetropolitan-kunsmuseum (MMA), en van 1925 tot 1952 deur Émile Baraize en die Egiptiese Oudhedediens. Herstelwerk duur voort en dit is in Maart 2023 vir die publiek oopgestel.

Onderskrif: Hatsjepsoet se tempel. Leeshier meer oor die tempel.

Biografie
Antieke Egipte

Taharqa was ’nfarao vanAntieke Egipte se25ste Dinastie en die koning vanKoesj (nou in Noord-Soedan). Hy was die seun vanPije, die Nubiese koning van Napata wat Egipte verower het. Hy was ook die neef en opvolger van Sjebitkoe. Die suksesvolle veldtogte van Pije en Sjebitkoe het die weg gebaan vir ’n vooruitstrewende bewind vir Taharqa.

Sommige geleerdes glo Taharqa was dieselfde persoon as dieBybelseTirhaka, koning vanEthiopië (Koesj), wat oorlog gevoer het teen die Assiriese keiser Sanherib gedurende die bewind van koning Hiskia van Juda (2 Kon 19:9; Jes 37:9). Toe hy omtrent 20 jaar oud was, het hy en die Egiptiese/Koesjitiese leër op Hiskia se versoek die Assiriërs se aantog naJerusalem gekeer. Sanherib het van sy beleg afgesien en teruggekeer huis toe. So het Taharqa gehelp om Jerusalem en die Hebreeuse gemeenskap van verwoesting te red – ’n kritieke punt in die wêreld- en Hebreeuse geskiedenis.

Die krag van Taharqa se militêre magte het gelei tot ’n tydperk van vrede in Egipte, en die ryk het floreer.

Onderskrif: Taharqa en koningin Takahatamoen byDjebel Barkal.

Farao's

Van die belangrikste farao's van Egipte was:

AchenatenAmenemhat IAmenemhat IIAmenemhat IIIAmenhotep IIAmenhotep IIIAmyrteusAntef IApriësChafraChoefoeDjedefreDjerDjoserHoeniHor-AhaHoremhebKleopatra VIIMenesMenkaoehorMenkaoereMentoehotep IIMerneptahNarmerNectanebo INectanebo IINeferefreNeferirkareNefertitiNepherites INioeserreOenasOeserkafPepi IPijePtolemeus I SoterPtolemeus II PhiladelphusPtolemeus III EuergetesPtolemeus IV PhilopatorPtolemeus V EpiphanesRamses IISahoereSechemchetSenoesret IISeqenenre TaoSjepseskafSjepseskareSjesjonk ISnofroeTaharqaTanoetamoenTetiToetankamenToetmoses IToetmoses IIIToetmoses IV

Sterfoto
Antieke Egipte

Layla Taj as Cleopatra inWings of Isis, deel vanJourney Down the Nile, opgevoer onder beskerming van die Vereniging vir die Egiptiese Kulturele Uitvoerende Kunste.

Het jy geweet?
mn
n
nfrf
r
O24niwt
Memphis (mn nfr)
inhiërogliewe
  • Narmer was die eerstefarao nadat hyBo- enBenede-Egipte in een land verenig het.
  • Die bekendeCleopatra was die laaste farao voordat Egipte ’n provinsie van dieRomeinse Ryk geword het.
  • Die Antieke Egiptenare hetEgipties gepraat. Vandag is die land se amptelike taalArabies.
  • Memphis was eeue lank die grootste stad ter wêreld.
  • Die stelsel waarvolgens die historikus en priesterManetho die farao's in die3de eeu v.C. in 31 dinastieë ingedeel het, word vandag nog gebruik.

Mitologie
Antieke Egipte

Egiptiese mitologie is die versamelingmites vanAntieke Egipte wat die optrede van die Egiptiese gode beskryf as ’n manier om die wêreld te verstaan. Mites verskyn dikwels in antieke geskrifte en kuns, veral in godsdienstige materiaal soos gesange, rituele tekste, begrafnistekste en tempelversierings. Dié bronne bevat selde ’n volledige weergawe van ’n mite en beskryf dikwels net ’n kort deel daarvan.

Mites speel af in die vroegste tye en bepaal die patroon vir die siklusse van die hede. Huidige gebeure herhaal die gebeure in die mites en hernu somaät, die basiese orde van die heelal. Van die belangrikste episodes van die mitiese verlede is die skeppingsmites waarin die gode die heelal uit ’n oerchaos vorm; die verhale van die bewind van die songod,Ra, op aarde; en die Osiris-mite oor die gevegte van die godeOsiris,Isis enHorus teen die ontwrigtende godSet. Gebeure in die teenswoordige tyd wat as mites beskou kan word, is Ra se daaglike reis deur die wêreld en die ander kant van die wêreld, dieDoeat. Herhalende temas in die mites sluit in die konflik tussen die handhawers vanmaät en die magte van wanorde, die belangrikheid van diefarao ommaät te handhaaf en die voortdurende dood en opwekking van die gode.

Mitologie het die Egitiese kultuur in ’n groot mate beïnvloed. Dit het baie godsdienstige rituele geïnspireer of beïnvloed en die ideologiese basis geskep vir koningskap. Tonele en simbole uit mites het in graftombes, tempels en op juweliersware verskyn. In die letterkunde is mites of elemente daarvan gebruik in ’n groot verskeidenheid verhale.

Van die artikels oor mitologie op die Afrikaanse Wikipedia:

Gode:AmoenAnoebisAnoeketApepApisAtenAtoemBastetBesChepriChnoemChonsoeGebHapiHathorHeqetHorusIsisMaahesMafdetMeschenetMinMoetMontoeNechbetNefertemNeithNephthysNoeNoetOsirisPtahRaRaet-TawySatetSechmetSekerSerketSesjatSetSjoeSobekTaweretTefnoetThothVier seuns van HorusWadjetWepwawetGeskrifte:AmdoeatBoeke van AsemhalingBoek van die AardeBoek van die DooiesBoek van GrotteBoek van PoorteEnigmatiese Boek van die OnderwêreldAnder:DoeatEgiptiese mitologieEgiptiese sielEnneadMaätMondopeningseremonieNege boëOerheuwelOog van HorusOog van Ra

Meer oor die mitologie van Egipte

Skryfstelsel

Egiptiese hiërogliewe was ’n amptelikeskryfstelsel wat deur die AntiekeEgiptenare gebruik is. Dit hetlogografiese enalfabetetiese elemente gekombineer. Kursiewe hiërogliewe is gebruik vir godsdienstige geskrifte oppapirus en hout.

Verskeie geleerdes glo Egiptiese hiërogliewe het ontstaan ’n rukkie ná dieSoemeriese skrif en is waarskynlik daardeur beïnvloed, hoewel dit onseker is of dit wel die geval was.

Die woord "hiëroglief" kom van dieGriekse byvoeglike naamwoord ἱερογλυφικός (hieroglyphikos), ’n samestelling van ἱερός (hierós, "heilige") en γλύφω (glýphō, "ek kerf/graveer"). Dit is weer ’n leenwoord van Egiptiesemdww-nṯr (medoe-netjer, "God se woorde"). Die gliewe self is genoem τὰ ἱερογλυφικὰ γράμματα (tà hieroglyphikà grámmata, "die heilige gegraveerde letters").

Hiërogliewe bestaan uit drie soorte: fonetiese gliewe wat enkelkonsonante insluit en dus ooreenstem met ’nalfabet,logogramme watmorfeme voorstel en determinatiewe (bepalers) wat die betekenis van die logogramme of fonetiese woorde duideliker maak.

Teen die 4de eeu kon min Egiptenare hiërogliewe lees en die algemene gebruik daarvan het afgeneem ná die sluiting van alle nie-Christeliketempels in 391 v.C. deur die Romeinse keiserTheodosius I. Die laaste bekende inskripsie is uit 394 v.C.

Voorbeelde van hoe determinatiewe woorde kan verander:

  • nfrwA17Z3
    nfrw (w en die drie strepe dui die meervoud aan: (letterlik) "die mooi jong mense", dus die jong militêre rekrute. Die woord het ’n jongmens-determinatief:
    A17
    wat jongmense, kinders en babas aandui;
  • nfrf&r&tB1
    nfr.t (.t is hier die agtervoegsel vir die vroulik): "die hubare jong vrou", met
    B1
    as die determinatief vir ’n vrou;
  • nfrnfrnfrpr
    nfrw (die driedubbele karakter dui die meervoud aan: "fondamente (van ’n huis)", met die huis as determinatief,
    pr
    ;
  • nfrf
    r
    S28
    nfr: "klere", met
    S28
      as die determinatief vir stroke materiaal;
  • nfrW22
    Z2ss
    nfr: "wyn" of "bier", met ’n kruik
    W22
      as determinatief.

Soms is farao's se name in ’ncartouche geskryf – die raam het sy naam beskerm, is geglo:

<
q
E23
iV4p
d
r
At
H8
>

(Cleopatra se naam)

Meer oor die hiërogliewe en ander Egiptiese skryfstelsels . . .

Mummies
Antieke Egipte

’nMummie is ’n gestorwe mens of dier waarvan dievel enorgane bewaar gebly het vanweë óf ’n doelbewuste óf ’n toevallige blootstelling aan chemikalieë, uiterse koue, baie laehumiditeit of ’n gebrek aanlug, in so ’n mate dat die ligaam nie verder sal ontbind wanneer dit uitgehaal en op ’n koel, droë plek bewaar word nie. Sommige owerhede beperk die woord tot liggame wat doelbewus met chemikalieë gebalsem is, maar die gebruik van die woord vir liggame wat toevallig behoue gebly het, dateer uit minstens 1615.

z
a
H
Mummie (sˁḥ)
inhiërogliewe

Mummies van mense en diere is al op elkekontinent gevind, beide vanweë ’n doelbewuste en toevallige bewaring. Meer as ’n miljoen dieremummies is inEgipte ontdek – baie van hullekatte.

Benewens die bekende mummies van Antieke Egipte, het doelbewuste mummifisering in verskeie kulture inSuid-Amerika enAsië voorgekom, in dele wat ’n baie droë klimaat het. Die oudste bekende liggaam wat doelbewus gemummifiseer is, is van ’n kind wat in die Camarones-vallei inChili ontdek is; dit dateer uit omstreeks 5050 v.C. Die oudste bekende natuurlike mummie is ’n afgekapte kop wat sowat 6 000 jaar oud is; dit is in 1936 ontdek, ook in Suid-Amerika.

Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Portaal:Antieke_Egipte&oldid=2513185"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp