Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Pools-Ortodokse Kerk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pools-Ortodokse Kerk
’n Pools-Ortodokse kerk in Białowieża.
’n Pools-Ortodokse kerk in Białowieża.
MoederkerkRussies-Ortodokse Kerk
Stigtingsjaar1924
StigterCyrillus en Methodius
StatusOutokefaal
Kerkleiding
HoofSava Hrycuniak
Hoof se titelMetropoliet van Warskou en die Hele Pole
SetelWarskou,Pole
Besonderhede
LiturgieBisantyns
Liturgiese taal  Kerkslawies,Pools
KalenderJuliaanse kalender
Gelowiges600 000
Bisdomme7
Kloosters3
Gemeentes240
Webtuiste
http://www.orthodox.pl/

DiePools-Ortodokse Kerk (Pools: Polski Autokefaliczny Kościół Prawosławny) is ’noutokefaleOosters-Ortodokse Kerk wat in volle gemeenskap met die ander Oosters-Ortodokse kerke is. Die primaat van die kerk het die titel Metropoliet van Warskou en die Hele Pole.

Die Kerk is gestig in 1924, ’n paar jaar nadatPole sy onafhanklikheid teruggekry het ná dieEerste Wêreldoorlog, om OrtodokseChristene van Poolse,Oekraïense enBelarussiese herkoms te akkommodeer.

Ná dieTweede Wêreldoorlog is die meeste Oekraïense en Belarussiese gebiede, met 80% van die Poolse kerk se gemeentes, deur dieSowjetunie geannekseer en is dié kerke met dieRussies-Ortodokse Kerk verenig. Die orige kerke, meestal dié in die oostelike, gemengde gebiede soos om Chełm en Białystok, het onder beheer van die Poolse kerk gebly. In 1948, onder druk van die Russiese kerk, het dieEkumeniese Patriargaat van Konstantinopel die Kerk in Pole outokefaal verklaar.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Pools-Ortodokse_Kerk&oldid=1890272"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp