Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Pomake

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pomake

Pomake in die vroeë 20ste eeu
Totale bevolking:ca. 1 miljoen[1]
Belangrike bevolkings in:Vlag van Turkye Turkye 350 000[1]–600 000[2]

Vlag van Bulgarye Bulgarye 67 350IslamitieseBulgare (2011-sensus)[3]
– 250 000 insluitende Turkse en geen etniese identiteit[1]
Flag of the Republic of Macedonia Noord-Masedonië 40 000 IslamitieseMasedoniërs – 100 000 insluitendeTurke[1]
Vlag van Griekeland Griekeland 50 000 in Wes-Thracië[1]

Taal:Bulgaars, insluitende verskeie Bulgaarsedialekte as deel van 'n wyer Bulgaarse dialekkontinuum asmoedertaal[4][5][6][7]
Geloofsoortuiging:SoennitieseIslam
Verwante etniese groepe:Bulgare,Turke enMasedoniërs

DiePomake (Bulgaars: Помаци,Pomatsi;Grieks: Πομάκοι,Pomákoi;Turks:Pomaklar) is 'n term wat verwys na Bulgaarstalige Moslems wat inBulgarye, noordoostelikeGriekeland en noordwestelikeTurkye bly.[8] Die sowat 220 000 mense omvattende[9]etnies-religieuse minderheid staan in Bulgarye amptelik as Bulgaarse Moslems bekend.[10] Dié term is ook in 'n wyer konteks gebruik en sluit soms ook die Slawiese Moslembevolking vanNoord-Masedonië enAlbanië in.[11][12]

Etnografiese kaart van Europese Turkye in die laat 19de eeu met die streke wat veral deur Pomake bevolk is in bruin

Hulle praat verskeie Bulgaarsedialekte en van dié wat in Griekeland en Turkye gebesig word, word in hierdie lande Pomaks genoem.[13] Die gemeenskap in Griekeland praat algemeen vlot Grieks en in Turkye vlot Turks, alhoewel die gemeenskappe in albei lande, veral in Turkye as gevolg van onderwys en familiebande metTurke, meer en meer Turks as hul moedertaal gebruik.[14][15] Dit is egter omstrede op watter wyse Pomaks as 'n eie taal klassifiseer, aangesien dit net mit van die taal wat deur hul Christelike bure gebesig word, verskil.

Hulle word nie amptelik as een volk met die etnoniem "Pomake" erken nie. Die term verwys algemeen na al die Oos-Suid-Slawiese Moslems en dit word soms as 'npejoratief ('n neerhalende term) beskou.[16] In Griekeland en Turkye is die praktyk om die etniese groep in sensusse op te neem egter oor dekades heen afgeskaf. Verskeie lede van die groep gee 'n verskeidenheid etniese groepe aan: Bulgaar,[17][18] Pomak,[19][20][21] Moslem, Turk en ander.[22] Waar die term Pomake vandaan kom, is onduidelik. Volgens 'n veral in Bulgarye gewilde volksetimologiese verduideliking het die term sy oorsprong in die woord помагачи [pɔmagatʃi], wat "helper" beteken en uit die tyd van dieOttomaanse Ryk dateer. Die huidige term word eers sedert die 19de eeu gebruik.[23]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 12345(en)Carl Skutsch (7 November 2013).Encyclopedia of the World's Minorities. Routledge. pp. 974–.ISBN 978-1-135-19388-1.
  2. (tr)"Türkiye'deki Kürtlerin sayısı!". 6 Junie 2008. Besoek op17 Augustus 2010.
  3. (bg)2011 Bulgarian census, bl. 29Geargiveer 27 Julie 2013 opWayback Machine
  4. (en)Ethnologue, Languages of Greece.Bulgarian.
  5. (en)"Ethnologue: Languages of the World Fourteenth Edition.Bulgarian". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 16 Januarie 2009. Besoek op3 Desember 2018.
  6. (en)Encyclopaedia Britannica, Pomak People.
  7. (en)"Social Construction of Identities: Pomaks in Bulgaria, Ali Eminov, JEMIE 6 (2007) 2 © 2007 by European Centre for Minority Issues"(PDF). Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 26 Maart 2017. Besoek op17 Oktober 2011.
  8. (en)Carl Waldman; Catherine Mason (2006).Encyclopedia of European Peoples. Infobase Publishing. pp. 607–.ISBN 978-1-4381-2918-1.
  9. (en)Thomas M. Wilson; Hastings Donnan (2005).Culture and Power at the Edges of the State: National Support and Subversion in European Border Regions. LIT Verlag Münster. pp. 158–159.ISBN 978-3-8258-7569-5.
  10. (en)Hugh Poulton; Suha Taji-Farouki (Januarie 1997).Muslim Identity and the Balkan State. Hurst. pp. 33–.ISBN 978-1-85065-276-2.
  11. (en)Kristen Ghodsee (27 Julie 2009).Muslim Lives in Eastern Europe: Gender, Ethnicity, and the Transformation of Islam in Postsocialist Bulgaria. Princeton University Press. p. 38.ISBN 978-1-4008-3135-7.
  12. (en)P. H. Liotta (1 Januarie 2001).Dismembering the State: The Death of Yugoslavia and why it Matters. Lexington Books. pp. 246–.ISBN 978-0-7391-0212-1.
  13. (en)Turan, Ömer (2007). "Pomaks, Their Past and Present".Journal of Muslim Minority Affairs.19 (1):69–83.doi:10.1080/13602009908716425.
  14. (en)Geargiveer 4 Maart 2016 opWayback Machine THE POMAKS, Report – Greek Helsinki Monitor
  15. (en)The World Directory of Minorities and Indigenous PeoplesGeargiveer 14 Julie 2015 opWayback Machine
  16. (en)Janusz Bugajski (1994).Ethnic Politics in Eastern Europe: A Guide to Nationality Policies, Organizations, and Parties. M.E. Sharpe. pp. 235–.ISBN 978-1-56324-282-3.
  17. (bg)"СТРУКТУРА НА НАСЕЛЕНИЕТО ПО ВЕРОИЗПОВЕДАНИЕ".www.nsi.bg. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 25 Desember 2009. Besoek op6 April 2020.
  18. (en) Muslim identity and the Balkan State; Hugh Poulton, Suha Taji-Farouki; 1997, bl. 102
  19. (en)Interview With Mr. Damjan Iskrenov* and Mr. Shikir Bujukov* from the Village of Kochan – Pomaks from Chech, Western Rodop Mountains (Pirin Part of Macedonia), R. of BulgariaGeargiveer 3 Maart 2016 opWayback Machine
  20. (en)READING ROOM 3: Raw deal for the PomaksGeargiveer 3 Maart 2016 opWayback Machine
  21. (bg)Помаците искат да бъдат признати като етнос
  22. (en)Histories and Identities: Nation-state and Minority Discourses. The Case of the Bulgarian PomaksGeargiveer 21 April 2009 opWayback Machine. Ulf Brunnbauer, University of Graz
  23. (de) Ulrich Büchsenschütz:Minderheitenpolitik in Bulgarien. (PDF; 1,8 MG) Vrye Universiteit Berlyn, 2004.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Internasionaal
Nasionaal
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Pomake&oldid=2481674"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp