Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Poliomiëlitis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Poliomiëlitis
Klassifikasie en eksterne bronne
Man wat se been as gevolg van polio aangetas is.
Man wat se been as gevolg van polio aangetas is.
ICD-10A80,B91
ICD-9045,138
DiseasesDB10209
MedlinePlus  001402
eMedicineped/1843pmr/6
MeSHC02.182.600.700
Mediese waarskuwing

Poliomiëlitis, ookkinderverlamming of kortwegpolio genoem, is 'n gevaarlike en hoogsaansteeklike siekte. Die siekte het al baie kinders in die geskiedenis geaffekteer. Dit kom egter nie meer algemeen voor nie. Volgens dieWêreldgesondheidsorganisasie het polio, sedert immunisasie in 1955 beskikbaar geword het, met 99% afgeneem.[1]

Bevestigde gevalle van Poliomiëlitis in 2018[2][3]
LandAktiewe
gevalle
Sirkuleerende
entstof-
verwante
gevalle
Oordrag-
status
Tipe(s)
Vlag van Afghanistan Afghanistan210

 endemies

 WPV1

Vlag van Pakistan Pakistan120

 endemies

 WPV1

Vlag van Demokratiese Republiek die KongoDR Kongo020

 slegs cVDPV

 cVDPV2

Vlag van Indonesië Indonesië01

 slegs cVDPV

 cVDPV1

Vlag van Mosambiek Mosambiek01

 slegs cVDPV

 cVDPV2

Vlag van Niger Niger010

 slegs cVDPV

 cVDPV2

Vlag van Nigerië Nigerië034

 slegs cVDPV

 cVDPV2

Vlag van Papoea-Nieu-Guinee Papoea-Nieu-Guinee026

 slegs cVDPV

 cVDPV1

Vlag van Somalië Somalië012

 slegs cVDPV

 cVDPV2/3

Totaal33104
Die dekade van die laaste aangetekende geval van verlamde polio.[4]

Diepoliovirus dring die liggaam deur diemond binne. Dit word gewoonlik as gevolg van swakhigiëne of die inname van besmettewater ofvoedsel versprei. Die virus se inkubasietyd is meestal 6-20 dae. Dit val die sentrale senuweestelsel aan en vernietig die senuweeselle wat vir spierwerking verantwoordelik is. Die persoon searms enbene word meestal geaffekteer en kan verlamming veroorsaak.

Hoewel immunisasie teen polio vryelik beskikbaar en effektief is, is daar tans geen medikasie vir mense wat dit reeds opgedoen het nie. Die behandeling is daarop gemik om die persoon so gemaklik as moontlik te maak en die hersteltyd te versnel. Die simptome van polio verskil afhangend van hoe erg die infeksie is. Sommige mense ervaar slegs moegheid, koors, hoofpyn, keelseer en braking. Die simptome is gewoonlik vir een tot twee weke teenwoordig. By ongeveer 2% van pasiënte kom abnormale sensasie (gevoel), swaar asemhaling, moelike sluk, spierpyne, spierspasmas en verlamming voor. Hierdie simptome word deur die infeksie en inflammasie in die sentrale senuweestelsel en spinaalkoord veroorsaak.

In die kroniese fase is die verlamming ongeneeslik en lei dit tot blywende spierswakte. By groeiende kinders kan dit misvorming veroorsaak, deurdat die aangetaste ledemate nie normaal ontwikkel nie, of deur spiere kromgetrek word. As dit die asemhalingspiere aantas kan dit tot die dood lei.

Entstof

[wysig |wysig bron]

Jonas Salk het in1952 'nentstof ontwikkel teen polio.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)Heymann D (2006)."Global polio eradication initiative".Bull. World Health Organ.84 (8).Wêreldgesondheidsorganisasie: 595.PMID 16917643. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 11 Julie 2020. Besoek op31 Augustus 2020.
  2. (en)"Polio Case Count".Wêreldgesondheidsorganisasie. 27 Desember 2017. Besoek op31 Augustus 2020.
  3. (en)"Polio This Week". Global Polio Eradication Initiative. 26 Mei 2020. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 25 Januarie 2017. Besoek op31 Augustus 2020.
  4. (en)"The decade of the last recorded case of paralytic polio by country".Our World in Data. Besoek op31 Augustus 2020.

Verdere leesstof

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Nasionaal
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Poliomiëlitis&oldid=2773502"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp