Poliomiëlitis, ookkinderverlamming of kortwegpolio genoem, is 'n gevaarlike en hoogsaansteeklike siekte. Die siekte het al baie kinders in die geskiedenis geaffekteer. Dit kom egter nie meer algemeen voor nie. Volgens dieWêreldgesondheidsorganisasie het polio, sedert immunisasie in 1955 beskikbaar geword het, met 99% afgeneem.[1]
Bevestigde gevalle van Poliomiëlitis in 2018[2][3]
Die dekade van die laaste aangetekende geval van verlamde polio.[4]
Diepoliovirus dring die liggaam deur diemond binne. Dit word gewoonlik as gevolg van swakhigiëne of die inname van besmettewater ofvoedsel versprei. Die virus se inkubasietyd is meestal 6-20 dae. Dit val die sentrale senuweestelsel aan en vernietig die senuweeselle wat vir spierwerking verantwoordelik is. Die persoon searms enbene word meestal geaffekteer en kan verlamming veroorsaak.
Hoewel immunisasie teen polio vryelik beskikbaar en effektief is, is daar tans geen medikasie vir mense wat dit reeds opgedoen het nie. Die behandeling is daarop gemik om die persoon so gemaklik as moontlik te maak en die hersteltyd te versnel. Die simptome van polio verskil afhangend van hoe erg die infeksie is. Sommige mense ervaar slegs moegheid, koors, hoofpyn, keelseer en braking. Die simptome is gewoonlik vir een tot twee weke teenwoordig. By ongeveer 2% van pasiënte kom abnormale sensasie (gevoel), swaar asemhaling, moelike sluk, spierpyne, spierspasmas en verlamming voor. Hierdie simptome word deur die infeksie en inflammasie in die sentrale senuweestelsel en spinaalkoord veroorsaak.
In die kroniese fase is die verlamming ongeneeslik en lei dit tot blywende spierswakte. By groeiende kinders kan dit misvorming veroorsaak, deurdat die aangetaste ledemate nie normaal ontwikkel nie, of deur spiere kromgetrek word. As dit die asemhalingspiere aantas kan dit tot die dood lei.
↑(en)"Polio This Week". Global Polio Eradication Initiative. 26 Mei 2020. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 25 Januarie 2017. Besoek op31 Augustus 2020.