DiePolinesiese mitologie is die tradisionele oorlewering van die mense vanPolinesië, ’n groep eilande in die sentrale en suidelikeStille Oseaan. Polinesiërs praattale van die taalgroepMaleis-Polinesiese tale, die belangrikste groep van dieAustronesiese tale.Proto-Polinesies is vermoedelik omstreeks 1000 v.C. in dieTonga-Samoa-gebied gepraat.
Voor die15de eeu het Polinesiese volke na die ooste versprei: na dieCookeilande en van daar na ander eilande soosTahiti en dieMarquesaseilande. Hul afstammelinge het later eilande soosPaaseiland,Hawaii enNieu-Seeland ontdek. Die woordeskat van dié tale is naby genoeg dat die verskillende volke mekaar kan verstaan. Veral hulmitologieë toon ’n gemeenskaplike oorsprong.
Volgens verskeie oorlewerings het die Polinesiërs van die mitieseHawaiki na die eilande van dieStille Oseaan migreer in oop kano's, soortgelyk aan die tradisionelevlerkproue wat steeds in Polinesië aangetref word. Die Maori van Nieu-Seeland spoor hul voorouers terug na groepe mense wat na berig word in 40 kano's (waka) van Hawaiki af getrek het. Volgens tradisie keer die siele van afgestorwenes terug na Hawaiki. In Nieu-Seeland vind sulke terugreise plaas vanaf die verre noorde vanNoordeiland — wat miskien ’n aanduiding is van die rigting waarin Hawaiki lê.
In sommige eilandgroepe isTangaroa een van die belangrike gode – van die see en van visvangs. ’n Gewilde mite is van ’n huwelik tussen Lug en Aarde; die Nieu-Seelandse weergawe,Rangi en Papa, is ’n verbintenis wat die geboorte van die wêreld en alles daarin tot gevolg gehad het. Daar is stories oor eilande wat met ’n magiese vishoek uit die see getrek of van die hemel af gegooi word. Daar is verhale van reise, migrasies, verleidings en gevegte. Stories oor ’n bedrieër,Maui, is algemeen bekend asook dié oor die beeldskone godin/voorouerHina of Sina.
Benewens hierdie gedeelde temas het elke eiland sy eie verhale van halfgode en helde. Dit word dikwels verbind metgeografiese ofekologiese voorwerpe, wat beskryf word as die versteende oorblyfsels van die bonatuurlike wesens.