Hierdie artikel bevat nie ’nbronnelys nie, wat beteken dat die inhoud niegeverifieer kan word nie. Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.
In hierdie polifiletiese stamboom is die blou en die rooi groep monofiletiese groepe, terwyl die groen groep parafileties is.
’n Hipotetiese takson, "gevleueldes" – wat sou kon bestaan uit voëls, vlermuise en insekte – sou polifileties gewees het as die gemeenskaplike voorsaat nie ook ’n "gevleuelde" was nie.
Polifiletiese taksons verskil vanmonofiletiese taksons, waar die groep die gemeenskaplike voorsaat en al die afstammelinge daarvan insluit, en vanparafiletiese taksons, waar die voorsaat wel tot die groep behoort, maar nie al die afstammelinge nie.
In moderne taksonomie word daarna gestreef om waar moontlik slegs met monofiletiese taksons te werk. Die moontlikheid om dieDNA van organismes te vergelyk, het die ontwikkeling van ’n nuwe klassifikasiestelsel versnel.