Die vrou van die heerser van Poent uit Hatsjepsoet se monument by Deir el-Bahri.
Poent of dieLand van Poent, wat ookPwenet ofPwene genoem is deur dieAntieke Egiptenare,[1] was ’n Egiptiese handelsvennoot en bekend vir die vervaardiging en uitvoer vangoud, swart- enebbehout,ivoor en wilde diere. Die streek is bekend uit rekords van handelsendings daarheen.[2] Sommige geleerdes glo dit was dieBybelse stad Put (onder meer inEseg 30:5).[3]
Soms is ook na Poent verwys asTa netjer, "die land van die god".[4]
Die presiese ligging van Poent is onbekend en historici verskil daaroor. Die meeste geleerdes glo egter dit was suidoos van Egipte, moontlik in die kusstreek van wat vandagSomalië,Djiboeti,Eritrea, Noordoos-Ethiopië en dieRooiseekus van dieSoedan is.[5] Sommige geleerdes glo egter dit was in dieArabiese Skiereiland.[6]