Terwyl die meeste plutino's kleinbaanhellings het, het ’n aansienlike aantal van hulle wentelbane soortgelyk aan dié van Pluto, met ’n helling van tussen 10° en 25°, en ’neksentrisiteit van omtrent 0,2–0,25. Dit veroorsaak ’nperihelium binne of naby diewentelbaan van Neptunus en ’nafelium naby die buitekant van die klassieke Kuipergordel (waar voorwerpe in ’n 1:2-resonansie met Neptunus is).
Die wentelperiode van plutino's is gemiddeld sowat 247,3 jaar (1,5 keer Neptunus s’n), met verskille van hoogstens ’n paar jaar.
Ongewone plutino's sluit in:
- 2005 TV189, wat die grootste baanhelling het (34,5°);
- (15875) 1996 TP66, wat die mees elliptiese wentelbaan het (sy eksentrisiteit is 0,33) en sy perihelium halfpad tussenUranus en Neptunus;
- (470308) 2007 JH43, met ’n kwasisirkulêre wentelbaan; en
- 2002 VX130, waarvan die wentelbaan feitlik heeltemal op diesonnebaan lê (met ’n hellingshoek van kleinder as 1,5°).