Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Ploeg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Wielploeg getrek deur 'n dubbelspan
'n Ploegvoor

Dieploeg is 'n landbouwerktuig wat in die akkerbou gebruik word om diegrond waarin 'n gewasgesaai of geplant word om te keer, te verbrokkel en voor te berei.

Die ploeg is 'n verdere ontwikkeling van die skoffel en die haakploeg, en is oorspronklik deur mense of lasdiere soososse enperde getrek. Die haakploeg skeur deur die grond en maak slegs 'n oop gleuf. 'n Volgende ontwikkeling was die montering van 'n rysterplaat onder die ploegboom wat verder voorsien word van twee wiele aan die voorkant. So is die rysterplaatploeg gebore. Dié plaat keer die grond om, sodat die ondergrond bo kom en die oppervlak met onkruid, wortels en reste van 'n vorige oes ondergeploeg word.

Die basiese onderdele van 'n ploeg is: 'n skaar, ploegmes, rysterplaat, stelbeuel en stut. Daar is verskillende soorte ploeë: volgens grondsoort; byvoorbeeld sand, leem of klei, of volgens die bouwerk; een- of meerskarig of wentelend.

Ploeë is noodsaaklik om die grond losser te maak, waardeur hulle die bodemstruktuur en afwatering verbeter en die saai en ontkieming van gewasse vergemaklik. Met 'n ploeg word die oorskot van die reeds geoeste gewas met sy wortels sowel as onkruid ondergeploeg, waardeur dit as bemesting dien.

Sien ook.

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Nasionaal
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Ploeg&oldid=2403202"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp