Volgens die teorie is die buitenste laag van dieAarde, dielitosfeer (sowat 100 km dik), verdeel in tektoniese plate wat onafhanklik van mekaar oor die aardoppervlak beweeg.
Alfred Wegener het in die twintigerjare reeds begin om die teorie van plaattektoniek te ontwikkel. Hy het dit kontinentverskuiwing genoem. Hy het veral na die kontinente se vorms gewys.Afrika enSuid-Amerika het byvoorbeeld kusvorms wat min of meer aanmekaar pas. Ongelukkig kon hy nie verduidelik hoe hele kontinente oor duisende kilometers kon verskuif nie en sy teorie is deur die meeste geoloë verwerp. Dit was veral die vooraanstaande Amerikaanse geoloë Bailey Willis en Charles Schuchert wat in 1932 die teorie met minagting verwerp het.[1]Alexander du Toit inSuid-Afrika was 'n uitsondering. Hy het voortgegaan om die geologie van Suid-Amerika enSuider-Afrika te bestudeer en te vergelyk en het opmerklike ooreenkomste gevind en gepubliseer. Maar in die geologiese wêreld is geen notisie van sy werk geneem nie.[2]
In die jare 1960–'70 het dit verander. Magnetiese navorsing van die bodem van dieAtlantiese Oseaan het aangetoon die mid-oseaniese rif is die jongste deel van die bodem en dat die vorming van meer bodem die kontinente aan die kant skuif. Die spoed waarmee dit gebeur, kan gemeet word. Die meganisme is nou ook bekend. Dit word veroorsaak deur diekonveksie wat in die Aarde se mantel plaasvind.
↑American intransigence: the rejection of continental drift in the great debates of the 1920's.Robert. P. Newman Earth Sciences History 14(1) (1995), bls. 62-83