Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Pjotr Tsjaikofski

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pjotr Iljitsj Tsjaikofski
Pjotr Iljitsj Tsjaikofski
Agtergrondinligting
Gebore7 Mei 1840
Wotkinsk,Rusland
Sterf6 November 1893
Sint Petersburg, Rusland
GenresKlassieke musiek, Nuwe Musiek
Beroep(e)Komponis, musiekpedagoog
InstrumentePiano
Jare aktief1867 - 1893
AssosiasiesSwanemeer,Doringrosie,Die Neutkraker

Pjotr Iljitsj Tsjaikofski (Russies: Пётр Ильич Чайковский), Wotkinsk,7 Mei1840Sint Petersburg,6 November1893, was ’nRussiese komponis wie se musiek deur sommige kritici as "te Westers" beskou is. Op skool in St. Petersburg het hy onderrig in sang, klavier en harmonie ontvang, en baie opera-opvoerings bygewoon. Die dood van sy moeder (toe hy 14 jaar oud was) het hom diep getref. Dit was die begin van 'n neurotiese toestand en dit kom in heelwat van sy musiek na vore.

Lewe

[wysig |wysig bron]

Tsjaikofski was eers ’n amptenaar en het toe musiek gaan studeer aan die N.W. Rimskogo-Korsakowa-konservatorium inSint Petersburg. Hy het later ’n dosent aan dieselfde konservatorium geword. ’n Ryk bewonderaar, gravin Nadesjda Filaretowna von Meck, het dit vir hom in1877 moontlik gemaak om sy lewe aan die skryf van musiek te wy.

Hulle het jare lank gekorrespondeer, maar in1890 het sy skielik om ’n onduidelike rede haar geldelike steun onttrek – moontlik óf omdat sy bankrot was óf omdat sy haar nie met syhomoseksualiteit kon vereenselwig nie. In1866 het hy hoogleraar in harmonie aan die Moskouse Konservatorium geword, en in daardie jaar het hy sy Eerste Simfonie in G-mineur gekomponeer.

Sy koorsagtige werk aan die simfonie het die eerste van 'n reeks geestelike krisisse veroorsaak. Hy het in1868 in Moskou met Balakiref en ander nasionalistiese komponiste kennis gemaak, maar hy het onafhanklik gebly en sy eie rigting in die musiek gevolg. Sy fantasie-ouvertureRomeo en Juliet (1869) het 'n baie gewilde konsertstuk geword. In die middel van die sewentigerjare, tydens byna histeriese skeppingsaktiwiteit wat tot die Vierde Simfonie in F-mineur (1877) en die operaEugene Onegin (na ʼn gedig vanPoesjkin;1878) gelei het, het hy 'n senuwee-ineenstorting gekry.

Ander belangrike werke uit hierdie tydperk is die ouvertureFrancesca da Rimini (1876), die Eerste Klavierkonsert (1875). DieRococo-variasies vir tjello en orkes en die manjifieke balletstuk,Swanemeer (1876). Reeds in1877 het hy begin korrespondeer met een van sy bewonderaars, Nadezhda von Meck, 'n gegoede weduwee, wat aan hom 'n toelaag gegee het sodat hy kon ophou doseer en voltyds kon komponeer. Hulle het mekaar nooit ontmoet nie - dit was haar wens – en die reëling het Tsjaikofski goed gepas. Sy nuwe vryheid het aanleiding gegee tot werke soos die Eerste Orkessuite (1879), die operaDie meisie van Orleans (1879), die skitterende Vioolkonsert in D-majeur (1878), die gewildeSerenade vir Strykers en dieCapriccio ltalien (albei1880), en die1812-ouverture (1880; die musiek herdenkNapoleon se mislukte Russiese veldtog van1812). In1885, na reise inSwitserland, Frankryk enItalië, het Tsjaikofski hom in 'n huis in Maidonof, nabyMoskou, gevestig.

Hier het hy die operaDie skoppensvrou en die pragballetDie slapende skone (albei1890) gekomponeer, sowel as die grootse Vyfde Simfonie in E-mineur, waarin sy geestestoestand weerspieël word in die intense emosionele inhoud wat wissel tussen histeriese verrukking en neurotiese wanhoop. 'n Konsertreis het vroeg in die negentigerjare gevolg en Tsjaikofski het dieVSA enEngeland onder meer besoek, waar hy in1893 'n eredoktorsgraad inCambridge ontvang het.

Ondanks die welslae van die reis het Tsjaikofski se geestelike agteruitgang voortgeduur. Toe die weduwee Von Meck byvoorbeeld hul korrespondensie en sy toelaag in1890 skielik staak, het dit so ʼn sielkundige uitwerking op hom gehad dat hy 3 jaar later op sy sterfbed haar naam herhaaldelik verontwaardig uitgeroep het. Na die sprankelendeNeutkraker-suite van1892 het Tsjaikofski in1893 die Sesde Simfonie in B-mineur voltooi.

Hy het dit as ʼn meesterstuk beskou. Die eerste uitvoering is in Oktober1893 deur die komponis gedirigeer, maar die werk is nie goed ontvang nie. Tsjaikofski het sy hele gemoed in hierdie werk, wat hy diePathetique genoem het, gestort. Tydens ʼncholera-epidemie inSint Petersburg het hy 'n glas ongekookte water gedrink, en as gevolg daarvan is hy op6 November1893 aan die siekte dood.

Waardering

[wysig |wysig bron]

Benewens ses simfonieë het Tsjaikofski onder andere simfoniese gedigte enoperas geskryf, asookklavier- envioolwerke. Veral sy eerste klavierkonsert, sy vioolkonsert, sy laaste drie simfonieë, sy balletmusiek en sy bombastiese1812-ouverture word dikwels uitgevoer. Hy het geslaag om Wes-Europese musiekinvloede in Russiese musiek in te bring.

Sy werke is ook gelief vanweë die welluidende orkestrasie. Tsjaikofski het in ’n paar komposisies op ’n besondere wyse walsmusiek ingebring – nie net in sy ballette nie, maar ook in sy simfonieë.

Tsjaikofski was die eerste komponis wat op musiekgebied aan Rusland internasionale status besorg het. Hy was sonder twyfel die grootste meester van die klassieke ballet, en hoewel die simfonieë van wisselende gehalte is, bevat almal belangrike musiek. Telkens word vir momentele verslapping in sy musikale inspirasie vergoed deur verstommende melodiese verbeelding, indrukwekkende orkestrasie en groot tegniese vermoë. Hy het onder andereIgor Strawinski beïnvloed.

Komposisies

[wysig |wysig bron]

Van sy werke sluit in:

  • Operas
    • Droom op die Wolga (Воевода, Wojewoda), op. 3 (1867-1868)
    • Oendina (Ундина) (vernietig) (1869)
    • Opritsjnik (Опричник) (1870 - 1872)
    • Eugene Onegin (Евгений Онегин), op. 24 (1877 - 1878)
    • Die Maag van Orléans (Орлеанская дева, Orleanskaja Dewa) (1878 - 1879, hersien in 1882)
    • Mazeppa (Мазепа) (1881 - 1883)
    • Die Towenares (Чародейка, Tsjarodeika) (1885 - 1887)
    • Skoppensvrou (Пиковая дама, Pikowaja Dama), op. 68 (1890)
    • Jolanta (Иоланта), op. 69 (1891)
  • Ballette
  • Orkeswerke
    • Simfonieë
      • Simfonie nr. 1 in g majeur, op. 13 (Winter-dagdrome) (1866, hersien in 1874)
      • Simfonie nr. 2 in c mineur, op. 17 (Klein-Russiese) (1872, hersien in 1879 - 1880)
      • Simfonie nr. 3 in D majeur, op. 29 (Poolse) (1875)
      • Simfonie nr. 4 in f mineur, op. 36 (1877 - 1878)
      • Simfonie (sonder nommer), op. 58 (Manfred) (1885)
      • Simfonie nr. 5 in e mineur, op. 64 (1888)
      • Simfonie nr. 6 in b mineur, op. 74 (Pathétique) (1893)
  • Orkessuites
    • Suite nr. 1 in D majeur, op. 43 (1878 - 1879)
    • Suite nr. 2 in C majeur, op. 53 (1883)
    • Suite nr. 3 in G majeur, op. 55 (1884)
    • Suite nr. 4, op. 61 (Mozartiana) (1887)
  • Simfoniese gedigte
    • Die Storm, overture, op. 76 (1864)
    • Noodlot, op. 77 (1868)
    • Romeo en Julia, ouverture naShakespeare (1869, hersien in 1870 en 1880)
    • Die Storm, op. 18 (1873)
    • Slawiese Mars, op. 31 (1876)
    • Francesca da Rimini, op. 32 (1876)
    • Capriccio Italien, op. 45 (1880)
    • 1812-overture, op. 49 (1880)
    • Hamlet-overture, op. 67a (1888)
    • Wojewoda, simfoniese ballade, op. 78 (1891)
  • Klavierwerke
    • Valse Caprice, op. 4 (1868)
    • Capriccio, op. 8 (1870)
    • 3 stukke, op. 9 (1870)
    • 6 stukke, op. 19 (1870)
    • 6 stukke na één tema, op. 21 (1873)
    • Sonate in G majeur, op. 37 (1878)
    • Die Seisoene (1875 - 1876)
    • Kinderalbum, op. 39 (1878)
    • 12 stukke, op. 40 (1878)
    • 6 stukke, op. 51 (1882)
    • Doemka, op. 59 (1886)
    • 18 stukke, op. 72 (1893)
  • Transkripsies
    • Anatoli Wassiljewitsch Iwanow - Kinderalbum, op. 39 for ensemble of percussion instruments

Galery

[wysig |wysig bron]
  • Standbeeld van Tsjaikofski in Wotkinsk
    Standbeeld van Tsjaikofski in Wotkinsk
  • Die jong Tsjaikofski
    Die jong Tsjaikofski
  • Portret van Tsjaikofski in 1893
    Portret van Tsjaikofski in 1893
  • Tsjaikofski se graf in Sint Petersburg
    Tsjaikofski se graf in Sint Petersburg

Bronne

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Pjotr_Tsjaikofski&oldid=2669822"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp