Pisanello (c. 1395 - c. 1455), professioneel bekend asAntonio di Puccio Pisano ofAntonio di Puccio da Cereto, ook verkeerdelikVittore Pisano genoem deurGiorgio Vasari was een van die mees luisterryke skilders van die vroeë ItaliaanseRenaissance enQuattrocento. Hy was deur digters soosGuarino da Verona bewonder en geprys deur humaniste van sy era, wat hom vergelyk het met sulke roemryke name soosCimabue,Phidias enPraxiteles.
Pisanello is bekend vir sy pompeuse fresko's in groot muurskilderye, elegante portrette, klein esel-prente, en baie briljante tekeninge. Hy is die mees belangrikste portret medaljis van die eerste helfte van die 15de eeu, en kan hom daarop roem dat die oorsprong van hierdie belangrike genre by hom lê.[1]
Baie van Pisanello se werke is verkeerdelik aan ander kunstenaars toegeskryf soos bv.Piero della Francesca,Albrecht Dürer enLeonardo da Vinci, om maar 'n paar te noem. Terwyl die meeste van sy skilderye vergaan het, het vele van sy tekeninge en medaljes behoue gebly.
Eksemplare van Pisanello se werk as skilder bestaan steeds inRome,Venesië,Verona,Pistoia, asook twee werke in die Nasionale Galley, Londen (Die Visie van Sint Eustasie en Die Maagd en Kind met Sint George en Sint Antonie Abdy). Baie van sy tekeninge kan nou by dieBiblioteca Ambrosiana in Milaan, Italië en dieLouvre, Parys, gevind word.
Pisanello het baie van sy tydgenote beïnvloed, maar het nie sy eie beweging (skool) geskep nie. Sy genialiteit was slegs vir 'n kort tydperk te berde gebring en na sy dood was hy gou vergeet te midde van die opkoms van die humanistiese en klassieke kultuur van dieRenaissance enRenaissance (kuns). Hy word nou beskouSjabloon:By whom as die laaste en mees manjifieke kunstenaar van die hoflike-styl van die Gotiese kuns in die 15de eeu, welke die Internasionaal Gotiese-styl genoem word en waarvanGentile da Fabriano ook 'n proponent van was. Aan die ander hand kan hy ook beskou word as een van die eerste leiers van die Renaissance beweging.
Callan G. "A Renaissance Depicture of Nature: Pisanello at the National Gallery",The Art Book, Volume 9, Nommer 3, Junie 2002, bls. 7–9(3);Blackwell Publishing
Gill, Joseph. Personalities of the Council of Florence and Other Essays. Oxford University Press (Oxford, 1964).
Degenhart, Bernhard. 1973. "Pisanello in Mantua." Pantheon 31:364-411
Woods-Marsden, Joanna. 1988.The Gonzaga of Mantua and Pisanello's Arthurian Frescoes. New Haven.
Luke Syson en Dillian Gordon, met bydrae deur Susanna Avery-Quash.Pisanello: Painter to the Renaissance Court. Londen: National Gallery Company, 2001. xi + 264 bls. 286 illus., baie in kleur.ISBN 1-85709-932-X
Hill, George Francis 1930.A Corpus of Italian Medals of the Renaissance before Cellini. 2 vols. Londen.
European sculpture and metalwork, a collection catalog from The Metropolitan Museum of Art Libraries (fully available online as PDF), which contains material on Pisanello (see index)