Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Teenpous Honorius II

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanafPietro Cadalus)
Teenpous Honorius II
GeboortenaamPietro Cadalus
Sterfdatum1072
SterfplekLombardye
Teenpous vanPous Alexander II
Begin van pontifikaat28 Oktober1061
Einde van pontifikaat1072
Vir die wettige pous met dieselfde naam sienPous Honorius II.

Teenpous Honorius II (geborePietro Cadalus) was 'nteenpous in dieRooms Katolieke Kerk van28 Oktober1061 tot aan sy dood in1072. Hy was die eersteteenpous in dieInvestituurstryd.

Biografie

[wysig |wysig bron]

Cadalus[1][2] stam uit 'n adellike familie vanVerona. Tydens die regering van keiser Hendrik III van dieHeilige Romeinse Ryk was hy die keiser se kanselier. Later is hy aangestel as biskop van Parma.

ToePous Nicolaas II op27 Julie1061 sterwe, sorg die hervormingsgesinde party vanHildebrand van Sovana daarvoor datAnselmo di Lucca (ook Anselmo da Baggio) afkomstig uit die adel vanMilaan aspous verkies word. Anselmo neem die naamAlexander II aan. Hildebrand vra egter nie die goedkeuring van die keiser nie. Die keiser Hendrik IV (eintlik sy ma Agnes van Poitou wat as regentes regeer het) stel toe Cadalus aan wat die naamHonorius II aanneem.

Die inkonsekwente politiek van Agnes, weduwee van keiser Hendrik III lei egter daartoe dat Honorius nie genoegsame steun gekry het nie. Honorius slaag wel daarin omRome te verower inApril1062. In Oktober 1062 bestry hy op die sinode van Augsburg die regmatigheid van Alexander se aanstelling. Dit was te vergeefs en op die sinode van Mantua in1064 skaar die Duitse biskoppe hulle agter Alexander.

Omdat hy alle steun verloor het, verlaat Honorius Rome en trek homself terug naLombardye. Hoewel hy homself tot aan sy dood as die wettige pous beskou het, het hy geen kerklike of politieke mag meer gehad nie.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Honorius (II). (2008).Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
  2. Oestereich, T. (1908). Cadalous. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Retrieved May 24, 2014 from New Advent[1]


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuitdie Nederlandse Wikipedia vertaal.
Simon Petrus ontvang die sleutels van Christus
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Teenpous_Honorius_II&oldid=2674440"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp