Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Pierre-Simon Laplace

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pierre-Simon Laplace
Gebore23 Maart1749
Beaumont-en-Auge,Frankryk
Oorlede5 Maart 1827 (op 77)
Parys, Frankryk
NasionaliteitVlag van Frankryk Frankryk
VakgebiedSterrekunde en wiskunde
Instelling(s)École Militaire (1769–1776)
Alma materUniversiteit van Caen
Ander akademiese adviseur(s)Jean d'Alembert, Christophe Gadbled, Pierre Le Canu
Doktorale student(e)Siméon Denis Poisson
Handtekening

Pierre-Simon Laplace (Beaumont-en-Auge,23 Maart1749Parys,5 Maart1827) was ’n Fransewiskundige,fisikus ensterrekundige wie se werk van groot belang was vir die ontwikkeling vanwiskundige sterrekunde enstatistiek.

Loopbaan

[wysig |wysig bron]

Laplace het die werk van sy voorgangers saamgevat en daarop uitgebrei in sy vyfdeligeMécanique Céleste ("Hemelmeganika") (1799–1825). Dié baanbrekerswerk het die studie van die klassieke meganika, wat meer opmeetkunde gebaseer was, vervang met ’n meeranalitiese wiskundebasis waardeur ’n groter omvang van probleme bestudeer kon word.

In wiskunde het hy dievergelyking van Laplace geformuleer. Hy was ook die uitvinder van dieLaplace-transform, wat ’n mens op baie gebiede van die wiskundige natuurkunde teëkom. Laplace kan as een van die grondleggers van die wiskundige natuurkunde beskou word.

Hy het ook diesonnewelteorie oor die oorsprong van dieSon herformuleer en ontwikkel en was een van die eerste wetenskaplikes wat die bestaan vanswartkolke en die begripswaartekraginstorting veronderstel het.

InFrankryk, waar hy soms die "Newton van Frankryk" genoem is, is hy beskou as een van die grootste wetenskaplikes van alle tye.[1]

In 1806 hetNapoleon hom ’ngraaf van dieEerste Franse Keiserryk gemaak. Ná dieBourbon-restourasie is hy in 1817 bevorder totmarkgraaf.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Pierre Simon, Marquis de Laplace",Encyclopaedia Britannica (1911)

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Pierre-Simon_Laplace&oldid=2628697"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp